SA Graan Julie 2014 - page 86

Julie 2014
84
Isblaarmyner ‘ngevaar vir koring
engarsonder besproeiing?
H
ou blaarmyner ‘n gevaar in vir koring en gars onder
besproeiing? Wel, as ‘n mens in ‘n land instap waar
blaarmyners opsigtelik teenwoordig is (
Foto 1
), sal jou
antwoord op hierdie vraag onmiddellik “Ja” wees. Maar is
dit werklik so?
Blaarmyner is sedert 2000 teenwoordig op koring in die Noord-
Kaap. Sedert 2006 kom dit ook op gars in dié gebied voor. Dit het
aanvanklik tussen Prieska en Douglas posgevat en het sedertdien
versprei na meeste lande al langs die rivier op tot by Bloemhof.
Sporadiese voorkoms is ook tydens die afgelope twee jaar by
Frankfort in die Vrystaat aangeteken onder uiterste nat toestande.
Die jongste berigte is dat blaarmyner in die Brits-omgewing sy
opwagtinggemaak het.
Meeste produsente is goed bekend met hierdie insek. Die volwas-
sene is ‘n swart vliegie (
Foto 2
) vanongeveer 2mmgroot. Diewyfie
druk met behulp van haar lêboor, gaatjies in die blare waarin sy
soms eiers lê, terwyl sommigenet vir voedinggebruikword. Larwes
tonnel binne in die blaar, vanaf die gaatjies en vernietig die blad-
groen sover hulle gaan (
Foto 3
). Die larwe verlaat ná ‘n sekere
tydperk dieblaar en vorm ‘npapie indiegrond.
Hoeveel skadeword deur hierdie larwe
veroorsaak?
In die eerste plek moet ons kyk na die tipe skade wat veroorsaak
word.Diebladgroenwordheeltemal vernietigwaardie larwemynen
die blaar is dus in daardie gebied dood. Insekdoderswat die larwes
doodmaak, voorkom dus verdere blaaroppervlakteverlies, maar kan
niedie skadewat aangerig is, ophef nie.
Die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) het proewe gedoen om te
kyk na die hoeveelheid skade wat veroorsaak word. Tydens hierdie
proewe is sekereperselebespuit en ander nie.Metings vandiehoe-
veelheid blaaroppervlaktewat vernietigword, is op verskillende tye
gedoen endieoesopbrengs is aandie eindebepaal.
Gedurende2011het daar indieDouglas-areagroot besmettingop ‘n
vroeë stadium plaasgevind. Tydens GS 13was daar reeds 30% van
diegarshalms indieproef besmet, terwyl 96,7%vandiekoringhalms
teen GS 15 (vlagblaar) gemynde blare bevat het. Dit is met eerste
oogopslag baie erg, maar ons het besluit om die besmetting verder
te ontleed om vas te stel watter hoeveelheid blaaroppervlakte
beskadig is.
Skade op gars
Op die garshalms het die aantal blare per
halmwat beskadig is gestyg tot 92% teendie
einde van die seisoen, terwyl die persentasie
blaaroppervlakte per blaar tot by 64%gestyg
het (
Tabel 1
). Ook is gevind dat die onder-
ste blare altyd eerste gemyn word en dat
die boonste blare aangeval word namate
die halm groei. Hou ook in gedagte dat die
onderste blare eerste afgespeen word soos
wat dieplant groei.
Om ‘n idee kry wat in totaliteit met ‘n halm
gebeur, is die gemiddelde persentasie blaar-
oppervlakte wat per halm beskadig is uit
hierdie resultateberekenen toe isdaargevind
dat teenGS22, 59%vandieblaaroppervlakte
per halmbeskadigwas (
Grafiek1
). Ophierdie
stadium isbesmettingookopdievlagblaaren
blaar onder die vlagblaar teenwoordig.
Skade op koring
Hoewel alle halms in die koringproef aan
die einde van die seisoen beskadigde blare
gehad het en ongeveer 90% van die blare
per halm beskadig was, is gemiddeld slegs
45% van die blaaroppervlakte per blaar
beskadig (
Tabel 2
). Die berekende skade aan
die blaaroppervlakte per blaar was egter
ongeveer 39% aan die einde van die seisoen
(
Grafiek 2
). Dus is daar nog ongeveer 60%
groen blaaroppervlakte per halm beskikbaar
wat kan fotosinteer.
Oesopbrengs
Die bogenoemde data verteenwoordig die
onbespuite kontrole.
OP PLAASVLAK
Blaarmyner / Koring /Gars / Besproeiing
Plaagbeheer
GODDYPRINSLOO,
LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem
Grafiek 1:Gemiddeldepersentasieblaaroppervlakteper garshalmbeskadig.
Grafiek 2:Gemiddeldepersentasieblaaroppervlakteper koringhalmbeskadig.
1...,76,77,78,79,80,81,82,83,84,85 87,88,89,90,91,92,93,94,95,96,...100
Powered by FlippingBook