SA Graan November 2014 - page 77

Klop die tekort
– plant vandag lusern
T
erwyl daar ‘n globale tekort aan
lusernsaad is, kom die volgende
vrae na vore: Hoekom lusern plant?
Hoe plant jy lusern? Waar kan
lusernsaad verkryword?
Advance Seed, ‘n plaaslike leier in die ver-
skaffing van bestrykte en onbestrykte
(
plain
) sade, is tanseenvandieminplaaslike
verskaffers met dié saad in voorraad. ‘n
Beter begrip van die voordele verbonde
aan die plant van bestrykte sade, word hier
bespreek.
Lusern is ‘n kragtige, meerjarige peulgewas
met ‘n goed ontwikkelde penwortelstelsel
wat spog met ‘n hoë voedingswaarde
vir verskillende tipes vee. Terwyl lusern-
verbouing relatief maklik is, is saadbed-
voorbereiding en saaidigtheid van kardinale
belang.
Daar is ongeveer 400 000 sade/kg in onbe-
strykteof sogenaamde
plain
lusernsaad.
In die geval van AgriCOTE bestrykte (
coat-
ed
) lusernsaad, is daar ongeveer 220 000 -
300 000 sade/kg, afhangende van die
grootte vandie saad voor bestryking.
Die algemene aanbevole saaidigtheid vir
lusernwat onder besproeiing verbouword,
is ongeveer 25 kg/ha. Indien lusern onder
droëlandtoestande verbou word, kan saai-
digtheid van 4 kg/ha tot 15 kg/hawissel.
Indien onbestrykte saad teen 25 kg/ha aan-
geplant word (400 000 sade/kg) word daar
in effek 10miljoen sade/ha geplant.
Die plantestand in ‘n behoorlike gevestigde
lusernland, dit wil sê drie tot ses maande
na-plant, behoort omtrent 60 - 90 indivi-
duele plante/m² te beloop. Dit beteken dus
600 000 - 900 000 plante/ha. Die res van
die saad (ongeveer 9 000 000 sade) het
waarskynlik ontkiem, maar is óf verdring óf
is dood as gevolg vannatuurlikeoorsake.
IndienAgriCOTE bestrykte saad teen 25 kg/
ha geplant word, sal daar dus 5 500 000 -
7 000 000 sade/ha geplant word.
Uit bogenoemde kan dit duidelik afgelei
word dat daar eintlik baie meer saad per
hektaar geplant word as wat werklik nodig
is ten einde ‘n goeie stand te verkry. Selfs
al word die verlies aan saailinge om welke
rede ook al, in ag geneem, is dit nie nodig
ommeer as 25 kgAgriCOTE bestrykte saad
per hektaar teplant nie.
Die suksesvolle aanplanting van AgriCOTE
bestrykte lusernsaad is gebaseer op die
volgende kombinasie van belangrike akker-
boukundige verbouingspraktyke:
Saadbedvoorbereiding en
plant
Dit is noodsaaklik dat ‘n medium tot
fyn, gelyk en ferm saadbed voorberei
word. Onder besproeiing moet die
saad net-net bedek wees indien die
grondprofiel tot veldkapasiteit benat
word (vol profiel). Dit is uiters belangrik
dat diebogrondklamgehouword totdat
saailinge verskyn.
Let wel: Grondtemperatuur tydens
ontkieming is van kardinalebelang.
Alhoewel lusernsaad teen lae tem-
perature kan ontkiem, plaas dit heelwat
stremming op ontkiemende saailinge,
wat hullemeer vatbaarmaak vir siektes
en insekplae. By temperature van 1°C -
5°C kan saad tot so lank as drie weke
neemomop te kom.
Idealegrondtemperature vir ontkieming
kan tussen 10°C - 18°Cwissel. Akkurate
saadplasing, deur waar moontlik van ‘n
fynsadeplanter gebruik te maak asook
behoorlike saad-grond-kontak, kandeur
vasrol bewerkstelligword.
Laasgenoemde is uiters belangrik en
dit is in hierdie opsig wat AgriCOTE
bestrykte saad die produsent se taak
baie vergemaklik.
Dievasrol vangrondwordnieopgronde
wat geneig is tot vasslaannáharde reën
enof watererosie, aanbeveel nie.
Waar beperktewaterbronnebenutword
of lusern onder droëlandtoestande
aangeplant word, moet die saad dieper
(0,5 cm - 1,5 cm) geplaasword. Opkoms
van saailinge verminder na gelang van
die diepte wat geplant word, veral op
grondemet ‘nhoë klei-inhoud.
Onkruidbeheer
Onkruidbeheermaatreëls moet streng toe-
gepasword, veral binnedieeerste sesweke
nadat saadgevestig is.
Voedingstowwe en grond
Dit word ten sterkste aanbeveel dat ‘n
behoorlike grondontleding gedoen word
teneindedie statusvandiegrond tebepaal.
Die korrekte bemesting, toedienning en
aanbevelings kan dus gemaak word. Vermy
gronde wat geneig is tot korsvorming ná
swaar reën.
Moet onder geen omstandighede enige
stikstofbevattende kunsmis tydens plant
of op enige ander groeistadium op lusern
toedien nie, aangesien dit die stikstof-
bindendeprosesvandie lusernplant nadelig
beïnvloed. Alleenlik waar nodulering nie
suksesvol is nie, kan stikstoftoediening
oorweeg word. Raadpleeg jou plaaslike
landboukundige indié verband.
Inokulasie of inenting van
saad
AgriCOTE bestrykte saad word vooraf
geïnokuleer (ingeënt)metdienodige rasvan
die rhizobia om stikstofbinding te bevorder.
Saadmoet altydonder koel, droë toestande
gebergword.
Siekte- en insekbeheer
Dit is uiters noodsaaklik dat behoorlike
insek- en plaagbeheer gedurende die
eerste ses weke ná vestiging toege-
pasword.
Die rooibeengrondmyt en lusernvlieg
kan groot skade aanrig gedurende
hierdie periode, wat ernstige stand-
verlies tot gevolg kanhê.
Saailingsiektes, veroorsaak deur Pyth-
ium, Rhizoctonia, Phytophtora en
Fusarium swamme, kan ook voorkom
en ernstige skade aanrig.
Diesistemieseswam-en insekdoderwat
indieAgriCOTEbestryktesaadomhulsel
voorkom, behoort saailinge teenhierdie
siektes en insekte tebeskerm.
Bogenoemde
aanbevelings
dien
as
‘n belangrike riglyn vir die plant van
AgriCOTE bestrykte lusernsaad. Indien
enige van bogenoemde belangrike ver-
bouingspraktyke nie nagevolg kan word
nie, word jy aangeraai om die saai-
digtheid van AgriCOTE bestrykte saad
dienooreenkomstig te verhoog, om enige
moontlike verlies aan plantestand wat
tydens die vestigingstydperk kan ontstaan,
teen te werk. In sulke gevalle word 35 kg
bestrykte saadper hektaar aanbeveel.
75
November 2014
OPPLAASVLAK
Saad
–Algemene riglynevir dievestigingvanAgriCOTEbestrykte lusernsaad
NIELSHARMUTH,
agronoom, Advance Seed
Produk-inligting
1...,67,68,69,70,71,72,73,74,75,76 78,79,80,81,82,83,84,85,86,87,...100
Powered by FlippingBook