SA Graan Oktober 2014 - page 67

Witbasterpakketviroptimaleopbrengste
engoeie risikobestuur.
Konvensionele,stronkboorder-weerstandbiedende,
glifosaat-toleranteenstapelgeenbasters.
®Geregistreerde handelsmerke vanPANNARBPK, © 2014PANNARBPK
2014/MAIZE/A/01A
Wêreldklas-
navorsingvir ’n
vooruit-
strewende
boerdery.
GLOBALE TEGNOLOGIE
PLAASLIKE PRESTASIE
Saam boer ons
vir die toekoms
Markpryse en markinligting wat op die VSA se markomstandig-
hede gebaseer is, is belangrik, maar vir beperkte gebruik, en kan nie
slaafs in prysingsbesluite nagevolgword nie. Daar heers onsekerheid
oor wanneer ‘n laagtepunt in mieliepryse op die JSE bereik kan
word. Dit is ‘n belangrike vraag vir sommige produsente wat mielies
in die kontantmark verkoop het en wat lank posisies op die termyn-
beurs inneem.
Plaaslike Safex-pryse behoort voortaan teen hoër prysvlakke weens
drakoste te verhandel. Verder is dieproduksie vanmielies ook nie teen
die huidige prysvlakke winsgewend nie en kan dit voornemens vir
nuwe aanplantings beperk. Die voortdurende suksesvolleuitvoere van
mielies is ook nodig sodat pryse gedurende Maart saammet moont-
likeprysgeleenthede indieVSA teenhoër pryse kan verhandel.
Prysvooruitsigte virmielies inSuid-Afrika
Grafiek 6
toon dat markdeelnemers verwag dat nuwe seisoen
mieliepryse vir die komende tydperk tot Julie 2015, 9% hoër as die
huidige prysvlakke (15 September 2014) kan verhandel. Nuwe seisoen
witmieliepryse kan ook ‘n premie bo geelmieliepryse vir lewering in
Julie realiseer.
Prysvooruitsigte vir oliesade inSuid-Afrika
Ou seisoen sojaboon- en sonneblomsaadprysvlakke behoort vanaf
die huidige prysvlakke tot en met Desembermaand byna 2% hoër te
wees. Nuwe seisoen sojaboonprysvlakke is inMaart vanjaar 4% laer as
huidigeprysvlakke.
Sojaboonprysvlakke kan na verwagting teen Mei 2015 ‘n verdere
9% tot 13% (gemeet teenoor huidige prysvlakke) laer wees. Sonne-
blomsaadpryse kan ook na verwagting tot in Maart 2015 teen hoër
prysvlakke as die huidige prysvlakke verhandel waarna sonne-
blomsaadpryse met tot 6% in Mei 2015 teenoor huidige pryse kan
verhandel (
Grafiek 4
).
Nuwe seisoen prysseine en
plantvoornemens
Die termynmarkpryse vir mielies is vir elke daaropvolgende termyn-
kontrakmaand (Desember 2014, Maart 2015, Mei 2015 en Julie 2015)
hoër en is vir lewering in Julie 2015 9% hoër vir witmielies en 7%
hoër vir geelmielies teenoor huidige prysvlakke. Dit stem ooreenmet
toekomstigehoër prysvlakkeopdieCBOT indieVSA.
Die Suid-Afrikaanse sojaboonprysvlakke vir termynmarkpryse is tans
tot 2% hoër vir lewering inDesember 2014, maar is daarna 5% laer vir
lewering inMaart 2015 en 13% laer vir lewering inMei 2015.
Dit is teenstrydig met prysvlakke in die VSA wat vir lewering in
Maart 2015, 1,5% hoër is, vir lewering inMei 2,3% hoër is en vir lewe-
ring in Julie byna 3% hoër is (
Grafiek 5
). Dit strook ook nie met
Bloomberg se vooruitpryse vir die rand wat toon dat die rand vir die
betrokke maande swakker is nie. ‘n Swak rand ondersteun kommo-
diteitspryse. Die rand is teenoor huidige prysvlakke in Maart 2015
3% swakker, inMei 2015 4% swakker en in Julie 2015 tot 5% swakker
(Julie 2015, R11,56).
Die huidige prysverhouding tot Desember 2014 moedig die aanplant
van sojabone en sonneblomsaad bo mielies aan. Hoër kontantmark-
pryse tot Desember 2014 kan die plantvoornemens van oliesade
teenoor mielies bevoordeel, maar produsente moet let op die langer
termynprysverhoudings tydens stroop.
Hierdie prysseine dui op verwagte dalings na-plant in sojaboon- en
sonneblomsaadpryse gemeet teenoor hoër mielieprysvlakke. Die
laer prysvlakke vir sojabone in Suid-Afrika vir die leweringsmaande in
2015, strook nie met die swakker verwagte wisselkoers en hoër VSA
sojaboonprysvlakkenie.
Prysaanbiedinge vir sojabone in 2015 kan negatief geraak word deur
skerp prysdalings in internasionale oliekoekpryse omdat persers se
persmarges knap begin raak (
Grafiek 3
). Die aankope van ou seisoen
Suid-Afrikaanse oliesaadvoorrade tot einde Desember is waarskynlik
gebaseer op knap oordragvoorrade wat nie verhoogde invoere van
sonneblom, sojabone, ruolieof oliekoek kanuitsluit nie.
65
1...,57,58,59,60,61,62,63,64,65,66 68,69,70,71,72,73,74,75,76,77,...124
Powered by FlippingBook