SA Graan Julie 2014 - page 91

89
Grafiek 1: Suid-Afrika se totalemielie-uitvoeregedurende 2013/2014.
suksesvol na hierdie bestemmings volhoubaar sal kan uitvoer nie. Die
ontwikkeling vannuwemarkbestemmingswat indieMidde-Ooste kan
oopgaan, is daaromook belangrik.
Markte in dieMidde-Ooste
Graan SA het nuwe markgeleenthede sedert 2013 inMidde-Oosterse
lande ondersoek. Die lande sluit Israel, Jordanië, Sirië, Saoedi-Arabië,
die Verenigde Arabiese Emirate en Iran in. Die potensiële mielie-
uitvoermark na hierdie lande behoort ten minste jaarliks 9,2 miljoen
ton tebeloop. Ongelukkig kandie syfer niemaklik geverifieerwordnie
omdat diedata indie ITCTradeMap-databasis ontbreek.
Graan SA het die kontakbesonderhede van ondernemings in hierdie
lande wat belangstel om mielies uit Suid-Afrika in te voer, met die
graanhandel in Suid-Afrika gedeel. Dit is nie vir nuwe toetreders
moontlik om direk uit Suid-Afrika in te voer nie omdat die uitvoer-
gleuwe gewoonlik reeds deur plaaslik gebaseerde, multinasionale
uitvoerders bespreek is teen die tyd dat hierdie ondernemings erns-
tigeprysaanbiedinge vir Suid-Afrikaansemielies beginmaak.
Iran het byvoorbeeld in 2011 mielies deur handelaars in Switserland
(1 296 839 ton), die Verenigde Arabiese Emirate (1 031 741 ton), die
Verenigde Koninkryk (552 824 ton), Nederland (472 040 ton) en selfs
Argentinië (134 091 ton) ingevoer.
Opsomming
Alhoewel die Midde-Ooste unieke uitdagings aan uitvoergraanhandel
kan stel, kan die potensiële uitvoermoontlikhede na hierdie streek
die uitvoere van Suid-Afrikaanse mielies grootliks bevoordeel. Suid-
Afrika het byvoorbeeld in die land se vroeëre geskiedenis witmielies
met sukses na Iran uitgevoer. Iran is byvoorbeeld een land waar-
in internasionale beleggers toenemend begin belangstel enmee han-
del dryf.
Suid-Afrika kan ‘n mededingende handelsvoordeel bo ander mielie-
uitvoerlande uit die Swartseestreek, die EU en die VSA hê indien ons
die wedloop na die Midde-Oosterse markte vroegtydig aanpak. Veral
indien Iran daarin slaag om aan die sanksievereistes te voldoen en
groter verligtinggebiedword.
Iran kan potensieel ‘n belangrike uitvoerbestemming vir Suid-Afrikaanse
mieliesword indiendie landaandiebuiteland se sanksievereistes voldoen.
Foto:Wessel Lemmer, Theran, Desember 2013
1...,81,82,83,84,85,86,87,88,89,90 92,93,94,95,96,97,98,99,100
Powered by FlippingBook