SA Graan Mei 2014 - page 50

Mei 2014
48
OP PLAASVLAK
Plaagbeheer
–Deel 20
CHARLIE REINHARDT,
buitengewone professor, Universiteit van Pretoria en dekaan: VillaAcademy
Weerstand vanonkruid teenonkruiddoders
ONKRUIDDODER
Ken jou
Reeks
w
eerstand van onkruid, insekte en plantpatogene
teen onkruid- en plaagdoders is tot ‘n groot mate ‘n
tegniese probleemwat geredelik oorkom kan word
metdiekorrektekeusevanmiddelsvirbeheervandie
probleemorganismeendeur toepaslikeaanpassings
temaak in konvensioneleproduksiepraktyke.
Uit ‘n ander hoek beskou, is weerstand ‘n kragtige natuurlike ver-
skynsel wat bestuur kanword deurmenslike ingrypingwat ten doel
het die minimalisering, eliminering en bestuur van die probleem.
Onkunde oor die bestaan van weerstandige onkruid, insekte en
plantpatogene, óf die uitstel van gepaste bestuurspraktyke waar
weerstandigheid bekend is, kan lei tot ontploffings inweerstandige
populasies engevolglikeonaanvaarbare verliese inoesopbrengs.
Wat isweerstand?
Onkruidweerstand is die onvermoë van ‘n onkruiddoder om ‘n
onkruid te beheer (dood te maak) wat voorheen deur dieselfde
onkruiddoder teen die geregistreerde dosisse beheer is. Weer-
standigeonkruid raak ‘nprobleemwanneerdieweerstandigebiotipe
binne ‘n onkruidpopulasie in getalle toeneem, terwyl die sensitiewe
biotipe deur dieselfde onkruiddoder gedood word – die produsent
se gewaarwording is progressiewe swakker beheer van ‘n bepaalde
onkruidsoort oor enkele seisoeneheen.
Belangrik by die beoordeling van die potensiële impak van weer-
standige onkruid is dat dit veel vinniger (binne drie tot vyf jaar)
ontwikkel as die tyd (ongeveer tien jaar) nodig vir navorsing en
ontwikkeling van splinternuwe chemie (onkruiddoders) om die
probleem teoorkom.
Nuwe chemie, met ander woorde nuwe chemiese groepe met
uniekemeganismes vanwerking, is besonder traag om in diemark
te verskyn. Met enkele uitsonderings na, moontlik in die geval van
bicyclopyrone
, het daar die afgelope ongeveer 20 jaar nie splinter-
nuweonkruiddodersnavoregekomnie, ookniewat betref insek- en
swamdoders nie.
In die geval van
bicyclopyrone
wordwaarskynlik staatgemaak op ‘n
kombinasie van meganismes van werking (moontlik lankal bekend)
wat ineen soortmolekuul gesetel is –dit isdeur Syngentaontwikkel
vir gebruik in mielies en suikerriet (bron:
The Pesticide Manual,
BCPC
, 2012). Op die oog af is hierdie benadering, dit wil sê een
soort molekuul met meer as eenmeganisme van werking, ‘n goeie
strategieomonkruidweerstandhok te slaan.
Grafiek 1: Toename oor tyd in onkruiddoderweerstandige onkruidsoorte
– die wêreldsituasie vir van die belangrikste onkruiddodergroepe (=me-
ganismes vanwerking).
1: Kleinskraalhansplante (
Conyza bonariensis
) in ‘nwingerd by Stellen-
bosch.
Foto: CharlieReinhardt
1...,40,41,42,43,44,45,46,47,48,49 51,52,53,54,55,56,57,58,59,60,...100
Powered by FlippingBook