SA Graan Julie 2014 - page 97

95
July2014
NissanPatrol – ‘nou staatmaker
wordnetnogbeter
n
issan SA het die nuwe 4x4-
Patrol-bakkie tydens die Graan
SANAMPOOesdag inMei van-
jaar aan die landbougemeen-
skapbekendgestel.
Die nuwe Patrol lyk nie net stukke beter as
voorheen nie, maar is ook nou toegerus
met ‘n prima dieselenjin. Vir jare al is die
Nissan Patrol-bakkies, wat slegs as ‘n 4x4-
enkelkajuitbakkie beskikbaar is, sinoniem
met gehardheid en as werksbakkie wat vir
enige terrein kans sien.
Ditworddeur ‘n3 liter-, turbo-ondersteunde
dieselenjin aangedryf. Hierdie enjin het
‘n kraglewering van 110 kW teen 3 600
omwentelinge en ‘n wringkrag van 371 Nm
wat tussen 1 800 en 2 400 omwentelinge
inskop. Die ratkas is ‘n vyfgang-handrat.
‘nGroot pluspunt isdat, danksydie kragtige
enjinen sterkonderstel, dienuwePatrol oor
‘n sleepvermoë van 2 500 kg beskik. Nog
pluspunte isdat diePatrol ok kanhardloop
op 500 ppm diesel, dat sy gemiddelde
brandstofverbruik 10,9 liters per 100 km
is en danksy die gesamentlike inhoud van
175 liters van die twee brandstoftenks,
het die Patrol ‘n reikwydte van 1 600 km,
voordat dit weer by ‘n dieselpomp hoef stil
tehou.
Die 4x4-stelsel bied ‘n keuse van drie ver-
skillende toepassings afhangende van die
padtoestand wat aangedurf moet word. Dit
het ‘nstandaardagterwiel-ewenaarslot en in
volle 4x4 kan dit in die hoog- of laagtrekke
ry. Om verder beter padhouvermoë te ver-
seker, is die Patrol ook met breë, 16 duim
265/70R16LT-bande toegerus.
Binne is lugversorging standaard. DiePatrol
se sitplekke sit gemaklik en alhoewel dit
‘n enkelkajuitbakkie is, kan jy jou sitplekke
redelik ver terugskuif sodat die langmanne
ookgemaklikkansit. Veiligheidskenmerke is
twee lugsakke binne en ABS-onde steunde
remme.
Die Patrol kos R476 900. Daarvoor kry jy
heelwat bakkiewaarde. As dit byvoorbeeld
vergelyk word met die Patrol se direkte
kompeteerder, die Toyota Land Cruiser
79-enkelkajuitbakkie, wat met ‘n sessilinder
4,2 liter-dieselenjin toegerus is en wat ook
op die kop R476 900 kos, kry jy ‘n kragtiger
bakkie met groter laairuimte. Die Patrol
is ook effens langer en wyer as sy Land
Cruiser-eweknie.
Die Land Cruiser is nie turbo-ondersteund
nie, maar die Patrol wel. Op die oop pad
is die Patrol baie meer vlugvoetig en op
die grondpad suig hy vas en ry besonders
gemaklik.
Die Patrol het ‘n driejaar-/100 000 km-waar-
borg endiensintervalle is elke 15 000 km.
GERRIE SMIT,
lid van die SAMotorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas
’nWye reeks bybehore vir dieNissanPatrol, soos snorkels
en laaibaktralies, is byNissan-handelaars beskikbaar.
1...,87,88,89,90,91,92,93,94,95,96 98,99,100
Powered by FlippingBook