SA Graan November 2014 - page 83

Verbeter oesopbrengs só
D
ux Agri (Edms) Bpk bied gepatenteerde, biologiese op-
lossings vir verbeterde oesopbrengs van landbougewas-
se. Hulle spesialiseer in twee unieke produkte, naamlik
ProAct enMyconate. Beide versterk die plant en is afkom-
stig vanPlant HealthCarewat inEngelandgebaseer is.
ProAct
Harpin Protein is die aktiewe bestanddeel van ProAct, wat ‘n siste-
miese reaksie indieplant stimuleer. Dieplant reageer op ‘n skynbare
patogene aanval met die fotosintese en energie in die plant wat
gevolglik verhoog om self verdediging te kan bied. Hierdie ekstra
energie en versterking wat die plant ontwikkel, word dan gebruik
om die stremmingsvlakke te verlaag, met verhoogde produksie
en kwaliteit van die produk tot gevolg. Dit impliseer ‘n hoër wins-
gewendheid vir dieprodusent.
Die Harpin Protein is ontdek en ontwikkel deur die Cornel Universi-
teit in die VSA. Dit is op verskeie gewasse in verskillende lande,
onderverskillendegroeitoestandegetoetsmetuitstekende resultate.
Meer as 100 miljoen dollar is spandeer op hierdie navorsing. Daar
is ook hierdeur bewys dat ‘n plant meer nutriënte en water ná ‘n
ProAct-toediening opneem, wat die plant help om sy natuurlike
weerstand teverbeter.Onder hitte- of droogtestremmingstoestande
is ProAct-behandelde plante (in vergelyking met nie-behandelde
plante) beter daartoe in staat om ‘n oes te produseer as gevolg van
verbeterdegesondheid en stamina.
ProAct kon ook byvoorbeeld by sojabone ‘n beter blomstadium en
verminderde vrugval teweegbring. Hierdie tegnologie word wyd
gebruik in Suid-Afrika met veral goeie resultate op grane, soos
mielies, sojabone en sonneblom.
Die middel kan saam met ander produkte gebruik word, soos
byvoorbeeld glifosaat, wat help om die stremming op die plant
te verminder. ‘n Kombinasie van ProAct en ‘n swamdoder word
met sukses aangewend om patogene te beheer. Dit word as ‘n
blaarbespuiting toegedien, wat in 400 g-verpakkings verkoop word
– voldoende om 10 ha te behandel. Hierdie produk word as waarde
vir geld vir produsentegeag.
Myconate
Myconate is ‘nnatuurlikegrondverbeteringsprodukwatdiebiologies
aktiewe isoflavoon, formononetien, bevat. Hierdie aktiewes veroor-
saak seine wat mikorisa-ontwikkeling stimuleer en die plantwortels
koloniseer. Meer fosfaat word vir die plant beskikbaar gestel, wat
voorheenniediegeval sougewees nie.
Hierdie tegnologie beskik oor meer as 100 patenteregte wat die
unieke werking van die produk beskerm. Myconate aktiveer die
natuurlike mikorisa, wat die vroeë seisoenale wortelontwikkeling
verbeter en koloniseer. Dit lei tot verbeterde gewasenergie in die
grond deurdat dit die nutriënte en wateropnemingsvermoë van die
plant verbeter.
Die middel veroorsaak dat spore van die
voordelige mikorisa, vaskulêre arbuskulêre
mikorisa (VAM), ontkiem, wat dan vinniger op
dieplantwortels groei. Die kolonisering vandie
wortels vind vinniger plaas, wat op sy beurt
die absorbsiearea van die wortels vinniger
vergroot en sodoende die hoeveelheid grond
wat dieplant kanonderhou, vergroot.
Mikorisa is die skakel tussen die grond en die
plantwortels. Hierdie vennootskap is veral
voordeligonder droë toestandewat as ‘n “polis
teenoesverliese”gesienkanword. Bykomende
voordele van die middel is verbeterde
patogene-weerstand, uitskeiding van plant-
groeihormone en verhoogde plantgrootte,
plantgesondheid enoesopbrengs.
Die middel word op verskeie gewasse ge-
bruik, wat wissel van graan en groente tot
vrugtebome en wingerde. Dit kan toegedien
word as ‘n saadbehandeling óf in die vore vir
graangewasse óf met ‘n grondtoediening as ‘n
vloeibare kunsmis.
81
November 2014
OPPLAASVLAK
Bemesting
CHARLIE BENDER,
Dux Agri
Produk-inligting
‘n Laboratoriumstudiewat die verskil aandui tussen sojaboonplante
watmet ProAct behandel is (regs) ennie-behandeldeplante (links),
nadat hulle vir tiendae sonderwater gestres is.
Figuur 1: Die verskil tussen ‘nmycorrhizosfeer en ‘nnie-mikorisalerhizosfeer.
nie-mikorisalerhizosfeer mycorrhizosfeer
1...,73,74,75,76,77,78,79,80,81,82 84,85,86,87,88,89,90,91,92,93,...100
Powered by FlippingBook