SA Graan April 2014 - page 50

April 2014
48
OP PLAASVLAK
Plaagbeheer
Elke waterbron het unieke chemiese eienskappe en bevat
variërende hoeveelhede soute en het ‘n unieke pH (suur-/
alkaliniteitgehalte). Beide opgeloste soute en water-pH kan die
aktiwiteit van ‘n groot verskeidenheid onkruid- en plaagdoders
verlaag tot vlakkewat swak beheer tot gevolg het. Daar is egter
doeltreffendemaniereomdienegatiewe invloed van spuitwater
te oorkom – sienDeel 15 van hierdie artikelreekswat handel oor
byvoegmiddels vir die uitskakeling van nadelige waterkwaliteit
enoptimalewerking vanonkruiddoders.
Die hidrofiliese- (“waterliewende”)/hidrofobiese- (“water-af-
stotende”) balans van ‘n onkruiddoderformulering is bepalend
van hoe en teen watter tempo die opname (absorpsie) van
die aktiewe bestanddeel by plante plaasvind. Hierdie balans
word deur ‘n bepaalde kombinasie van sekere chemikalieë in
‘n formulering bereik en is gemik op die optimale opname van
aktiewe bestanddele (onkruiddoders) deur plante – daar moet
gestreefwordomnie téminvandieaktiewebestanddeel teen ‘n
té stadige tempo op te neem nie, maar ook nie té veel té vinnig
nie. Laasgenoemde klink dalk soos ‘n teenstrydigheid, maar
indien ‘n groot hoeveelheid van ‘n sistemiese onkruiddoder ‘n
onkruidplant se blare te vinnig sou binnedring, kan dit blaar-
weefsel so vinnig aantas dat translokasie en verdere skade
binne-indieplant belemmer kanword.
Toediening
By toediening van onkruiddoders is dit uiters belangrik dat
voorskrifte op produketikette nougeset gevolg word. Al die na-
vorsing en ontwikkeling van ‘n produk kan omvergewerp word
en daarmee saam die effektiewe werking daarvan, indien on-
geregistreerdemengselsvanprodukteberei en toegedienword.
Tenkmengsels van verskillende onkruiddoders kan óf ‘n
sinergistiese effek (uitwerking is groter as somtotaal-effek van
die mengselkomponente), óf ‘n additiewe effek (uitwerking is
soortgelyk aan die somtotaal-effek van mengselkomponente),
óf ‘n antagonistiese effek (uitwerking is betekenisvol kleiner
as somtotaal-effek van mengselkomponente). In die geval van
antagonistiese interaksie tussen tenkmengselbestanddele is
chemiese reaksies gewoonlik verantwoordelik vir verlies aan
stabiliteit/werking van die aktiewe bestanddele. Daarom is dit
uiters belangrik om te hou by geregistreerde tenkmengsels wat
opproduketikette voorgeskryf word.
Voorgeskrewe spuitvolumes (liter spuitstof per hektaar toe-
gedien) verskil van produk tot produk en van toepassing tot
toepassing. Produketikette bevat hierdie inligting wat geba-
seer is op duur navorsing deur ten minste die oorspronklike
vervaardiger en/of registrasiehouer van ‘nproduk. Beide tégroot
en té kleinvolume spuitstof per hektaar kan swakonkruidbeheer
tot gevolg hê en onder sekere omstandighede kan dit selfs die
risiko vir gewasskade vergroot. Onthou, daar is twee seker
maniere waarop onkruiddoders gewasopbrengs kan benadeel:
(1) Swak onkruidbeheer wat oesopbrengs verlaag; en (2) direkte
beskadiging van die gewas deur ‘n onkruiddoder weens gebrek
aandie selektiewewerkingdaarvan.
Hoëdruktrekkerspuite wat onkruiddoders teen minder as
100 liter spuitstof per hektaar toedien en dan nog teenmeer as
20kmperuuroordie landbeweeg,houonderbepaalde toestande
die risiko van onvoldoende onkruidbeheer in. Toediening met
vliegtuie (vastevlerk/mikrolig/helikopters) hou die risiko van
spuitneweldrywing na aangrensende (nie-teiken) gewasse en
ander gewensteplante in.Maak seker dat dieprodukwat gespuit
word wel vir die gekose manier van toediening geregistreer is
– lees dieproduketiket.
Vir meer inligting oor toedieningsapparaat en -metodes asook die
“moets enmoenies” daaraan verbonde, word lesers attent gemaak
op die kursus “Toedieningstegnologie vir oesbeskerming” wat deur
Gerrit vanVuurenbyVillaAcademy aangebiedword.
1
3
2
Saambeelddiédrie foto’s die totalewaardekettinguit: Van formulering tot vulling
vanprodukhouers endan toediening.
Foto’s: FountainChemicals
KEN JOUONKRUIDDODER
1...,40,41,42,43,44,45,46,47,48,49 51,52,53,54,55,56,57,58,59,60,...92
Powered by FlippingBook