SA Graan Julie 2014 - page 26

FOKUS
Spesiale
Julie 2014
24
OmdiepHvangrondmet ‘neenheid tever-
hoog, as net waterstowwe geneutraliseer
moetword, benodigminder kalk asomdie-
selfdegrondmet ‘neenheid teprobeer ver-
hoogwanneeraluminiumdeel vormvandie
grond se suurheid. In laaste geval sal heel-
wat meer kalk benodigword om pHmet ‘n
eenheid te lig. Bekalking volgens katioon-
verhoudings/Albrecht is hier irrelevant,
neutraliseer jou suurheid tot aanvaarbare
vlakke en die risiko’s van toksisiteit word
verlaag. Gebruik die Misstofvereniging
van Suid-Afrika se riglyne vir ton/ha kalk
benodig.
Sanderige gronde
Opsanderigegrondesaldiemg/kg-ontleding
in Ca en Mg oorwegend bepaal watter tipe
kalk gebruikmoet word. As voorbeeldmoet
daar gepoog word om ten minste tussen
60 mg/kg - 80 mg/kg Mg en 250 mg/kg -
350mg/kgCa indiegrond teenwoordig tehê.
Dit ishierwaar groot verwarringontstaan.
Mg (mg/kg) ontleed byvoorbeeld 60mg/kg,
maar die verhouding tot uitruilbare katione
van Mg is 30%, omrede Ca-vlakke laag is.
Indien die landboukundige net volgens
katioonverhoudings bekalk, sal kalsitiese
kalk aanbeveel word. Dit is egter verkeerd,
want dit sal opbrengste verlaag omrede
plantvoeding die belangrikste aspek bly en
indiendaar niegenoegvan ‘nelement teen-
woordig is in die grond nie, moet dit toege-
dien word. Katioonontledings in mg/kg is
jou eerste prioriteit en dan die verhoudings
tussenuitruilbare katione.
Kleigronde
Grondewat ‘n hoë klei-inhoud het, beteken
by implikasie dat meer water en plantvoe-
ding gestoor kan word, wat ‘n positiewe
grondeienskap is. In so ‘n geval is daar
waarskynlik genoeg Ca, Mg en K in mg/kg
in bogrond teenwoordig, maar die verhou-
ding tussen die uitruilbare katione moet
regwees.
Hierdie verhouding sal bepaal hoeveel van
‘n spesifieke element die plant dan sal kan
opneem. Dit beïnvloed ook die fisiese toe-
stand van die grond, wat ook sal verbeter
soos verhoudings verbeter. Dit is hier waar
katioonverhoudings en/of die Albrecht-
benadering tot sy reg kom.
Daar kan byvoorbeeld gekyk word na ‘n
hoë pH-grond wat baie swaar is in klei en
slik, met alle katione wat uitsonderlik hoog
analiseer inmg/kg. Kalium (K) analiseerbaie
hoog in mg/kg (byvoorbeeld 300 mg/kg),
maar met ‘n verhouding tot ander katione
van 3%of laer.
Kalk- engipstoedienings:
Hoeveel enwatter tipe kalk is nodig om produksie te verhoog?
Swak waterinfiltrasie weens natrium- en
magnesium-akkumulasie. Mosgroei dui op
min suurstof inbogrond.
Geen kalk toegedien nie (links) en kalk
toegedien (regs) en gevolglike beter deur-
lugting.
K-tekorte in so ‘n geval sal waargeneem
word op die gewas. Die K-tekorte sal met
strategiese bemesting aangespreek moet
word. Tenopsigtevangronddeurlugting, sal
laeCa-verhoudings aandie een kant en hoë
Mg- en Na-verhoudings aan die ander kant,
weer deurlugtingbenadeel.
Dit is nodig om kalk en gips toe te dien om
deurlugting van bogrond te verbeter. Oor-
tollige soute, soos Mg en natrium, kan dan
beweeg indien gips oplos en saam met
grondwater afwaarts beweeg.
Het jy al ooit gewonder hoekom daar Mg-
tekorte is op blare in gronde met hoë Mg-
vlakke? Skade op nuwe groeipunte van
wortels weens die toeslaan van bogrond,
reflekteer baie keer as ‘nMg-tekort.
Permanente gewasse en
bekalking
Permanente gewasse se gronde word nie
bewerk ná vestiging nie. Die reaksie van
kalktoedienings ingevestigdeboorde isdus
waarskynlik nie omrede die verhoudings
aangespreekwordnie,maar eerder ‘ngeval
van waterinfiltrasie en deurlugting wat ver-
beter word omdat die bogrond se korsvor-
ming van te veel Mg en natriumwat oor tyd
geakkumuleer het, aangespreek is.
Ca-toedieningsvanaf kalkmaakdiebogrond
bros. Indien die proses deur kalk geaktiveer
word, sal gipstoedienings daarna meer
suksesvol wees om oortollige soute uit bo-
grond te laat beweeg. Getuigskrifte in die
Oos-Kaap, waar die swakste sitrusboorde
(hoog innatriumenmagnesiummethoëpH)
in twee jaar totaal enal veranderhet,metop-
brengsverhogingsvangemiddeld10 ton/ha -
15 ton/ha. Die rede is eintlik die meer
suurstof wat nou beskikbaar is en bemes-
ting moes afwaarts aangepas word as ge-
volghiervan.
Opsommend is dit belangrik dat die pro-
dusent hom- of haarself bemagtig met ge-
noeg kundigheid om verskillende opinies
te kan beoordeel. Maak gebruik van ‘n on-
afhanklike landboukundige indien ‘n tweede
opiniebenodigword.
Evalueer die praktyke wat jy volg en neem
‘n blaarmonster net voor die produksiefase
begin asook ‘n bo- en ondergrondmon-
ster op dieselfde plek en stuur dit weg vir
blaaranalises. ‘n Blaarmonster is ‘n baie ak-
kuratemanier om indiemeestegevallevrae
te beantwoord oor wat die toestand van
die grond behoort tewees sodat jou gewas
voldoende elemente kanopneem.
Bemesting
Mg-tekorte sigbaar op blare as tussennerfse
vergeling.
1...,16,17,18,19,20,21,22,23,24,25 27,28,29,30,31,32,33,34,35,36,...100
Powered by FlippingBook