SA Graan November 2014 - page 80

November 2014
78
Gerieflikheidseienskappe
by vleisbeeste
B
eeste met horings kan belangrike
ekonomiese verliese vir die vee-
produsent beteken. Kneusings
tydens vervoer, in voerkrale en
by slagpale kom dikwels voor. Verder is
die hantering van horingbeeste in han-
teringskrale ook baie moeiliker en ge-
vaarliker.
Dit is vandag algemene praktyk dat vleis-
beeskalwers voor speen onthoring word.
Verskillende metodes kan gebruik word,
maar meestal geskied dit met behulp van
‘n warm onthoringsbout. Die ander moont-
likheid is ompoenskopdiere te teel.
Die voordele om met poenskopbeeste te
boer, is:
Kalwers hoef nie onthoring te word nie
– arbeidsbesparing.
Geen infeksie waar diere se horings
gebrandof geknip is nie.
Geen brommerbesmetting soos soms
byonthorings plaasvindnie.
Waar kalwers onthoring word, word
groei benadeel as gevolg van pyn en
stres.
Die enigste nadeel is die feit dat die poens-
kopgeen dikwels geassosieer wordmet die
prolaps vandie skedeby sekere rasse.
In die Desember-uitgawe van die
Drakens-
bergerNuusbrief
, skryfmnr LouisWillemse,
bekende stoetteler van Memel en wat
nou ook in Australië met Drakensbergers
boer, dat daar geen vraag is vir bulle met
horings nie (kopers wil bulle met horings
nie eers verniet hê nie) en dat hy nou sy
teelbeleid moet aanpas om poenskopbulle
teproduseer.
Kalwingsgemak
Daar is seker min dingewat so sleg is vir ‘n
beesprodusent asomop ‘nSaterdagmiddag
(gewoonlik in rugbytyd) deur die veewagter
geroep teword om te kom helpmet ‘n koei
wat nie kan kalf nie.
Die vraag is: Wat kan ons daaraan doen? Tans word geweldig baie
aandag deur telers gegee aan die geboortemassa van bulle en daar
wordomtrent niemeer ‘nbulveilinggehouwaar die geboortemassa
en/of die teelwaarde vir geboortemassa van bulle nie aangetoon
wordnie. Onthoudat geboortemassaper senie sobelangrik is soos
die verhouding vangeboortemassa tot koeimassa nie. ‘nBulkalf wat
meer as 10% van syma semassa by geboorteweeg, moet liefs nie
gehouword vir ‘npotensiëlebul nie.
Geboortemassa isnet ‘ndeel vandieprobleem. ‘nTegniekwat reeds
verskeie jare in die VSA gevolg word en in Suid-Afrika deur dr Piet
van Zyl, van Heilbron, toegepas word, is die meting van pelvis-
groottes van verse ten einde distokia te verminder. Deur 10% - 20%
van verse op paarouderdom uit te skot op grond van klein pelvis-
areas, kanmoeilike geboortes drasties verminder word. Die tegniek
hiervan sal nie hier bespreek word nie, maar die vraag is of die
pelvisgrootte vandiebul enige invloedhet?
OP PLAASVLAK
Horingbeeste / Poenskopbeeste /Onthoring
Diere
Deel 2: Poenskopdiere
HANNESDREYER,
direkteur: VBRSA, Vrede
‘nPoenskopbulmet ‘n kort skede.
Figuur 1: ‘nDiagrammatiese voorstelling vanhoepelvisgroottegemeetword.
1...,70,71,72,73,74,75,76,77,78,79 81,82,83,84,85,86,87,88,89,90,...100
Powered by FlippingBook