SA Graan Mei 2014 - page 75

Dieobjektieweopbrengsopname
virmielies – hoewerkdit?
N
á die deregulering van die graan-
mark in Mei 1997 is ‘n nuwe
Nasionale
Oesskattingskomitee
(NOK) in Januarie 2000 gevorm
wat bestaan het uit persone wat nie ‘n
belang indiegraanmark het nie.
Huidige lede van die NOK kom van die
Departement van Landbou, Bosbou en
Visserye op nasionale en provinsiale vlak,
dieLandbounavorsingsraad (LNR) enStatis-
tiekSuid-Afrika.
Om die lede te bemagtig om ‘n betroubare,
objektiewe en onpartydige skatting van
die produksie van gewasse te maak, is in
Maart 2002 ‘n tender toegestaan aan die
National CropStatistics Consortium (NCSC)
wat bestaan het uit drie Institute van die
LNR, SIQ en GeoterraImage met die doel
ommetodes te ontwikkel en te verfyn wat
die area en produksie van die vernaamste
somer- enwintergewasseakkuraat kan skat.
Een van die metodes wat die Departement
van Landbou, Bosbou en Visserye in
oorleg met die Amerikaanse Departement
van Landbou (USDA) voorgestel het, is ‘n
objektiewe gewasopname soortgelyk aan
dié wat gebruik word om oesskattings in
Amerika te doen. Die eerste objektiewe
opbrengsopname vir somergewasse is
in die 2001/2002-seisoen gedoen met die
mikpunt om alleprovinsies engewassedrie
keer gedurendedie seisoen temoniteer.
Gou is egter agtergekom dat hierdie
metode te duur en tydrowend is en dat
gekonsolideer moesword. Tansword slegs
mielies in drie provinsies – Mpumalanga
in April; Vrystaat en Noordwes Provinsie
in Mei; en koring – Wes-Kaap, Vrystaat en
die Noord-Kaap eenmalig gemeet. Hier-
die provinsies dra byna 85% by tot die
totale nasionale produksie van die onder-
skeiegewasse.
Wat het die opname ten
doel?
Diedoelvandieobjektieweopname isomdie
NOKmet ‘nopbrengsyfer te voorsienwat ‘n
weerspieëling isvandieopbrengspotensiaal
van ‘n spesifieke provinsie en nie die
produsent se plaas waar die opname
gedoen is nie. Deur die metode waar-
volgens die inligting ingewin is, behoort
die syfers statisties verantwoordbaar en
objektief tewees.
Objektief beteken dat iets gemeet is en
subjektief beteken dit is ‘n blote mening.
Om dus objektief daarna te kyk beteken die
opbrengs isgemeet deur ‘npresisiestroper;
deur subjektief daarna te kyk, vra jy die
drywer van die stroper wat hy dink die
opbrengs vandie land sal wees.
Wie doen die opname?
Die objektiewe opname word elke seisoen
deur tot 20 opnemers (
enumerators
)
gedoen wat deur die LNR in die praktiese
en teoretiese aspekte van die objektiewe
opnameproses opgelei word. Elke opnemer
onderteken ‘n kontrak met die LNR wat
bepaal dat hy alle prosedures, soos
uiteengesit om die opname te doen, moet
volg en dat geen inligting bekend gemaak
magwordnie.
73
May2014
OPPLAASVLAK
Bestuurspraktyke
WILTRUDDURAND
en
DEONDU TOIT,
National CropStatistics Consortium
1: Bepaling vandie rywydte.
1...,65,66,67,68,69,70,71,72,73,74 76,77,78,79,80,81,82,83,84,85,...100
Powered by FlippingBook