SA Graan Julie 2014 - page 94

Goeiearbeidspraktykeen
-verhoudinge indie kollig
“D
ie plaaswerker van vandag
moet vra wat die bydrae
is wat hy of sy op die plaas
kan maak om ‘n verskil te
maak aan die mense om ons en in die
langtermynsukses van die besigheid vir
wie ons werk. Ons moet leer om nie op te
hou leer nie en om saammet tegnologie te
groei.”
Só het mnr Kolie Paulse, ‘n voormalige
algehele Plaaswerker van die Jaar in die
Wes-Kaap, tydens die Namaqua-Weskus
Ekspo op Vredendal, medeplaaswerkers
toegespreek. Paulse het sedert hy die titel
in2012 ingepalmhet, self ‘nboer geworden
boer tans by Citrusdal, waar hy uitstekende
resultatebehaal.
Paulse was ten tyde van sy aanwysing as
Plaaswerker van die Jaar, in diens van die
DuToit GroepbyCeres. Hy sêplaaswerkers
is wenners en moet as wenners ook hul
nageslagte leer om wenners te wees en
sooswenners tewerk.
“Ek kan met ervaring met julle hieroor
praat,” vertel Paulse. “Ekweet wat dit is om
‘n leivoor te grawe, om dreinering te doen
en ek weet wat dit is om ‘n trekker te ry en
om tespuit. Sóekkanookmet gesag leiding
gee aan julle asmedeplaaswerkers.”
Paulse sê hy het ‘n besluit geneem om bo
uit te kom. “Ek het een Man nodig ommy
soontoe te vat en ek het besluit om my
geloof in die Here te plaas.” Hymoes, soos
hyvoorstel symedeplaaswerkersookdoen,
afsien van ‘n lewe waarin drank of dwelms
en ander versoekings ‘n rol gespeel het.
Hy het ook besluit om ondanks die ver-
anderingwatmeganisasie en die verhoging
in minimum lone inhou, die beste op sy
terrein te wees. “As jy ‘n skaapwagter is,
word die beste een. As jou taak is om ‘n
trekker te bestuur, maak seker jy word die
beste een wat daar is, maar leer om by
nuwe geleenthede soos die rekenaars in
die trekkers en werktuie aan te pas. My
boodskap is dat jy die beste word op jou
vakgebied. Dit is wat jou onmisbaar sal
maak,” sêPaulse.
AKTUEEL
JANGREYLING,
namens Agri Mega
–wat is joudoel opdieplaas?
Reeks
Julie 2014
92
Kolie Paulse, 2012 se Wes-Kaapse Plaas-
werker van die Jaar, (regs) het plaaswerkers
uit die Namaqua-Weskus streek toegespreek
bydie tweedeNamaqua-Weskus Ekspo.
NuweWintergraantrust-
administrateur aangestel
SKOG-dag vir
Augustus beplan
M
nr Jannie de Villiers, voorsitter van die Raad van Trustees van die Winter-
graantrust, het bekend gemaak datmnr Ishmael Tshiame vanaf 1 Junie 2014
aangestel is as administrateur vandieWintergraantrust.
Diehuidigeadministrateur,mnrAwieCoetzee,wat aftree-ouderdombereikhet, bly tyde-
lik aan as administratiewebeampte.
Tshiame het onlangs sy MBA-graad met
die titel “Productivity and profitability
measures of emerging farm enterprises
in the Mpumalanga province” aan die
Tshwane Universiteit van Tegnologie
behaal. Hy is sedert 1 Augustus 2012 in
diens van die Wintergraantrust en het
sedert sy aanstelling wye kennis van die
wintergraanbedryf en die aktiwiteite van
die trust opgedoen.
Hy het ‘n intense belangstelling in die
landboubedryf van Suid-Afrika en het
Suid-Afrika in 2013 by die International
GrainsCouncil verteenwoordig.
D
ie jaarlikse SKOG-dag, aangebied
deur die provinsiale departement
van Landbou, Wes-Kaap, en an-
der rolspelers, word vanjaar op
21 Augustus om 09:00 op Langgewens
Navorsingsplaas in die distrik van Moor-
reesburggehou.
Hier kandienuutstekoring-, kanola-, klawer-
en lupienkultivars gesienword. Die langter-
mynbewerkings- en verbouingsproewe sal
ook besigtig en bespreek word. Bemes-
tingsproewe deur Omnia sal te sien wees
asook talle ander interessanteproewe.
Vir verdere inligting, kanmnr Gert Conradie
by 022 433 2370 of 074 603 7240 gekontak
word.
SAGRAAN/GRAIN
REDAKSIE
PIETMANBOTHA,
SAGraan/Grain
medewerker
Ishmael Tshiame
1...,84,85,86,87,88,89,90,91,92,93 95,96,97,98,99,100
Powered by FlippingBook