SA Graan November 2014 - page 85

Landboukundigebenaderings
omwaterverbruiksdoeltreffendheid teverhoog
S
cenario’s vir globale klimaatsverandering dui op ‘n
toename in droogte. Vir Suid-Afrika word daar voorspel
dat grondoppervlaktemperature oor die volgende 50 jaar
met tussen 1,5°C en 3°C kan styg en dat die gemiddelde
reënvalmet tussen5%en50%kanverlaag (UPWaterinstituut, 2014).
Verder word daar beraam dat die wêreldbevolking teen 2050 na
9,15miljardgaan verhoog endat graanproduksie gevolglikmet 43%
sal moet styg (FAO, 2009). Maksimumopbrengs per eenheid water
verbruik (of waterverbruiksdoeltreffendheid) sal die basis moet
vorm vir diebereiking vanhierdiedoelwit.
Definisie vanwaterverbruiksdoel-
treffendheid
In landboukundige terme word waterverbruiksdoeltreffendheid
omskryf as die graanopbrengs wat per eenheidsoppervlakte
(kg/ha) met ‘n sekere hoeveelheid water (mm) behaal word en dit
verskil van gewas tot gewas. Die waterverbruiksdoeltreffendheid
van mielies en graansorghum (C4-plante) is twee tot drie keer
hoër as die waterverbruiksdoeltreffendheid van koring en hawer
(C3-plante) endaar is selfs verskille tussen kultivars.
Dievraagwatdusgevramoetword, is:Hoekan ‘nprodusent syplaas
bestuur om te verseker dat minder water uit die produksiestelsel
verlore gaan en dat die water wat deur plante opgeneem word
doeltreffender na werklike oesbare of benutbare produkte
omgeskakel kanword?
Die antwoord is nie so eenvoudig nie, maar groot vordering
word gemaak met navorsing en tegnologie wat op agronomiese-,
fisiologiese- en plantvoedingsbenaderings fokus om die doel-
treffende verbruik vanwater te verbeter.
Agronomiese benaderings
Agronomiese benaderings fokus op bestuurspraktyke wat trans-
pirasie sal verhoog en waterverliese deur verdamping, afloop en
diep dreinering sal verlaag. Voorbeelde hiervan is deklaagbewer-
king, vroeë plantdatum, kultivars met ‘n vinnige vegetatiewe ont-
wikkeling endie kombinasie vanplantestand en ryspasiëring.
Deklaagbewerking is ‘n ooglopende praktyk wat verdamping kan
verlaag, maar dit kan ook afloop verminder, infiltrasie verhoog en
grondtemperature verlaag. By vogbewaring in sandgronde in die
halfdor-gebiede is die enigste voordeel van ‘n deklaag egter dat dit
slegsdie tempovanverdampingverlaagwanneer diegrondnat isen
niedie totalehoeveelheidwaterwat uit dieprofiel sal verdampnie.
Die beginsel van ‘n vroeë plantdatum, ultrakort groeiers en
die kombinasie van plantestand en ryspasiëring is om die
grondoppervlak so gou asmoontlikmet ‘n blaredak te oorskadu en
sodoende verdampingsverliese te beperk. Hierdie praktyke is egter
net op sekeregebiede van toepassing.
Normaalweg is vroeë reën baie onbetroubaar en gewasse wat
te vroeg geplant is sal maklik aan droogte blootgestel wees,
veral wanneer daar op ‘n droë grondprofiel geplant word. In
die droër westelike gebiede is die optimale plantestand vir die
meeste graangewasse direk verwant aan die hoeveelheid water
wat gedurende die groeiseisoen beskikbaar is. Plantestand moet
gevolglik baie oordeelkundig aangepasword om te verhoed dat die
voordeel om verdampingsverliese tebeperk niedeur die verhoogde
waterbehoefteoorskrywordnie.
Fisiologiese benaderings
Fisiologiese benaderings sluit aspekte in, soos kunsmatige mani-
pulering van die groei en ontwikkeling van plante deur gebruik te
maak van natuurlike of sintetiese planthormone asook besproei-
ingstegnieke, soos gereguleerde tekort-besproeiing (RDI) en ge-
deeltelikewortelsone-uitdroging (PRD).
Hierdie tegnieke is hoofsaaklik ontwikkel vir permanente gewasse
waar die balans tussen vegetatiewe groei en reproduktiewe
ontwikkeling kritiek is. Met gereguleerde tekort-besproeiing word
besproeiing tydens die vegetatiewe groeifase beperk en dan
opgevolgmet voldoendebesproeiing tydens vrugvorming.
Met gedeeltelike wortelsone-uitdroging word ‘n gedeelte van die
wortelstelsel nat gehou, terwyl die ander gedeelte toegelaat word
om uit te droog. Die “droë”wortels produseer stremmingshormone
wathuidmondjies laat toemaak, terwyldie“nat”wortelsgenoegsame
water aandieplant voorsien.
Plantvoedingsbenaderings
Daar bestaan voldoende bewyse dat die voedingstatus van plante
‘n kritieke rol by droogteverdraagsaamheid speel en dat behoorlike
plantvoeding ‘n goeie strategie is om waterverbruiksdoeltreffend-
heid te verbeter.
Gedurendedroogtestremming kan voedingselemente, soos stikstof,
kalium, magnesium, sink, boor en silikon die produksie van anti-
oksidante inplanteverhoogomsodoendedie toksieseeffekvanvry-
radikale, wat tydens die stremmingstoestand gevormword, teen te
werk. Proefresultate dui daaropdat stikstof wat as nitrate toegedien
is, soos ammoniumnitraat en kalksteen-ammoniumnitraat, die
waterverbruiksdoeltreffendheid van jong mielieplante onder droë
grondtoestande met soveel as 94%, in vergelyking met ureum,
kan verhoog.
Ander voedingselemente, soos fosfaat, kalium, magnesium en
sink verbeter wortelgroei, wat die hoeveelheid grond wat vir
water en ander voedingstowwe ontgin kan word, verhoog. Mikro-
elemente, soos boor, yster, mangaan enmolibdeen verbeter water-
verbruiksdoeltreffendheid deur sekere fisiologiese, biochemiese en
metabolieseprosesse indieplant te aktiveer.
Gevolgtrekking
Direkte metings en algoritmes wat waterverbruiksdoeltreffendheid
indiepraktykmeet, is enkele hulpmiddelswat gebruik kanwordom
tebepaal of gewasproduksiedeurwatervoorsieningof ander faktore
beperkword.
‘n Goeie begrip van die invloed van bestuurspraktyke op waterver-
bruiksdoeltreffendheid stel produsente in staat om praktyke aan te
pas ten einde optimale waterverbruik te verseker en risiko te ver-
laag. Die sleutel lê egter daarin dat waterverbruiksdoeltreffendheid
slegs deur ‘n kombinasie van optimale agronomiese praktyke en ‘n
gebalanseerdebemestingsprogram verhoog kanword.
LOUIS EHLERS,
bestuurder: LandboukundigeDiensontwikkeling, Omnia Kunsmis
83
November 2014
OPPLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Agronomiesebenaderings / Fisiologiesebenaderings
1...,75,76,77,78,79,80,81,82,83,84 86,87,88,89,90,91,92,93,94,95,...100
Powered by FlippingBook