SA Graan Julie 2014 - page 85

hoër as in die vorige seisoen wat die laagste waardes in die vorige
tien seisoene opgelewer het. Spanningskrake het gevarieer tussen
0% - 37%, die 5%-gemiddeld stem ooreen met vorige seisoene.
Maalindekswaardes het gevarieer tussen 46,9 tot 119,5 (gemiddeld
95,1) – effe hoër as verlede seisoen. Witmielies toon weer eens ‘n
hoër gemiddeldewaarde (97) as geelmielies (93,2).
Die gemiddelde persentasie ekstraksie (meel totaal) van witmielies
verkry op die Roff-meule was gemiddeld 79,2% (gelykstaande
aan die vorige seisoen) en het gevarieer van 71,8% tot 84,3%.
Die gemiddelde witheidsindeks van gesifte meel was 25,1 en vir
ongesiftemeel 15,9, laer as indie 2011/2012-seisoen.
Die gemiddelde vetinhoud van die 2012/2013-oesmonsters was
4%, gelykstaande aan die 2011/2012-monsters en effens hoër
as die geweegde tienjaar-gemiddeld van 3,9%. Die gemiddelde
proteïeninhoud (9,2%) was 0,5% hoër as die vorige seisoen se
gemiddeld asook die tienjaar-gemiddeld. Die styselinhoud het met
gemiddeld 1,2% afgeneem vergelekemet die 72,8% van die vorige
seisoen en is ook 0,6% laer as die geweegde tienjaar-gemiddeld
van 72,2%.
Die gemiddelde vetinhoud van witmielies is gelykstaande aan dié
van die vorige seisoen en 0,2% hoër as geelmielies. Wit- en
geelmielieshet albei ‘ngemiddeldeproteïeninhoudvan9,2%gehad.
Die styselinhoud van beide wit- en geelmielies is onderskeidelik
1,2% en 1,1% laer as in die vorige seisoen. Hierdie resultate word
op ‘n vogvrye/droë basis gerapporteer. Die grootstemielieproduse-
rende provinsies in Suid-Afrika is die Vrystaat, Mpumalanga en
die Noordwes Provinsie. Die Vrystaat en Noordwes Provinsie
het die hoogste gemiddelde hektolitermassas gerapporteer,
terwyl Mpumalanga die hoogste honderdpitmassa gehad het. Die
hoeveelheid spanningskrake en die breekbaarheid van die mielies
vanuit hierdie drie provinsies, het nie betekenisvol verskil nie. As
daar na die persentasies bokant die 10mm sif gekyk word, het die
NoordwesProvinsiediekleinstepittegehad.Hierdiewaarnemingkan
waarskynlik toegeskryf word aan die droogtetoestande ondervind
indiéprovinsie.
Mpumalanga het die laagste gemiddelde persentasie totale
afwykende pitte (3,3%) gehad, gevolg deur die Vrystaat (4,4%) en
dan die Noordwes Provinsie (5,7%). Hierdie neiging is ook in die
vorige twee seisoene waargeneem. Die gemiddelde maalindeks
was die laagste in Mpumalanga en die hoogste in die Noordwes
Provinsie. Mpumalanga het ook die laagste gemiddelde ekstraksie-
waardes getoon. Daar was nie noemenswaardige verskille in die
witheid vandiemeel vanuit diedrieprovinsies nie.
Die gemiddelde vet- en styselwaardes het nie betekenisvol verskil
nie. Die proteïeninhoud van die monsters het gevarieer tussen ‘n
gemiddeld van 8,8% (Mpumalanga) tot 10% (Noordwes Provinsie).
Besoek gerus die SAGL se webtuiste by
vir
volledige resultate van hierdie en vorige seisoene semieliekwaliteit
op streeksvlak asook nasionale gemiddeldes. Verslae is ook hier
beskikbaar inPDF-formaat.
Hierdie kwaliteitsopname ismoontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning vandie
Mielietrust asook dieGraanSilo Industrie en sy ledewat diemonsters verskaf het.
LC-MSMS-instrument gebruik virmikotoksien-analises.
OPPLAASVLAK
Kwaliteit
‘nKwaliteit-oorsig vandie2012/2013-seisoen semielie-oes
1...,75,76,77,78,79,80,81,82,83,84 86,87,88,89,90,91,92,93,94,95,...100
Powered by FlippingBook