SA Graan November 2014 - page 68

OP PLAASVLAK
Geïntegreerdeplaagbeheer
–Deel 6
PJ PIETERSE,
Departement Agronomie, Universiteit van Stellenbosch
Turknael (
Musk heron’sbill
)
WINTERREËNVALSTREEK
Onkruide in die
Reeks
d
aar kom ses
Erodium
-spesies in Suid-Afrika voor, maar
net
Erodiummoschatum
(turknael) veroorsaak ernstige
probleme in gewaslande. Turknael is deur die vroeë
setlaars na Suid-Afrika ingevoer vanaf Europa en is dus
al vir langer as 100 jaar inSuid-Afrikabekend.
Dit word deur skape, bokke en volstruise gevreet ten spyte daarvan
dat dit ‘n muskusagtige reuk vrystel wanneer dit gekneus word.
Soms word dit egter nie gevreet nie, veral op plekke langs die kus,
vermoedelik omdat die reuk te sterk raak.
Turknael is ‘nmatigemededinger, maar omdat dit ‘n plat groeiwyse
in die jong stadium het, ding dit reeds in ‘n vroeë stadium met
gewasplante mee. Die sade kan beserings aan vee veroorsaak
en hulle velle beskadig. Dit kan ook skape se wol kontamineer en
inname vandieplant kan fotosensitisasie in lammers veroorsaak.
Turknael is ‘n eenjarige, regop tot neerliggende onkruidmet basale
blaarrosette en kan tot 30 cm hoog groei. Stingels is bedek met
digte, klieragtige hare en is fyn geriffeld. Blare is enkelveervormig,
saamgesteld en afwisselend gerangskik. Lang, klieragtige hare kom
voor opdieblaarspil.
Blaarveertjies is kortgesteeld en eiervormig met diep, enkel- tot
dubbelsaagtandige rande. Die blare is heldergroen en beide opper-
vlaktes het yl tot digte hare op. Blare kan tot 25 cm lank en 15 cm
breedwees.
Hul blomme is ligpers tot rooskleurig en word in skerms op
klieragtige, langharige stele tot 15 cm lank gedra. Die vrugte is
smal, donkerbruin splitsvrugtemet digte hare en kan tot 5mm lank
wees. Die verlengde style is versmelt tot ‘n sentrale suil wat na ‘n
reier se bek lyk, vandaar die Engelse gewone naam. Met rypwor-
ding breek die style weg en krul spiraalsgewys om die sade vry te
stel. Die sade is goudbruin, smal, omgekeerd-eiervormig, haarloos
en tot 3mm lank.
Voorkoms en verspreiding
Turknael kom hoofsaaklik in die suidwestelike kusstreke van
Suid-Afrika voor, hoewel dit ook reeds in die Noordwes Provinsie
opgemerk is. Dit veroorsaak probleme in graanlande, wingerde,
boorde en tuine en komook op versteurdeplekke voor.
Turknael plant slegsdeurmiddel van saad voort. Die sade is kleinen
is vlak ontkiemers.
Wetenskaplike naam:
Erodiummoschatum
Afrikaanse naam:
Turknael
Engelse naam:
Muskheron’s bill
66
1: Sade van turknael – die spiraalvormige krullehelpomdie saad tot 56 cm
verweg vandiemoederplant te skiet endeur nat- endroë siklussewat die
krulle laat op- en afwen,worddie sade se vermoëom indiegrondbegrawe
teword, aangehelp.
2: ‘nTurknaelsaailing.
November 2014
1
2
1...,58,59,60,61,62,63,64,65,66,67 69,70,71,72,73,74,75,76,77,78,...100
Powered by FlippingBook