SA Graan November 2014 - page 95

i
n die vorige uitgawe het ek jullemeer vertel vanmy onlangse
besoek aan Garden World-kwekery se jaarlikse tuinskou en
die een tuin waar die ontwerpers se “uit-die-boks”-denke my
aandaggetrek het.
Die basiese komponente van die ontwerp was ‘n paadjie wat
na ‘n sitarea toe lei met ‘n muur as agtergrond. Ons het gekyk na
vlakke, links en regs, ‘n gebroke paadjie, lyne en aandag. In hierdie
uitgawe gaan ons fokus op ander detail, kontras, hoe die paadjie
inskakel by die res van die ontwerp, afmetings, loopritme, be-
soekers se vereisteswat in aggeneemmoet word en sigbaarheid in
die tuin.
Ander detail
Omdat die besoeker moet fokus opwaar om te trap, word dit meer
van ‘n avontuur en sal ander kleiner detail naby die voete nie onge-
siens verbygaan nie. Die afwerking van die paadjie en omliggende
areas is dus baiebelangrik vir die sukses vandieontwerp.
Kontras
Die eenvoudige afwerking van die paadjie stel dit in kontras met
die omliggende plante. Aangesien dit nie ‘n massa-aanplanting
is nie, vertoon dit baie besig op die oog. As beide die tuin en die
loopoppervlak besigwas, soudit dieontwerpnogmeer kompliseer.
Kontras skep variasie indie tuin en skepbelangstelling.
Skakel
Tog is dit belangrik dat die paadjiemoet inskakel by die res van die
ontwerp en nie daarmee kompeteer vir aandag nie. ‘nGeheel word
gevorm deur die herhaling van die vorms en lyne, die kleurskake-
rings wat gebruik is, die afwerking asook die algemene gevoel of
atmosfeerwat die tuinuitlegbied.
Afmetings
Die blokke se groottes is proporsioneel tot die res van die ontwerp
en veral met die groot sitarea. Die hoogteverskil tussen elke blok
asook die spasiëring tussen die blokke is sorgvuldig beplan om die
besoeker met gemak op die paadjie te laat loop. Al wil dit voorkom
of die blokke onreëlmatig enwillekeuriggeplaas is, is daar tog tot ‘n
grootmateordedeur ontwerpdaarin.
Loopritme
Hoewel meer as een tree per blok gegee moet word, laat elke
blok toe vir vol, gemiddelde treë om halwe of verkorte treë te
voorkom. ‘n Loopoppervlak waar ‘n mens jou treë moet kortknip
om oor te trap na ‘n volgende blok, maak net die ondervinding
ongemaklik en skep verwarring. Dit is belangrik dat ‘n normale
looppasminimaal versteurmoet word.
Besoeker
Die tuin is duidelik nie ontwerp vir iemand in ‘n rolstoel of iemand
wat sukkel om te loop nie. Dit is van kardinale belang dat die ge-
bruiker (en ander besoekers) se vereistes in ag geneemmoet word
wanneer daar uit die boks gedink word om iets unieks te skep.
Handrelings sou die ontwerp kompliseer en dit erg laat skade lei.
Vir hierdie rede is elke ontwerp uniek en word dit gelei deur die
behoeftes vandie eindgebruiker.
Sigbaarheid
Die paadjie moenie snags in ‘n hindernisbaan ontaard nie en
daarom is goeie beligting van kardinale belang. Die illusie dat die
loopoppervlak bo die plantwerk sweef of dryf, kan snags op ‘n
misterieusewysebeklemtoonwordmet die regtebeligting.
As daar soveel aspekte is om te oorweeg by slegs die voetpaadjie,
dink net hoeveel dinkwerk moet ook in die res van die ontwerp
ingaan? Die dakstruktuur en tipe plante ismaar twee ander sigbare
elemente in die foto wat baie oorweging en beplanning sou verg.
Probeer joumaar self indink hoe die ontwerp sou verskil het met ‘n
platdak, spitsdak, grasdak of selfs geen dak…Om nie eers te praat
van al dieplantmoontlikhedenie!
‘n Goeie ontwerp gebeur nie net nie, maar verg sorgvuldige be-
planning en nadink. Amper enige mens kan ‘n paadjie bou, maar
dit verg ekstra kreatiwiteit en innovasie om ‘n uitsonderlike paadjie
teontwerp.
Dink goed na voor jy iets doen – dit kan diewêreld se verskil maak.
Die keuse lêby jouomuit dieboks te leef of daarbinne…
Dinkuitdieboks
Vir navrae, skakel DavidViljoen vanMercuryDesigns by 011 894 2430 of
082 468 3142, of stuur vir hom ‘n e-pos na:
.
Gaan hou ook van ons
Facebook
-bladsy “Wysboek op Faceboek”
.
DAVIDVILJOEN,
kreatiewe landskapsontwerper en tuinboukundige
KREATIWITEIT
metDavid
Wysboek op
Facebook
93
November 2014
Diébesonderse tuinhet baie aandagbydieGardenWorld-kwekery
se jaarlikse tuinskougetrek.
–Deel 2
1...,85,86,87,88,89,90,91,92,93,94 96,97,98,99,100
Powered by FlippingBook