SA Graan Mei 2014 - page 63

61
May2014
OPPLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Voortsword die skaap- en beesboerdery gebruik omwaarde tot die
saaivertakking te voeg.Weimielies vir skape, ‘n skaapvoerkraal en ‘n
beesvoerkraal word gebruik om afgeronde produkte aan die mark
te lewer.
Die vark- en veevertakkings op hierdie plaas gebruik die meeste
van die mielies en sojabone wat geproduseer word. Die besigheid
stoor self die graan, verwerk dit enmeng dit op die plaas sodat die
vervoerkoste uitgeskakel kan word. Ten einde die siklus te voltooi,
word die vark- en voerkraalafval weer in die lande as bemesting
gebruik.
Die afvalprodukte word tot kompos verwerk en ongeveer 4 m
3
kompos word jaarliks per hektaar toegedien. Die kompos verlaag
nie net die bemestingkoste nie, maar help ook om die grond se
koolstofinhoud te verhoog.
Ten einde die winsgewendheid van die verskillende vertakkings te
ontleed, word alle interne oordragte teen heersende markpryse
tussen vertakkings verkoop en gekoop. Die mielievertakkings kry
dus die voordeel vangraanverkope asook oesresteverkope,maar so
worddieveevertakkingsvergoedvirdiekomposwathulleproduseer.
Presisieboerdery
Kurt gebruik presisieboerdery om die winsgewendheid en effek-
tiwiteit van die saaivertakking te verhoog en is in die proses om
volgens ‘n bewaringsbewerkingsisteem graan te produseer. Die
omskakel na die bewaringsbewerkingsisteem is ‘n proses wat
behels dat die gronde eers reggestel moet word en dat alle pro-
duksiebeperkings opgehefmoet word.
Kurt het ook die gewasrywydtes tot 76 cm aangepas en sodoende
ookdieopbrengsteverhoog. Dienuweverbouingspraktykbringook
nuwe uitdagings. Siektedruk is verseker aan die toeneem en daar
moet voorkomendopgetreeword.
In die saaiboerdery is grondsuurheid ‘n kritieke aspek wat bestuur
moetword. Tot onlangs isgrondmonstersnádiesojaboonoesgetrek
en daarna is die lande chemies reggestel. Kurt het egter besluit om
hierdie praktyk te verander en eerder die kalkregstellings voor die
sojaboonaanplantings tedoen.
Volgens aanduidings is daar ‘n groot kans dat dié stap sal help om
sojaboonsiektes te beperk. Gewasse word volgens opbrengsmik-
puntebemeswat opgestelwordvanaf diehulpbronpotensiaal asook
die vorige jare se opbrengskaarte. Grondregstellings word gedoen
aan die hand van chemiese ontledings wat op ‘n hektaarruit vir bo-
enondergrondgeneem is.
Onkruide kan hierdie bewaringsbewerkingstelsel tot niet maak
en daarom wend Kurt alle tegnologie aan om onkruide sinvol te
beheer. Gewasrotasie word ook aangewend om onkruide soos
grasse te beheer. Dit bly egter belangrik om seker te maak dat die
onkruiddoderprogram wat gevolg word wisselbou sal kan toelaat
sonder omopvolggewasse tebeskadig.
Hulle bly aan die voorpunt
Kurt het al lankal geleer dat daar vir boerdery nie ‘n vasgestelde
resep is nie. “Deur nederig tebly, teweet dat alles net vir jougeleen
word, voluit in te sit en die opbrengs as genade te ervaar, is dit
moontlik om te kanblyboer,” sêhy.
“Veranderings is deel van ons lewe en ons moet daarby aanpas
of uitbeweeg. Dit is egter belangrik om die veranderings met
kundiges te bespreek en seker te maak dat veranderings ook die
boerdery met sy eie stel beperkings in aanmerking neem. As
daar ‘n stelselverandering moet kom, moet die praktyk ook by die
hulpbronne aanpas.
“Om tebly leer is ‘nvereisteendaarommoetgenoeg tydgespandeer
word om nuwe inligting te bekom. Die internet, boeredae asook
konferensies gee aan ‘n produsent toegang tot baie inligting. Jou
taak as produsent is om die nuwe inligting pas te maak vir jou
boerdery met sy eie uitdagings en beperkings. Deur dit te doen,
sal die boerdery altyd op die voorpunt van nuwe praktyke asook
tegnologiewees,” gloKurt.
Vir enigeverderenavrae kanKurt gekontakwordby0823293950.
“Daar is nie ‘n vasgestelde resep nie”
6: Thiele Estates bedryf ‘n groot varkboerderywat gebruikword omwaarde tot hul plaasgeproduseerde graan te voeg. Die vleiswat hier geproduseer
word,worddeur vennote verwerkof direk aandiepubliek verkoop.
7: Die 2013/2014-sojaboonoes word ingesamel. Die sojaboneword in 75 cm-rye geplant en sodoendeword die grond en ontkiemende onkruide vinnig
oorskadu. Hierdiegraanwordhoofsaaklik self deur die ander vertakkings gebruik.
6
7
1...,53,54,55,56,57,58,59,60,61,62 64,65,66,67,68,69,70,71,72,73,...100
Powered by FlippingBook