SA Graan Julie 2014 - page 21

19
July2014
Omskakeling van atmosferiese stikstof
na plantopneembare en -metaboliseer-
bare stikstof.
Stikstof en fosfaat is twee kritiekevoedings-
elementewat inbaiegevallediebeperkende
faktor is vir plantgroei enopbrengs. Stikstof
isdiebousteenvanaminosurewat uiteinde-
lik gebruik word vir die produksie van pro-
teïene en ensieme. Dit is dus noodsaaklik
vir optimale groei en fotosintese. Fosfaat is
weer ‘n belangrike komponent van ‘n plant
se energie (ATP)metabolisme.
‘n Belangrike vraag wat produsente het, is
hoeveel vandie kunsmiswat jy toedienword
wel deur dieplant opgeneemenbenut?
Die algemene norm is dat 50% - 60% van
die stikstofkomponent en 10% - 25% van
die fosfaatkomponent, gedurende die sei-
soen waarin dit toegedien is, benut word.
Die oorblywende fosfaat word dan oor die
daaropvolgende vier tot vyf jaar beskikbaar
gestel enbenut (A. Finck, 1992).
Die vraag is dus, kan biologiese kunsmis ‘n
betekenisvollebydrae lewer tot diemeer ef-
fektiewe benutting van jou kunsmis en op-
brengs? Proefdata van verskeie betroubare
instansies dui op opbrengsverhogings tus-
sen 5% en 30% afhangend van die gewas
en effektiwiteit van die spesifieke mikrobe-
plant-interaksie.
Eienskappe van ‘n goeie
kwaliteit risosfeer-entstof
‘n Goeie kwaliteit risosfeer-entstof kan met
goeie sukses as saadbehandeling toege-
dien word. Die vraag is egter hoe onderskei
die produsent tussen ‘n goeie kwaliteit ent-
stof wat ondersteun word deur onafhanklike
proefdata, teenoor ‘n produk wat twyfelag-
tige resultateenmoontlik risiko’s inhou?
Daar is ‘n paar riglyne wat die kwaliteit en
sukses van hierdie entstowwe bepaal en
wat produsente asmaatstaf kangebruik:
Die stam vandiemikrobewat
gebruikword vir ‘n spesifieke
gewas is baie belangrik
Sekere stamme van byvoorbeeld
Bacillus
subtilis
vestig beter in die sojaplant se
risosfeer as byvoorbeeld indié vandiemie-
lieplant. ‘n Produsent moet by sy verskaf-
fer seker maak dat die spesifieke stam van
‘n bepaalde risosfeer-mikrobe wel getoets
is vir die eienskappe en spesifieke gewas
waaropdit gebruik gaanword.
Die formulering van die pro-
duk met betrekking tot die
oorlewing van die aktiewe
bestanddeel
Is die mikrobe in die produk sodanig be-
skerm (teen byvoorbeeld uitdroging) dat
dit kan oorleef totdat die mikrobe in die
risosfeer van die ontwikkelende kiemwortel
gevestig is?
Die formulering van die
produk met betrekking tot
die interaksie daarvan met
die saad
Isdiemikrobe indieproduksodanigbeskerm
dat dit versoenbaar ismet die chemie opdie
saad? Is die formulering enmetode van toe-
diening sodanig getoets dat dit nie die kiem-
kragtigheidvandie saadbenadeel nie?
Streng, onafhanklike toetsing
van ‘n spesifieke produk en
registrasie onder Wet 36 van
1947
Alle biologiese produkte wat in Suid-Afrika
as “biologiesekunsmis”bemarkword,word
as Groep 2 Misstowwe (of B-nommers)
onder Wet 36 van 1947 geregistreer. Deur
die registrasieproses onderwerp dieDepar-
tement van Landbou, Bosbou en Visserye,
produkte aan streng kwaliteitskontroles en
onafhanklike veldproefdata wat die aan-
nameswat deur ‘n verskaffer gemaakword,
ondersteun.
Uiteindelik isdit raadsaamvir dieprodusent
om enige biologiese entstof wat aan die
bogenoemde vereistes voldoen, eers op ‘n
kleiner skaal teproef en sodoende tebeves-
tig dat die verwagte effektiwiteit wel verkry
kan word vir die spesifieke gewas, kultivar
en grondomgewing waar dit geïmplemen-
teerword.
Addisionele voordele
Mikrobes met ‘n biologiese kunsmiswer-
king vervul inderdaad ‘n belangrike rol in
die meer effektiewe benutting van voe-
dingstowwe en dus die volhoubaarheid van
bemestingspraktyke. Buiten die verhoogde
benutting van voedingstowwe, is daar ook
‘n verskeidenheid vanmetabolietewat deur
hierdie mikrobes geproduseer word en
wat ‘n voordelige effek op grond- en plant-
gesondheidhet.
Sommigevandiemetabolieteworddeurdie
plant opgeneem om sodoende verhoogde
weerstand teenstresensekeresiektes te in-
duseer, terwyl ander metaboliete ‘n direkte
onderdrukking van patogene in die wortel-
sonebewerk.
Die navorsing en tegnologie in die veld van
biologiese plant-mikrobe-interaksies neem
eksponensieel toe en terselfdertyd is pro-
dusente ywerig om kennis daarvan in te
samel en sodoende die voordele/resultate
daarvan eerstehands te ervaar.
Deur ‘n goeie kennis van die basiese begin-
sels en riglyne wat gevolg moet word, kan
dieprodusent biologiese risosfeer-entstow-
we met sukses inspan tot voordeel van sy
boerdery en sy sak.
Bronnelys
Dazzo, F.B. 2010. Microbial ecology: Plant-microbe-
interactions. Retrieved from
/
course/mmg/301/Lec39.pdf
Finck, A. (1992): Fertilizers and their efficient use. In:
world fertilizer use manual
. Halliday, D.J., Trenkel,
M.E. andWichmann, W. (eds). International Fertilizer
IndustryAssociation, Paris, France.
Li, L., Li, S.M., Sun, J.H., Zhou, L.L., Bao, X.G., Zhang,
H.G. and Zhang, F.S. 2007.
Diversity enhances agri-
cultural productivity via rhizosphere phosphorus fa-
cilitation on phosphorus-deficient soils
. PNAS 104:
11 192 - 11 196.
Gentili, F. and Jumpponen, A. 2005. Potential and
possibleusesof bacterial and fungal biofertilizers. In:
Handbook of microbial biofertilizers
. Rai, M.K. (ed).
FoodProducts Press, pp. 1 - 28.
2:Mikrobesmet ‘nbiologiesekunsmiswerking stimuleer veral haarwortelontwikkelingenvergroot
sódie oppervlakte vir opname van vog en voedingstowwe. Kontrole (links) enbiologiese kunsmis-
behandeling (regs).
1...,11,12,13,14,15,16,17,18,19,20 22,23,24,25,26,27,28,29,30,31,...100
Powered by FlippingBook