SA Graan November 2014 - page 61

59
Wanneer middels net lukraak gemeng word, kan dit die onderskeie
produkte se werking óf inhibeer óf verhoog, wat kan lei tot
gewasskade, en/of oneffektiewe beheer word ondervind. Dit is dus
niedieproduktewat foutief is nie,maar die tenkmengsel.
Verder speel die sogenaamde hardheid en pH vanwater ook ‘n baie
groot rol wanneer middels met mekaar gemeng word. Wanneer
“harde water” (‘n aanduiding van onder meer CaCO
3
in die water)
of water met ‘n té lae pH (<4) gebruik word om agrochemiese
middels te meng, kan die aktiewe bestanddele uitsak (presipiteer),
‘n emulsie vorm (jellieagtige vloeistof) of aan ander molekules bind
en nie in oplossing gaan nie. Die regte aktiewe bestanddeel is dan
niebeskikbaar om sywerk tedoennie.
Daar is ook ‘n definitiewe volgorde waarin agrochemiese middels
in ‘n tenkmengsel gemeng moet word. Heel eerste moet die water
reggestel word.
WanneerdiepH te laag is,moet daar eerste ‘nbuffer indie tenkwater
gegooiword.Daarnakan ‘nproduksoosammoniumsulfaatbygevoeg
word (indien nodig en soos voorgeskryf deur die produk se etiket)
omhardewater reg te stel.
Die formulering (wat ook ‘n indikasie is van die oplosbaarheid van
‘n produk in water) van agrochemiese middels speel ook ‘n rol in
die mengbaarheid van produkte. Dit word op die etiket of soms
in die naam van ‘n produk aangedui, soos byvoorbeeld Roundup
PowerMax™wat ‘noplosbare konsentraat (SL) is, ofGuardianS®EC
wat aandui dat dit ‘n emulgeerbare konsentraat is.
Die korrekte volgorde van sekere formulerings is soos volg:
WG>GR>WP>SC>CS>EC>SL. Moet ook nooit troebel water in
‘n tenkmengsel gebruik nie, water moet helder wees sonder enige
afvalstukkies in.
Wanneer die produk in die tenkwater gemeng moet word, is dit
raadsaamomeersdieprodukop te los in ‘nbietjiewater endanmet
die resvandie tenkwater (wat klaar voorberei is) temeng, veralwaar
dieproduk in ‘n korrelformulering is.
Sekere insekdoders kan met sukses (en volgens registrasie) met
onkruiddoders gemeng word, maar swamdoders is as ‘n reël nie
mengbaar met onkruiddoders nie. Byvoeging van enige ander pro-
dukte, soos byvoorbeeld groeireguleerders en bymiddels (pene-
treerders enbenatters)moetmet groot omsigtigheidhanteerword.
Slegs geregistreerde, aanbevole produkte met aanduidings op
hulle etikette (menginstruksies) moet gebruik word. Produsente
kan hulle vingers lelik verbrand deur lukraak sommer enigemiddels
met agrochemieseprodukte temeng.
Vir verderenavrae, kontakElbéHugoby0182996298
of
.
Cut losseswith
PRECISION
Plantwith
VISION
ProcessMonitor
forAirSeeders
‡ Area
‡ Speed
‡ Tachoup to4axles
‡ Alarmoneach function
‡ Easy to install
‡ Bin/Tank full
‡ Bin/Tankempty
ProudlyMade
inSouthAfrica
Tel: 0123453193
Fax: 0123456763
Web:
Email:
Sales:
PlanterMonitor
‡ Seedper 100mperrow, seedpopulation
‡ Hectaresworkedandmuchmore
‡ Easy to installandmaintain
‡ Fertilizerand turningofaxles
‡ Canbeapplied tomostplanters
‡ Real tough, rustandwaterresistant
Indié artikelword ‘npaar goue reëls gegeeoor die suksesvollegebruik en toediening van agrochemiesemiddels.
1...,51,52,53,54,55,56,57,58,59,60 62,63,64,65,66,67,68,69,70,71,...100
Powered by FlippingBook