KORPORATIEWE DIENSTE
CORPORATE SERVICES
125
UPGRADING OF GRAIN SA WEBSITE
The technology and software drivers of the Grain SA website were unable to handle the high volume of
traffic after a period and the website was also inadequate for handling new functions and the social media.
It was decided to upgrade the website to comply with new requirements. A task team was appointed to
identify the requirements with which the new website had to comply. After the terms of reference had
been finalised, three service providers were invited to make presentations to Grain SA. After all project
proposals had been considered, the contract was awarded to ThoughtCorp.
The upgrade project lasted from November 2012 until February 2013, after which final test runs were
held. The new website with adapted functionality was introduced at the Congress in March 2013.
The new website enables Grain SA to liaise with members on a new level to ensure that the most recent
information is made available on a daily basis in order to support producers in making informed decisions.
NEW SWITCHBOARD TECHNOLOGY
The moving of the Head Office base to Pretoria and the accompanying establishment of Bloemfontein and
Paarl offices resulted in the existing switchboard system having to be phased out.
New switchboard technology was phased in, in consultation with Telkom in November 2012 and
December 2012. The new technology was deployed in the Grain SA network. The results of this
development were that the Pretoria, Bloemfontein, Bothaville, Paarl and Lichtenburg offices are served
from a central switchboard from Pretoria and that personnel from these offices can call each other free of
charge on internal lines.
NAMPO Park se IT-bedieningstelsel is ook in geheel opgegradeer, met WiFi-bedieningspunte wat op
strategiese areas ontplooi is.
Die tweede fase van opgradering van die Graan SA-bedieners volg in die komende boekjaar ná
Oktober 2013, ten einde steun aan alle kantore te verbeter.
Individuele werkstasies is, waar toepaslik, in terme van ‘n drie jaar vervangingsbeleid opgegradeer. Die
benadering tot IT-bestuur is om proaktief die nuutste tegnologie te moniteer en waar van toepassing, by
die Graan SA-netwerk in te faseer.
OPGRADERING VAN GRAAN SA-WEBTUISTE
Die tegnologie en sagtewaredrywers van die Graan SA-webtuiste kon met verloop van tyd nie
‘n hoë volume verkeer hanteer nie en dit was ook ontoereikend om nuwe funksies en die sosiale
media te hanteer.
Daar is besluit om die webtuiste op te gradeer om aan nuwe vereistes te voldoen. ‘n Taakspan is
saamgestel om vereistes waaraan die nuwe webtuiste moes voldoen te identifiseer. Nadat die terme
van opdrag gefinaliseer is, is ‘n uitnodiging aan drie diensverskaffers gerig om voorleggings aan
Graan SA te maak. Ná oorweging van alle projekvoorstelle is die kontrak aan ThoughtCorp toegeken.
Die opgraderingsprojek het vanaf November 2012 tot Februarie 2013 geduur, waarna finale toetslopies
uitgevoer is. Die nuwe webtuiste met aangepaste funksionaliteite is gedurende die Kongres in
Maart 2013 bekendgestel.
Die nuwe webtuiste stel Graan SA in staat om op ‘n nuwe vlak met lede te skakel ten einde te verseker
dat die nuutste inligting op ‘n daaglikse basis beskikbaar gestel word, om sodoende produsente te
ondersteun om ingeligte besigheidsbesluite te neem.
NUWE SKAKELBORDTEGNOLOGIE
Die verskuiwing van die basis van die Hoofkantoor na Pretoria en die gepaardgaande vestiging van ‘n
Bloemfontein- en Paarl-kantoor, het tot gevolg gehad dat die bestaande skakelbordsisteem uitgefaseer
moes word.
Nuwe skakelbordtegnologie is in oorleg met Telkom gedurende November 2012 en Desember 2012
ingefaseer. Die nuwe tegnologie word binne die Graan SA-netwerk ontplooi. Die resultate van hierdie
ontwikkeling is dat die Pretoria-, Bloemfontein-, Bothaville-, Paarl- en Lichtenburg-kantore deur ‘n
sentrale skakelbord vanuit Pretoria bedien word en dat personeel van gemelde kantore, kosteloos via
“binnelyne“ met mekaar kan skakel.
Die nuwe webtuiste
stel Graan SA in
staat om op ‘n
nuwe vlak met lede
te skakel ten einde
te verseker dat die
nuutste inligting
op ‘n daaglikse
basis beskikbaar
gestel word.
1...,117,118,119,120,121,122,123,124,125,126 128,129,130,131,132,133,134,135,136,137,...168