Previous Page  7 / 33 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 7 / 33 Next Page
Page Background

7

Hoofstuk 5

se bates te gelde gemaak en die opbrengs daarvan binne die nuwe organisasie

aangewend sou word.

Gedurende die tydperk Januarie tot April 1999 het die besluitnemingstrukture van

die onderskeie organisasies ingevolge hulle konstitusionele vereistes goedkeuring

en finale mandate verleen dat met die eenwordingsproses voortgegaan kan word.

STIGTING VAN GRAAN SA

Stigtingskongres

Daar is besluit dat die stigtingskongres van die nuwe organisasie op 10 Junie 1999

gehou sou word. Dit sou voorafgegaan word deur die ontbindingskongresse van

NAMPO, NOPO, die WPO en die SPO op 9 Junie 1999.

Kennis van die stigting van die nuwe organisasie is teen einde Maart 1999 aan

al die lede van NAMPO, NOPO, die SPO en WPO gegee. Kennisgewings van die

afsluitingskongresse van die vier organisasies is aan elke organisasies se eie lede

gestuur. NAMPO en NOPO se afsluitingskongresse is by NAMPO Park naby Botha­

ville gehou en dié van die WPO en SPO te Pretoria.

Al die afgevaardigdes na die onderskeie organisasies se afsluitingskongresse

was uitgenooi om die nuwe organisasie se stigtingskongres op 10 Junie 1999 as

waarnemers by te woon. Elkeen van die organisasies het ook die geleentheid ge-

had om ʼn aantal eregaste en waarnemers te benoem wat daarheen uitgenooi is.

Die Kongres is saamgestel uit afgevaardigdes wat op ʼn streeksbasis benoem is,

gebaseer op die produksiebasis van die onderskeie kommoditeite. ’n Beginsel

is ook aanvaar dat ʼn onafhanklike persoon sal optree om die verrigtinge tydens

die stigtingskongres op 10 Junie 1999 te koördineer. Mnr Peet van Zyl van die

prokureursfirma Hofmeyr Herbstein is daarna aangewys om as onafhanklike Voor-

sitter van die Kongres op te tree totdat die Kongres behoorlik gekonstitueer en ʼn

Voorsitter en Ondervoorsitter vir die nuwe organisasie verkies is.

Die Stigtingskongres het, soos beplan, op 10 Junie 1999 by NAMPO Park plaasgevind.

Tydens die Kongres is die volgende ampsdraers verkies:

• Mnr Japie Grobler (onbestrede) – Voorsitter

• Mnr Bully Botma (na verkiesing) – Visevoorsitter

Mnr Weyni Deysel, spotprenttekenaar vir

meer as 23 jaar vir

Mielies/Maize

en later

SA Graan/Grain

, het die gees van eenwor­

ding in die graanbedryf skerp raakgevat in

hierdie spotprent wat in November 1999

verskyn het. Mnre Pieter Morkel (SPO), Gert

Pretorius (NOPO), Andries Beyers (WPO) en

Japie Grobler (NAMPO) vat hande.

Mnr Peet van Zyl, wat as onafhanklike

Voorsitter van die GPO se eerste kongres

opgetree het totdat dit behoorlik gekon-

stitueer is en nuwe leierskap verkies is.