SA Graan November 2014 - page 66

Terughouding van saaden ‘n
konsep tantieme-model bekyk
t
ussen Graan SA, die saadbedryf en ander belanghebbendes
(onder meer die verskeie forums) is ‘n komitee in die lewe
geroep om na verskillende modelle te kyk vir hoe saad-
maatskappye vergoed kanword vir die negatiewe impakwat
die terughouding van saadopdiebedryf het.
Volgens SANSOR word 70% van koringsaad en 80% van soja-
boonsaad jaarliks teruggehou. Hierdie praktyk en die feit dat dit
wetlik gedoen mag word, verhoed investering in die plaaslike
saadbedryf enhoudie nuutste tegnologiebuitediebereik vanSuid-
Afrikaanseprodusente.
So byvoorbeeld het Monsanto reeds ‘n geruime tyd ‘n Roundup
Ready 2-geen (die sogenaamde Roundup Ready 2 Yield) sowel
as Dicamba verdraagsame sojabone op internasionale markte
beskikbaar gestel. Monsanto wil nie hierdie tegnologie vir Suid-
Afrika beskikbaar maak alvorens daar nie sisteme in plek is om
hulle investering te kan terugkry nie (met die tempo van
saadterughouding is dit tans niemoontlik nie).
Dit plaas plaaslike produsente op ‘n ongelyke speelveld in
vergelykingmet produsentewaar dié tegnologieëwel beskikbaar is.
Wat die saak vererger, is dat feitlik alle internasionale teelprogram-
me (waar meeste van ons variëteite vandaan kom) gebruik maak
van die Roundup Ready 2-geen. Dit beteken dat Suid-Afrika binne-
kort selfs nie tot nuwe teelmateriaal gaan toeganghênie.
Almal (produsente en saadmaatskappye) in die bedryf is dit eens:
‘n Werkbare wedersydse oplossing is nodig om saadmaatskappye
te vergoed vir hulle investering wat hul verloor as gevolg van die
terghouding van saad. Graan SA se voorwaarde is egter dat dit nie
saadpryseweer te duurmaak nie – anders sit onsweermet dieself-
debose kringloop – duur saad lei tot groter saadterughoudings.
Die model wat tans op die tafel is en moontlik die beste in Suid-
Afrika gaan werk, is gebaseer op dieselfde beginsels as die
manier waarmee die Wintergraantrust tans fondse vir navor-
sing insamel. Die navorsingsheffing word ingesamel onder die
Landbou Bemarkingswet wat ressorteer by die Nasionale Landbou
Bemarkingsraad.
Só ‘n stelsel se voordeel is dat almal betaal omdat dit ‘n statutêre
maatreël is en dat die fondse slegs vir saadterughoudings gehou
kan word. Die uitdaging van só ‘n stelsel is egter die identifikasie
van kultivars en tegnologieë tydens
lewering waar die heffing gehef
moet word. Daar moet seker gemaak
word dat die stelsel diemaatskappye
vergoed wat die beste en mees
gebruikte kultivars opdiemark het.
Verder word voorgestel dat diewaar-
devanhierdie tantiemeberekenmoet
word as ‘n persentasie van die be-
trokke graanprys om te verhoed dat
hierdieheffing teduur raak relatief tot
diewinsgewendheid vandiegewas.
Die konsepte van ‘n tantieme-model
word tans ook ondersteun in die
nuwePlanttelersregteWetsontwerp.
Baie water moet nog in die see loop
en baie uitdagings oorkom word,
maar almal in die bedryf van oopbe-
stuifde gewasse is dit eens – daar
moet vinnig na ‘n werkbare stelsel
beweeg word om investering in die
saadbedryf aan temoedig.
OP PLAASVLAK
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
INSET
-oorsig
64
November 2014
Almal indiebedryf is dit eens: ‘nWerkbarewedersydseoplossing is nodigom saadmaatskappye te
vergoed vir hulle investeringwat hul verloor as gevolg vandie terghouding van saad.
1...,56,57,58,59,60,61,62,63,64,65 67,68,69,70,71,72,73,74,75,76,...100
Powered by FlippingBook