SA Graan Julie 2014 - page 82

Julie 2014
80
OP PLAASVLAK
Mielie-oes / Kwaliteit /Mikotoksien-analises
Kwaliteit
‘nKwaliteit-oorsig vandie
2012/2013-seisoen semielie-oes
M
et vooruitskattings vir die grootstemielie-oes sedert die
1980’s en graanleweringwat in volle swang is, is hierdie
‘n goeie geleentheid om terug te kyk na ‘n opsomming
vandie kwaliteit vandie vorige seisoen seoes.
Veilige voedsel en voer is ononderhandelbaar en die beginpunt
van enige veilige kwaliteit-produk is die rou materiaal. Ongeveer
30% - 40%vandie swamspesieswat bekend is, besit dievermoëom
mikotoksiene te produseer onder spesifieke toestande – alreeds op
die landof later gedurendeopberging.
Swamgroei en mikotoksienproduksie word oor die algemeen
beïnvloed deur ‘n verskeidenheid van plant- en omgewings-
faktore, waaronder: Substraat/groei-oppervlakeienskappe (by-
voorbeeld samestelling, wateraktiwiteit, pH, suurstofinhoud), die
teenwoordigheid van ander swamme of mikrobes en dan ook baie
belangrik, die klimaatstoestande (temperatuur enhumiditeit).
Aspergillus
-spesies produseer onder meer aflatoksien en ochra-
toksien
A
.
Fusarium
-spesies produseer ophullebeurtmikotoksiene,
soos fumonisiene, zearalenoon, deoksinivalenol (DON), HT-2 enT-2.
Belangrik om te onthou, is dat swak hantering van graan,
gekenmerk deur onder andere insekbeskadiging en gebreekte
pitte, die vatbaarheid vir swamgroei aansienlik verhoog. Swam-
me wat mikotoksiene produseer, is nie net nadelig vanuit ‘n veilig-
heidsoogpunt nie, die voedingswaarde van die graan word ook
negatief beïnvloed aangesien nutriënte, soos proteïene, vet en
vitamieneuit diepitteonttrekword.
Die persentasie
Fusarium
-besmette pittewat visueel tydens grade-
ring bepaal word, het gedurende die 2012/2013-seisoen toegeneem
met 0,7% tot 1,1% vergeleke met die 2011/2012-seisoen. Die
persentasie Diplodia-besmetting (veroorsaak deur
Stenocarpella
-
spesies) was dieselfde as die vorige seisoen se 0,6%.
Van die 1 000 monsters wat deel gevorm het van hierdie opname,
is 100 monsters verteenwoordigend van kleur en produksiestreke
getoets vir mikotoksien-residuvlakke met behulp van ‘n multi-
mikotoksienmetode op ‘n LC-MSMS-instrument. Die resultateword
gerapporteer inμg/kg,watgelykstaande isaandeleperbiljoen (dpb).
Geen aflatoksien of ochratoksienA iswaargeneem op diemonsters
nie. Sien
Grafiek 1
vir die gemiddeldemikotoksienvlakke vergeleke
met die vorige seisoen. Al hierdie gemiddelde vlakke is laer as die
maksimum toelaatbare vlakke vir roumielies gespesifiseer deur die
EuropeseUnie (EU) en die VSA. Diemaksimum fumonisienvlakke is
egter hoër as dieEU-toelating.
Die mielie-oes was van ‘n goeie kwaliteit, met 85% van die wit- en
79% van die geelmielies wat as Graad 1 gegradeer het. Die persen-
tasie gebrekkige pitte bo en onder die 6,35 mm sif, 4,6% en 4,5%
vir wit- en geelmielies onderskeidelik, was effens laer as die vorige
seisoen se 4,5% en 5%. Die gemiddelde persentasie gesamentlike
afwykings van 4,9% was ook effe beter as die 5,1% van die
2011/2012-seisoen.
Witmielies het ‘n gemiddelde hektolitermassa van 78,2 kg/hl en
geelmielies 76,6 kg/hl gehad. Die waardes het in totaal gevarieer
tussen 67,8 kg/hl en 82,9 kg/hl met ‘n gemiddeld van 77,4 kg/hl
wat goed vergelyk met die tienjaar-gemiddeld (77,3 kg/hl). Die hon-
derdpitmassa (29 g) was 1,4 g laer as die vorige seisoen en 3,6 g laer
asdie tienjaar-gemiddeld.
Geelmieliepitte bokant die 10 mm sif was gemiddeld kleiner as wit
pitte. Die breekbaarheid van beide wit- en geelmielies was effens
JOLANDANORTJÉ,
bestuurder: Laboratorium, Suider-AfrikaanseGraanlaboratorium
Grafiek 1:Gemiddeldemikotoksienvlakkeoor die afgelope twee seisoene.
1...,72,73,74,75,76,77,78,79,80,81 83,84,85,86,87,88,89,90,91,92,...100
Powered by FlippingBook