SA Graan November 2014 - page 63

Moetdievraagenaanbod-markinligtingvir
mieliesvoortaanvanMaart tot Februarie strek?
d
ie bemarkingspe iode vir mieli s wat die rapportering
van vraag en aanbod-inligting betref, strek vanaf Mei
tot April elke jaar. Mielies is die enigste gewaswaarvan
die produksieseisoen nie met die bemarkingsperiode
ooreenstemnie.
Gevolglik kompliseer dit die beraming van die geprojekteerde eind-
voorraad aan die einde van die bemarkingsperiode. Hierdie artikel
bespreek enkele van die voordele om die bemarkingsperiode aan te
aanpas,maar dui ook op vandie implikasieswat dit kan inhou.
Waarom sou ons die bemarkingsperiode
wou aanpas?
Deursigtige markinligting is van kardinale belang om ingeligte be-
markings- enprysingsbesluite teneem. Dievroeë leweringsyfers vir
Maart en April aan die einde van die bemarkingsperiode word elke
jaar vooruitgeskat en by die vraag en aanbod-projeksies ingesluit
om sodoendedie verwagteoordragvoorraadsyfer aandie einde van
April jaarliks tebepaal.
Die grootte van die oordragvoorraadsyfer is bepalend vir binne-
landse pryse. Sodra dit blyk dat oordragvoorrade teen einde April
knap gaan wees, word pryse ondersteun. Indien oordragvoorrade
aandie einde vandiebemarkingsperiodegroot gaanwees, plaas dit
pryseonder druk. Duidelikheidoor dié syfer is dus belangrik.
Deur die bemarkingsperiode vir mielies twee maande vroeër te
skuif, kandit dieonsekerheidhieroor indiemarkplekuitskakel omdat
dit danniemeer nodig sal wees omdie syfer te raai nie.
Dievariasie ineindvoorraadvlakkevergelyk
met die variasie in vroeë lewerings
Vroeë produsentelewerings en die onaangewende voorraadsyfer
aandie einde vandiebemarkingsperiode, se koëffisiënt van variasie
beloop onderskeidelik 0,56 en 0,52. Die variasiekoëffisiënt vir voed-
sel- en voerverbruik is 0,07. Die hoë variasie in die eindvoorraad-
syfer vergelykmet diehoë variasie indie vroeë leweringsyfer.
Mielies se vroeë leweringsyfer vir Maart en April is onvoorspelbaar
en bring groot onsekerheid vir produsente mee. Daar is geen
betroubare beramingsmodel om die syfer akkuraat vooruit te kan
bepaal nie.
Die gemiddelde bydrae wat die vroeë produsenteleweringsyfer
tot die eindvoorraadvlakke aan die einde van April maak, beloop
‘n merkbare 34%. Dit beteken dat vroeë lewerings gedurende
Maart en April gemiddeld tot 34% van die eindvoorraadvlakke op
30April uitmaak.
Dit is genoeg om ‘n bepaalde invloed op pryse uit te oefen. By-
voorbeeld: Teen die einde van die 2013/2014-bemarkingsperiode
het die vroeë leweringsyfer 81% van die eindvoorraadsyfer beloop
en in 2006was diebydrae so laag as 3%.
Wat bepaal die vroeë leweringsyfer?
Dit word deur weerstoestande bepaal wat die tydige aanplant en
oes van vroeëmielies aandui. Die vroeë leweringsyfer word jaarliks
geraai en in die jaarlikse vraag en aanbod-syfer as ‘n willekeurige
syfer ingelees omdat hierdie syfer nie vooraf bepaalbaar is nie.
Weerstoestande is net teonseker.
Hoeword die vroeë leweringsyfer tans
vooraf deur GraanSA bepaal?
Graan SAmaak van ‘n sogenaamde Texas-gemiddelde gebruik om
‘n vroeë leweringsyfer te bepaal. Dit behels dat die komendeMaart-
en Aprilmaand se vroeë leweringsyfer bepaal word deur die afge-
lope vyf jaar se vroeë leweringsyfers te neem en die hoogste en
laagste syfer vir die vyf jaar uit te skakel.
Die gemiddelde syfer van die oorblywende drie jaar word dan as
dienuwevroeë leweringsyfer gebruik. Die syferwat uiteindelik reali-
seer, wyk altyd af vandie voorafberaamde syfer.
Kan die onsekerheid oor die vroeë
leweringsyfer uitgeskakel word?
Daar kan vir die volgende bemarkingsperiode uit die staanspoor
voldoendevoorsieninggetrefwordomdieonsekerheidoordievroeë
leweringsyfer in totaliteit te verminder. Die enigstewysewaarop dit
verkry kanword, is omdiebemarkingsperiode tweemaande vroeër,
vanaf Mei tot April, te skuif naMaart tot Februarie. Sodoendeword
enigeonsekerheidoor vroeë leweringsuitgeskakel en isdit niemeer
nodigomhieroor te raai nie.
Is die eindvoorraadvlak virmielies jaarliks
op sy laagste aan die einde van Februarie?
Wanneer diegemiddelde eindvoorraadvlakke vir elkemaandoor die
afgelope vyf periodes vergelyk word, is dit duidelik dat die laagste
eindvoorraadvlak vir kommoditeite indie volgendemaande val.
Mielies: April
Sojabone: Februarie
Sonneblomsaad: Februarie
Koring: September
Die surplus bo die benodigde pyplynvoorraadword inApril gebruik
om tebepaal of voorraadvlakke toekomstigepryse sal ondersteunof
onder druk plaas.
WESSEL LEMMER,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
23Oktober 2014
OPPLAASVLAK
61
November 2014
1...,53,54,55,56,57,58,59,60,61,62 64,65,66,67,68,69,70,71,72,73,...100
Powered by FlippingBook