SA Graan November 2014 - page 60

November 2014
58
Effektiewe gebruik enmengbaarheid
van agrochemiesemiddels
D
ie nuwe plantseisoen lê voor die deur en die meeste pro-
dusente het reeds die nodige agrochemiese middels
(insekdoders, onkruiddoders, swamdoders en addisionele
bymiddels) aangekoop.
Nou staandie gifstore opplase vol kanne, sommiges in verskillende
kleure en ander weer met verskillende kleur proppe. Die effektiwi-
teit van al hierdie produkte gaan egter hoofsaaklik afhang van die
regte toedieningdaarvanom suksesvolle resultate te verkry.
Miskien is dit dalk vir sekere produsente ‘n kopseer om na al hierdie
kanne te kyk en oorweldig te voel deur die vooruitsig om weer
eens ‘n seisoen af te skopmet produktewat dalk vir die eerste keer
gebruik gaan word of van bekende produkte wat verlede seisoen
niediegewenste resultategelewer het nie.
In hierdie artikel wil ons poog om ‘n paar goue wenke/reëls te gee
oor die suksesvolle gebruik en toediening van agrochemiese
middels, veralmet die klemoponkruiddoders.
Keuse van produkte
Die eerste goue reël wat ‘n spuitprogram met vlieënde vaandels
kan laat slaag, of kan kelder met oneffektiewe beheerresultate, is
die keuse van produkte. Tans is daar nie nuwe aktiewe bestanddele
wat vrygestel word vir die beheer van onkruide in mielies nie,
maar daar is wel elke seisoen nuwe produkte (van ou aktiewe be-
standdele) of nuwemengsels opdiemark.
Produsente moet egter ingeligte besluite neem oor produkte en
presies weet wat in die kan is, watter onkruide die produk gaan
beheer en waarmee die produk gemeng kan (of moet) word om
die onkruidspektrum moontlik te verbreed of om effektiwiteit te
verseker. Die besluit of ‘n produk gekoop gaan word al dan nie, is
verseker ‘n ekonomiese besluit, maar goedkoop koop, is nie nood-
wendigdiebeste koopnie.
Hou maar by erkende, beproefde produkte wat gerugsteun word
deur die maatskappy wat dit verkoop, sodat jy as produsent die
versekering het dat ‘n diens gelewer sal wordmet die aankoop van
so ‘nproduk.
Mengbaarheid
Die tweede goue reël is dat nie alle agrochemiese middels met
mekaar gemeng kan word nie en dat nie alle generiese produkte
presies dieselfde is as die oorspronklike eweknieë nie. Die rede
hiervoor is dat alhoewel die aktiewe bestanddeel(e) binne-in ‘n
generiese produk dieselfde behoort te wees, die formulering (hoe
dieproduk “aanmekaar gesit is”)wel verskil endit kandiemengbaar-
heid endie effektiwiteit van so ‘nproduk beïnvloed.
Daar is egter goed geformuleerde, generiese produkte op diemark
wat effektiewe beheer van onkruide kan gee en dieselfde geld hier
ten opsigte van die diens, nasorg en/of opvolgaksies wat saammet
dieproduk verkoopword.
Effektiewe toediening
‘n Derde goue reël, en een wat die meeste gewig dra, is die effek-
tiewe toediening van ‘n agrochemiese middel. ‘n Maatskappy kan
‘n produk hoe goed formuleer en meng, maar wanneer dit nie reg
toegedienwordnie, betekendieproduk niks vir dieprodusent nie.
Korrekte toediening sluit onder meer die korrekte dosis, effektiewe
tenkmengsel(s) met ander produkte, korrekte apparaat en kalibrasie
volgens dosis(se) opdie etiket (aanbevoledosisse) in.
Korrekte toediening sluit ook die regte tyd van toediening in. Lees
die produketiket sorgvuldig deur om presies te bepaal wanneer die
produk toegedien moet word en wanneer dit die mees effektiewe
beheer gaan verskaf. Dit kan wel onkruidspesiespesifiek wees
en produsente moet bedag wees daarop dat moeilik beheerbare
onkruide spesifieke riglyne of vereistes het ten opsigte van groei-
stadiums en/of dosisaanbevelings.
Belangrik om te onthou
Die impakwat ‘n tenkmengsel van agrochemiesemiddelsopgewas-
produksie het, wordmeestal deur produsente onderskat. Daar is ‘n
magdom saadbehandelings, onkruiddoders, insekdoders, swam-
doders, nematosiede en dan ook nog plantgroeireguleerders op die
markwat produsente kangebruik.
Diemengbaarheid van hierdie produktemoet egter streng volgens
registrasievoorskrifte geskied. Dit beteken dat elke produketiket ‘n
afdeling bevat waar “Mengbaarheid/
Mixing instructions
” aange-
spreek word en dat agrochemiese middels nie lukraak met mekaar
gemeng kanwordnie.
Die effek en impak van ‘n tenkmengsel is ook gewoonlik nie dadelik
sigbaar nie, maar eers aan die einde van ‘n seisoenwanneer geoes
word, of selfs eers die volgende seisoen waar agrochemiese
middels dalk ‘n lang nawerking het en daar steeds residue in die
grond agtergebly het.
OP PLAASVLAK
Agrochemiesemiddels /Mengbaarheid
Geïntegreerdeplaagbeheer
ELBÉHUGO
en
MARLENEVANDERWALT,
LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom
1...,50,51,52,53,54,55,56,57,58,59 61,62,63,64,65,66,67,68,69,70,...100
Powered by FlippingBook