SA Graan April 2014 - page 49

–Deel 19
CHARLIE REINHARDT,
buitengewone professor, Universiteit van Pretoria en dekaan: VillaAcademy
OP PLAASVLAK
Plaagbeheer
Watter rol speel produkformulerings en toediening?
ONKRUIDDODER
Ken jou
Reeks
v
ir enige onkruid- en plaagdoder om effektief te wees,
moet daar basies drie vereistes nagekomword:
‘n Drempelwaardehoeveelheid van die aktiewe
bestanddeel moet so spoedigmoontlik die setel van
aksie indie teikenorganismebereik.
Die samestelling of formulering van die produk
moet stabiliteit en optimale werking van die aktiewe
bestanddeel (bestanddele) verseker, beidevoor enná
toediening vandieproduk.
Geeneen van die bestanddele van ‘n produkformulering kan ‘n
blywendenadeligeuitwerkingopdieomgewinghênie.
Indie voorafgaande vier artikels (Deel 15 tot Deel 18) is die rolle van
onderskeidelik byvoegmiddels, beveiligingsmiddels, selektiwiteit
en grondeienskappe by die werking van onkruiddoders bespreek.
Grondliggend tot daardie besprekings was hoe noodsaaklik dit is
om die onkruiddoder so spoedigmoontlik by die setel vanwerking
binne-indieonkruidplant te kry.
Opname (absorpsie) van onkruiddoders deur plante is in vorige
artikels aangeraak en nou fokus ons op die rolle van produkformu-
lering endiemanier van toediening.
Produkformulerings
Fundamenteel tot die produksie van effektiewe onkruid- en plaag-
doders is formulering in die fabriek. In die landbouchemiese
industrie behels formulering die daarstelling van ‘n produk deur die
navolging van ‘n formule, iets wat duidelik en baie presies beskryf
word – ’n resepwaarvolgens ‘n produk saamgestel word. Die resep
is noodsaaklik om te verseker dat ’n produk oor en oor vervaardig
kanwordmetminimale en verkieslik geen variasienie.
Aktiewe bestanddele is nou wel die belangrikste element van
‘n produkformulering, maar is geensins die enigste komponent
van ‘n produk nie. In meeste gevalle sal die aktiewe bestanddeel
nutteloos wees sonder sekere ander bestanddele wat volgens ‘n
bepaalde resep saamgevoeg is. Die kunsenwetenskapomprodukte
volgens resepte te formuleer, ‘n proses wat hierdie bestanddele in
‘nbruikbare vormomskep, word formulering-ontwikkelinggenoem.
Verskeiesoorteonkruiddoderformulerings isbeskikbaarensommige
is meer gewild as ander. Gebruikerskeuse berus op kriteria, soos
historiese gebruik, gerief van gebruik, effektiwiteit van die produk,
veiligheid en koste.
Beide vastestof- en vloeistofformulerings word algemeen gebruik.
Die mees algemene vastestofformulering is benatbare poeiers
(BP) en watertoebereibare korrels (WTK). ‘n Groot verskeiden-
heid vloeistofformulerings is in gebruik: Wateroplossings (WO),
emulsifiseerbare konsentrate (EK), suspensie-konsentrate (SK),
emulsie-in-water (EW) en suspensie-emulsie (SE).
Bogenoemde tipe formulerings verskil baie wat betref fisies-
chemiese eienskappe en ingewikkeldheid om te vervaardig, wat
direkverbandhoumet kostevanvervaardiging. Elkeenhet spesifieke
toepassingswat weens temin spasie nie hier breedvoerigbehandel
kanwordnie.
Vir meer inligting word lesers verwys na ‘n kursus genaamd
“Beginsels van formuleringsontwikkeling” wat deur Peter Nagy by
dieVillaAcademy aangebiedword.
Die volgende faktore bepaal die stabiliteit en funksie van
produkformulerings:
Die aard en hoeveelheid komponente van ‘n formulering kan dit
‘n komplekse kombinasie van bestanddele maak. Byvoorbeeld:
‘n Tipiese suspensiekonsentraat (SK) is saamgestel uit die
volgende komponente: Aktiewe bestanddeel (bestanddele), be-
natting- en verspreidingsmiddel(s), skuimbeheermiddel(s), teen-
vriesmiddel, enverdikker(s)wat dieviskositeit vandie suspensie
verhoog en dus die suspensie van fyn, soliede deeltjies ver-
hoog. Eienskappe van ‘n goeie suspensiekonsentraat sluit in:
Langtermynstoorvermoë, behoudvanbeide chemieseen fisiese
integriteit (geenverlies inaktiwiteit engeenskeidingof afsakking
van bestanddele nie), goeie stabiliteit in water met verskillende
grade vanhardheid enby ‘nwye reeks temperature.
Atrazine- en terbuthylazine-suspensiekonsentrate is tipiese voor-
beelde waar ongeveer 50% van produkinhoud die aktiewe be-
standdeel (die onkruiddoder) is en 50% ander bestanddele (sien
hierbo) wat die optimalisering van onkruiddoderstabiliteit en
-werking ten doel het. Tipiese bewoording op die etiket van so
‘n produk is soos volg: “AKTIEWE BESTANDDEEL”: Atrasien
(triasien), 488gram/liter; ander triasiene, 12gram/liter.
Waterkwaliteit is van uiterste belang omdat water die draer-
vloeistof vir toediening van die oorgrote meerderheid on-
kruid- en plaagdoderprodukte is. Uitsonderings hierop is die
baie klein getal poeier- en korrelformulerings wat nie water vir
toedieningbenodignie.Metwater asdraer kandie totalevolume
spuitmiddel of spuitstof in die spuittenk varieer tussen 30 liter
per hektaar vir lugtoediening totmeer as 10000 liter per hektaar
in sekere boorde – in van hierdie volumes beslaan die aktiewe
bestanddeel (bestanddele) ‘n baie klein fraksie, byvoorbeeld
enkele gramme tot 1 kg. Onkruiddoders word in die meeste
gevalle toegedien inminder as 300 literwater per hektaar.
Water is by verre die beste draer van onkruid- en plaagdoders
omdat dit die natuur se mees veeldoelige oplosmiddel is wat
boonop volop en relatief goedkoop is. Waterkwaliteit hou
sekere risiko’s in vir die stabiliteit en werking van die aktiewe
bestanddele vanprodukte.
47
April 2014
1...,39,40,41,42,43,44,45,46,47,48 50,51,52,53,54,55,56,57,58,59,...92
Powered by FlippingBook