SA Graan Julie 2014 - page 98

96
Julie 2014
BesteGrootneef
‘n
Paar dinge in die lewe is
te groot om te verstaan, te
wonderlik om te begryp.
Soos die getye van die
oseaan wat groei saam
met die maan, die bome
wat weet wanneer om te bot en die stil
wintersnagtewat ryp soos as oor die velde
uitstrooi.Wat is diemens...
Die ander ding bo begrip is rugby se nuwe
skrumreëls. Kyk maar elke naweek, die
twee stelle stutte druk dat dit bars, maar
die skrumskakel gooi nie die bal indie oond
nie. As die spul in duie stort, staan die
skrumskakel kiertsregop soos ‘nmeerkat en
steek sy hand met die bal in die lug – om
nou te wys dat hy nie die bal ingegooi het
nie.Dié konalmal inelkgeval sien.Dan
start
die
ref
weer alles opmet ‘n hak in die veld
om sy merkie te wys, of druk die hele spul
vyf tree veld af omuit dienat kol te kom. En
danbinddie hele spul weermet ‘ngekreun,
omoomblikke laterweer in teplof.
As ek nou ‘n
ref
was, sou ek die spul staan-
gemaak het en as hulle nou klaar
engage
het, tot drie tel. Wee dan
die skrumskakel wat nie binne drie tellings ingooi nie, ‘n summiere
rooikaart vir hom...
‘n Ander ding bo begrip van mens en dier, is ons navolging van
Europesemodegiere hier ter plaatse. Ons hogeres in die parlement
hang graag uit met snyerspakke van die fynste wol. Ons nuutste
partyleier in die hoogste gestoeltes, rooi kadot en al, het hoeka
anderdag laatwielmetdieuitlatingdatom ‘ndas tedra, net ‘nmanier
is omonvermoë te verbloem. Só ‘n stukwaarheiduit symond! Dáár
is die Israeli’s se Knesset met ‘n oopnekhemp ‘n voorbeeld. Hulle
besef immers dat hul in ‘nwoestynbly.
Hoe dit ook al sy, partykeer los probleme hulself op. Soos die
sojabedryf. Vir baie jare het soja ‘n sukkelbestaan in ons geweste
gevoer. ‘n Bietjie hier en daar, maar in baie gevalle is die skaap
maar aan die einde van die seisoen in die land ingejaag as die peule
begin oopspring. Kultivarswas daar ook nie eintlikwat lekker in ons
sandgrondegeaardhet nie.
‘n Verdere moeilikheid, was die prys. As soja nie twee keer plus,
die prys vanmielies inbring nie, was dit kwalik diemoeitewerd om
‘n stukkie daarvan te plant. Daarvoor is mielieplantery te lekker.
Eweneenswasdiesilobestuurdersookniealtyd lusvir sojanie,want
daar was net nie ‘n plekkie daarvoor in die buis nie. En wie sou dit
koop? Daar is baie beduie van afgeleide pryse van sojakoek in die
wêreld wat na ons toe kom en dat dít nou die prys in die Vrystaat
bepaal. Boonopwas koring altyd ‘n lekkerwinterwisselbougewas.
Toe ons egter ons oë uitvee, het daar skielik ‘n klompie dinge
gebeur wat sojabone anders laat lyk. Die pryse per ton klop nou
mielies. Koringpryse laat weer die manne twee keer dink oor
droëlandproduksie in die winter. Sojakultivars, aangepas vir ons
geweste, is nou te kies en te keur. En die bonus van sojawisselbou
wat deursuur met ‘n stikstoffie vir die opvolgoes, is nie te versmaai
nie. As jy terselfdertydooknounog ‘npaar skapieshet, kykmaar, ná
die stroopaksie tel hulle al die sojapitte uit die sand uit op – spekvet
uit landewat opdieoog af lyk of daar niks is nie.
OuNeef, vir dienuwe seisoenweet ek van ‘nhelepaarmannewat ‘n
oumielielandmet sojagaanplant. As die etanol-storieopBothaville
nouook net kanbeginwerk, kanons nógmindermielies plant...
Ou Neef, kom ons klink ‘n glasie op die nuwe seisoen en op al die
plannewat gemaakword. So ja, laat hy val waar hywil.Met ys ja.
GroeteopdieOosgrens.
Kleinneef
E-POSSE
aanGrootneef
So ja
Lesers iswelkom om ‘n e-pos aanKleinneef te stuur by
1...,88,89,90,91,92,93,94,95,96,97 99,100
Powered by FlippingBook