SA Graan Julie 2014 - page 95

k
reatiewe denke kan al van kleintyd af gekoester word en
lei nienet nadie kunstenie,maar is ook vangrootwaarde
op vele gebiede van die grootmenswêreld. ‘n Kreatiewe
opvoeding lei nawyer denke; ommeer oopkop tewees in
die soekena oplossings vir probleme.
Hier volg ‘n paar wenke om kreatiwiteit by klein kinders te stimuleer
en teontwikkel:
Somoeilik aswat dit is, moet ouers soms terugstaan en toekyk hoe
hul kind foutemaak, eerder as om in temeng. Daar is soveel om uit
‘nmens se foute te leer en hoe jonger jy is, hoemeer gering sal die
gevolge wees. Kinders moet weet dat foute nie die einde van die
wêreld isnie,maarwel ‘n kansbiedvirweer probeer enverbetering.
Foute leer ‘n mens van kleintyd af dat daar gevolge is elke aksie
en dat ‘n mens beter keuses moet maak. Soms word kinders te
streng grootgemaak, waar die vrees om te misluk hul grootste
regterbreinvyand is, met die gevolg dat hulle kreatiwiteit hierdeur
ingehokword. Sulke kinders sal dit veiliger vindom “binnedieboks”
te leef wat die ouers vir hul daargestel het. Om te leer om buite die
boks tedink, kan ‘nnuweperspektief bied in soveel aspekte en klein
lesseop ‘n jongouderdom kan ‘nwaardevolle kreatiewe fondasie tot
standbringomhulle tehelp indiegrootmenswêreld.
Bied aan kinders hul eie keuses, al is dit buite dit wat as normaal
beskou word. As jou kind byvoorbeeld sop met ‘n strooitjie wil
drink, sien dit as ondervinding en moenie jou kind laat voel dat
daar iets fout is met hom/haar bloot omdat jy dit nog nooit vante-
vore self probeer het nie. Kindersmimiek dikwels hul ouers en as jy
asouer niegeseëndwasmet ‘nkreatieweopvoedingnie,moenie jou
kindook daarvanontneemnie.
Bied aan jou kind die geleentheid om alles te probeer deur doelbe-
wus iets kreatiefs saam aan te pak. Maak jou kind deel van wat jy
doen – al loop dit op ‘n gemors uit, sal die opoffering beslis die
moeite werd wees. As die jongeling wil tuinmaak, koop of maak
tuingereedskap waarmee hul gemaklik sal kan werk. Selfs “bak en
brou-“ of “spoeg enplak”-klasse kanwondere verrig vir jou.
Kreatiewe kwaliteittyd is baie belangrik, maar waak daarteen om
alles op joumanier tewil laat verloop. Omheeltyd in temeng, is nie
gesondnie. Dikwels kan al die “moets” en “moenies” ook ‘ndemper
wees op die ontwikkeling van ‘n kreatiewe kind. So dikwels wil ons
inmeng terwyl ‘n kind kreatief besig is en wil ons hul aanraai om
nie die bome blou in te kleur nie of om binne die lyne in te kleur. Lê
meer klem op die proses van inkleur en die lekkerte daarvan eerder
as die eindproduk. ‘n Meer kreatiewe benadering sal wees om die
kind te vra om self die prentjie te teken wat ingekleur moet word.
Dit is ookmeer van pas om vir ‘n kind te sê “verduidelik vir my jou
prentjie”…Eerder as om te sê “wat is dit?”
Almal floreer op komplimente en so ook kinders. Te veel kompli-
mente kan lei tot ‘n kind wat dinge sal doen bloot in ruil vir ‘n
kompliment. Om meer klem te lê op die aktiwiteit, bied aan jou
kindmeer vrye teuels om te doenwaarvan hy/sy hou.Woorde soos
“ek sien jy kleur lekker inmet die rooi potlood” is veel beter as om
jou kind te prys op grond van dít waarvan jy hou. Soms sal jou
kind ‘n prentjie aframmel net om ‘n kompliment en aanvaarding te
kry, in stede daarvan om die tekenproses te geniet en hom/haar-
self daardeur uit te leef.
‘n Deurmekaar “werkswinkel”-area stimuleer kreatiwiteit omdat die
kind enige tydnadie area kangaanom verder te verf, ofmet die klei
of boublokke te speel. So dikwels moet alle speelgoed weggepak
word vir ‘n volgende keer se speel. Uit die oog, uit die hart is ‘nbaie
gepaste gesegde wat spreek van die nadeel daarvan om alles weg
te pak. Die kans om kreatief te wees, moet altyd beskikbaar wees.
‘n Spesifieke kamer, waarvan die deur toegetrek kan word, is ‘n
broeikas vir kreatiwiteit eerder as vir slegte gewoontes. Kinders kan
elders indiehuis geleerwordomnetheid toe tepas.
Maak tyd gedurende die dag waar jy jou kind toelaat om alleen
kreatief te verkeer, om self te ontdek, te eksperimenteer en sy/haar
verbeelding te ontwikkel. Televisie roof kinders van hul eie denke
en verbeelding en moet tot ‘n mate beperk word. Baie kinders is
verveeldmet die afwesigheid van ‘n visuele, elektroniese skerm en
kan hulself nie op ‘n kreatiewemanier besig hou nie. Kreatiwiteit lei
tot kinderswat sommer baie lekker kan speel.
Dikwels kan duur, gekoopte speelgoed ook daarvoor verantwoor-
delik wees om jou kind se kreatiwiteit in te hok – veral as dit ‘n
spesifieke funksieverrig, ‘nsekerevormenkleur isen ‘nsekereklank
maak. ‘nPaar stokkewat die kind self uitgekiesenaanmekaar gebind
het, kan ‘n oulike vliegtuigwees en die kind kan self die klanke van
die enjins naboots. Die vliegtuig kan beplak of geverf word na sy
eie behoeftes. Twee spoelklippe met boomblare tussen-in, kan ‘n
oulike speeltoebroodjie wees en elke verskillende blaarkombinasie
kan ‘n nuwe resepwees. Lê klem op die kleiner dinge van die lewe
en veral op detail. Wolke wat soos figure lyk sal nuuskierigheid
prikkel en kinders laat wonder. Sonder die nodige bewusmaking
sal wolke altyd net wolke vir jou kind bly. Laat die kind self toe om
te sêwat hy/sy indiewolke sien.
Om kreatief te dink kan jou ook dalk net ‘n blaaskans gee om jou
koppie tee invrede tegeniet –endinknet, deur joukindsespeelgoed
weg te steek, hoef jyook nie saamwegkruipertjie vir diehonderdste
keer te speel nie!
Stimuleer só
k
r
e
a
t
i
e
w
e
o
n
t
w
i
k
k
e
l
i
n
g
inkinders
Vir navrae, skakel DavidViljoen vanMercuryDesigns by 011 894 2430 of
082 468 3142, of stuur vir hom ‘n e-pos na:
.
Gaan hou ook van ons
Facebook
-bladsy “Wysboek op Faceboek”
.
DAVIDVILJOEN,
kreatiewe landskapsontwerper en tuinboukundige
KREATIWITEIT
metDavid
Wysboek op
Facebook
93
July2014
1...,85,86,87,88,89,90,91,92,93,94 96,97,98,99,100
Powered by FlippingBook