SA Graan November 2014 - page 70

Dit kanenige tydontkiem,maar daar is ‘nhoogtepunt indieherfs. In
Australië is gevind dat dit meer volop is op sandgronde en dan ook
opgronde laag in fosfaat. Turknael isgeneigom tevermeerderonder
swaar beweiding.
Beheer
Chemiese beheer
Die lys van onkruiddoders wat vir turknael geregistreer is enwat in
die publikasie
A guide for the chemical control of weeds in South
Africa
genoemword, word in
Tabel 1
aangetoon. Daar is ook ‘npaar
onkruiddoders en toepassings bygevoeg wat geregistreer is nadat
die gids gepubliseer is asook sommige nie-selektiewe onkruiddo-
ders wat nie spesifiseer watter onkruidspesies beheer word nie,
maarwat wel effektief teen turknael is as daar nieweerstand is nie.
Een interessante aspek van turknael is dat daar in Australië ‘n
grasdoder, haloxyfop metiel, geregistreer is vir beheer daarvan,
terwyl die betrokke grasdoder wat in die meganisme van werking
Groep A (die sogenaamde fops en dims) val, nie ander breëblaar-
onkruidebeheer nie.
Sover bekend, is daar nog nie enige weerstand êrens in die wêreld
by turknael waargeneem nie. Dit is wel bekend dat turknael effens
tolerant teenoor glifosaat is, met ander woorde dit sal nie altyd
so geredelik by voorgeskrewe dosisse beheer word as ander on-
kruidnie. Dit is egter steeds belangrik dat anti-weerstandsmaatreëls
toegepas word om te verhoed dat weerstand teen onkruiddoders
ontwikkel. Sorgmoet dus gedraworddat enigeonkruiddoder onder
goeie spuittoestande en die korrekte dosis toegedien word op
onkruidwat niegroter as die vierblaar-stadium is nie.
Téhoëen té laedosisse veroorsaak hoë seleksiedruk vir teikensetel-
en nie-teikensetelweerstand onderskeidelik. Wissel ook die gebruik
van ‘n effektiewe onkruiddoder so gereeld asmoontlik afmet ander
onkruiddoders met ‘n ander werkswyse (met ander woorde in ‘n
anderwerkswysegroep).
Alternatiewe beheer
Met dieoogopvoorkomingenbestuur vanonkruiddoderweerstand,
is dit noodsaaklik dat daar nie net op chemiese beheer staatgemaak
word nie. Bewerking en fisiese verwydering is effektief, maar baie
tydrowend.
Vlakbewerking is effektief om turknaelsaailinge te beheer.
Indien saadvorming vir twee tot drie jaar verhoed kan word, kan
die populasies van turknael baie verlaag word. Die toepassing
van geïntegreerde bestuursaksies is baie belangrik, nie net om
weerstand te voorkom nie, maar ook om onkruidbeheer meer
omgewingsvriendelik temaak.
Bedankings en verwysings
Die volgende persone het die artikel krities deurgelees en
voorstelle ter verbetering gemaak waar nodig: Prof Andy Cairns
(Universiteit van Stellenbosch), dr Erik Eksteen (Syngenta), mnr
Org Lotter (Bayer CropScience), mnr Jim McDermott (Du Pont),
mnr HannesSchoeman (Monsanto),mnr FrikPotgieter (Nulandis) en
mnr Dirk vanEeden (Terason).
Die lys van geregistreerde onkruiddoders is verkry vanuit die publi-
kasie:
A guide to the chemical control of weeds in South Africa: A
CropLife South Africa Compendium
. Bestel by
info@cropsolutions.
co.za
of 011 079 4199.
Inligting is ook verkry vanuit die boek
Onkruide in gewasse en
tuine in Suidelike Afrika
en is beskikbaar by die LNR-Instituut vir
Graangewasse, Privaat sak X1251, Potchefstroom 2520. Kontak
Mary James by 018 299 6253of
.
Dieboek
Probleemplante en indringeronkruide vanSuid-Afrika
deur
Clive Bromilow is ook geraadpleeg en is beskikbaar by die meeste
boekhandelaars of raadpleeg die webtuiste van die uitgewers by
.
Lesers kan die pamflet
Volhoubare gewasproduksie in die teen-
woordigheid van onkruiddoderweerstand
ook in PDF-formaat ver-
kry van die skrywer van hierdie artikel by
.
Dit is ook
(in Engels) beskikbaar by die CropLife SA-webtuiste (
croplife.co.za/Portals/13/Croplife_Documents/Sustainable%20
crop%20production%20in%20the%20presence%20of%20
herbicide%20resistance.pdf
).
3: Jong turknaelplante.
4: ‘nTurknaelplant indie rosetstadium.
5: Bloeiwyse enblomme van turknael.
6: Vrugte enblaar van turknael.
OP PLAASVLAK
Geïntegreerdeplaagbeheer
ONKRUIDE INDIEWINTERREËNVALSTREEK
68
November 2014
3
4
5
6
1...,60,61,62,63,64,65,66,67,68,69 71,72,73,74,75,76,77,78,79,80,...100
Powered by FlippingBook