SA Graan November 2014 - page 94

Goeiearbeidspraktykeen
-verhoudinge indie kollig
O
pBoontjieskraal Landgoed, nabyCaledon indieSuid-Kaap,
is wedersydse respek tussen werkgewer en werknemer
baiebelangrik.
“Ons is almal deel van een groter familie met tweede en derde
geslagtewat op die plaaswoon enwerksaam is; daarom verwag ek
datonsmekaarmet respekmoetbehandel,”vertelmnrRichardKrige
(hoofbestuurdervanBoontjieskraal Landgoedasookhoofbestuurslid
vanGraanSA).
“Dissipline vorm die ruggraat van ons samelewing. Die werkers
weet almal wat hulle op die plaasmoet doen en verstaan wat hulle
verantwoordelikhede is en ons verwag dat hulle op hul eie daarna
omsien. Ons pas niemenseopnie.
“Ons komelkeoggendbymekaar enbespreekdiedag se aktiwiteite,
werksaamhede, probleme en beplanning. Die werkers moet
deel wees van die besluitnemingsproses en self eienaarskap en
verantwoordelikheid aanvaar vir dítwaarmeehullebesig is. As hulle
inkoop indít waarmee jy besig is, neem hulle eienaarskapdaarvan,”
verduidelik Krige. Volgens Krige is geen individu in die boerdery
meer of minder belangrik as ‘n ander nie, maar vorm almal deel van
‘n kettingwaarvan elke skakel belangrik is.
Hy verduidelik: “As daar nie kos vir die skape gemeng is nie, kandie
mensewat die troppemoet nagaan en voer nie hullewerk doennie.
Só is elke individu, gegewe sy verantwoordelikhede, ewe belangrik
opdieplaas.
“Ek verwag, waar insidente plaasvind, dat hulle dit dadelik
rapporteer. As jy roekeloos was en iets breek, moet jy besef dit is
tot almal se nadeel, en verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. Ek
siendiewerkerskorpsas ‘nverlengingvanbestuur. Hulle isdieoëen
hande van bestuur, maar hulle lewer ook ‘n waardevolle bydrae tot
die sukses van die onderneming en neem deel aan die besluitewat
geneemword,” het Krigegesê.
Erkenning
“Ek sê altyd, ‘nmens hoef nie harder te werk nie, net slimmer. Die
waarde van ‘asseblief’ en ‘dankie’ en om die nodige erkenning aan
‘n individu te gee, word onderskat. Mense het nodig dat jy hulle
soms moet prys vir werk wat hulle gedoen het. Omdat ons as
boerderyondernemings nooit erkenning in dié vorm kry nie, is ons
soms traagmet die uitdeel daarvan. Ek dink onsmoet die beste uit
diemens verkry deur hom of haar gelukkig temaak en hulle te laat
voel hullewordgewaardeer engerespekteer,” geehy raad.
Op ‘n vraag oor wat ‘nmens kan doen om die lewenstandaard van
werknemers op die plaas te verbeter, antwoord Krige: “Ons het
verskeie prosesse en stelsels gevolg en geïmplementeer. Landelike
stigting het ons destyds ‘n reuse-hupstoot gegee in die opheffing
vanonsmense.
“Ons ontmoedigdie inneem van alkohol enprobeer eerder gesonde
familiebeginsels promoveer. Ons probeer om na ons mense te
kyk deur die vergoeding wat hulle kry asook hulle verblyf op só ‘n
standaard teplaas dat dit beter is as dienorm.
“Ek sê altyd vir hulle, as julle jul sleg wil gedra, kan ek sleg na julle
omsienwat vergoedingenverblyf betref. Hulle sê immers inEngels:
‘If youpaypeanuts, you’regoing togetmonkeys’.”
Lees volgendemaandmeer oor arbeidsverhoudinge opdiéplaas
.
ESTIEDEVILLIERS,
redakteur,
SAGraan/Grain
–Boontjieskraal Landgoed (Deel 1)
Reeks
OpBoontjieskraal Landgoed, nabyCaledon, glohulledissipline vormdie ruggraat vanons samelewing. Diewerkersweet almalwat hulleopdieplaas
moet doen en verstaanwat hulle verantwoordelikhede is.
November 2014
92
AKTUEEL
Deel jou praktykemetmedeprodusente
GraanSA-lede iswelkomomwenke vir goeie arbeidspraktyke en -verhoudinge opdieplaas of praktykewat hulle opdieplaas
toepas enwat vir hullewerk,met hulmedeprodusente tedeel. Stuur ‘n e-pos na
enons sal jou kontak.
1...,84,85,86,87,88,89,90,91,92,93 95,96,97,98,99,100
Powered by FlippingBook