SA Graan November 2014 - page 64

November 2014
62
OP PLAASVLAK
Indien daar ‘n tekort bo die pyplynvoorraad is, neig pryse hoër en
sodra daar ‘n surplus bo die pyplynvoorraad is, kan toekomstige
pryse laer neig.
Om die bemarkingsperiode twee maande vroeër te skuif, het ten
doel omdieproduksieseisoenenbemarkingseisoen in lyn tebringen
die geraai oor vroeë lewerings vir die komende bemarkingsperiode
uit te skakel.
Die surplus bo die pyplynsyfer aan die einde van April, wanneer
voorraadvlakke op hul laagste is, gaan steeds belangrikwees om te
bepaal of eindvoorraadvlakkepryseondersteunof nie.
Hoe rapporteer SAGIS die inligting?
Die Suid-Afrikaanse Graan Inligtingsdiens (SAGIS) rapporteer
inligting op ‘n maandelikse basis. Hierdie inligting sluit vraag en
aanbod-verwante inligting in asook weeklikse produsentelewerings
en in- enuitvoersyfers.
Dit is belangrik om daarop te let dat enige markdeelnemer of
rolspeler op grond van die maandelikse Sagis-inligting sy eie
bemarkingsperiode kanbepaal – dit is nie voorskriftelik nie.
DieNasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) se Vraag enAanbod
Ramingskomitee kan dus die bemarkingsperiode van Maart tot
Februarie gebruik en hoef nie die bemarkingsperiode van Mei tot
April tegebruik nie.
Het ‘nbemarkingsperiode iets tedoenmet
die amptelike bemarkingsjaar?
Dit is belangrik om daarop te let dat die bemarkingsperiode waar-
volgens geprojekteerde vraag en aanbod-syfers (markinligting) ge-
rapporteerword, niks te doenhetmet die amptelike bemarkingsjaar
wat deur diebedryf gebruikwordnie.
Die skuif van die rapportering van vraag en aanbod-inligting vir
mielies vanafMei tot April naMaart tot Februarie elke jaar, het slegs
ten doel om die produksieseisoen en bemarkingsperiode soos dit
met die ander kommoditeitediegeval is, te laat ooreenstem.
Dit sal waarskynlik ook net dieNLBR se Vraag enAanbod Ramings-
komitee wees wat hierdie bemarkingsperiode vir die rapportering
vanmarkinligting sal gebruik.
Dit is baie belangrik om te besef dat die skuif van die bemarkings-
periode niks te doen het met die amptelike bemarkingsjaar vir
mielies wat in die bedryf gebruik word nie. Produsentemoet spesi-
fiek daarop let dat dit nie die doel is om byvoorbeeld liggingsdif-
ferensiale twee maande vroeër vir mielies te laat afkondig nie, ook
niedat jaarstoor tweemaande korter gemaakmoet wordnie.
JAAR
VROEËPRODUSEN-
TELEWERINGS
VOEDSEL- EN
VOERVERBRUIK
ONAANGEWENDE
VOORRAAD*TEEN
DIEEINDEVAN
APRIL (TON)
LEWERINGAS%
VANVERBRUIK
LEWERINGAS
%VANON-
AANGEWENDE
VOORRAAD*
2014
478 760
1 421 940
594 245
34
81
2013
842 000
1 494 000
1 417 000
56
59
2012
615 000
1 392 000
994 000
44
62
2011
172 000
1 465 000
3 508 000
12
5
2010
322 000
1 440 000
2 131 000
22
15
2009
352 000
1 426 000
1 581 000
25
22
2008
668 000
1 333 000
1 049 000
50
64
2007
550 000
1 283 000
2 070 000
43
27
2006
91 000
1 230 000
3 169 000
7
3
2005
212 000
1 234 000
3 148 000
17
7
Gemiddeld
430 276
1 371 894
1 966 125
31
34
SD
241 327
95 811
1 020 738
CV
0,56
0,07
0,52
TABEL 1: DIEBELANGRIKHEIDVANVROEË LEWERINGSGEDURENDEMAART ENAPRIL INVERGELYKINGMETVOORRAADVLAKKEAAN
DIE EINDE VANAPRIL.
*Onaangewende voorraad staanook as eindvoorraadbekend
SD: Standaardafwyking
CV: Koëffisiënt van variasie
Standaardafwyking: As voorbeeld dui die standaardafwyking vir vroeë
produsentelewerings aan dat die lewerings tot soveel as 241 327 ton kan afwyk van die
gemiddelde vroeë leweringsyfers oor die afgelope tien jaar van 430 276 ton.
Die koëffisiënt van variasie is ‘n dimensielose syfer en nuttig om die vroeë
produsenteleweringsyfersmet die verbruik en onaangewende voorraadsyfer te vergelyk.
GRAANMARK-OORSIG
1...,54,55,56,57,58,59,60,61,62,63 65,66,67,68,69,70,71,72,73,74,...100
Powered by FlippingBook