Previous Page  33 / 33
Information
Show Menu
Previous Page 33 / 33
Page Background

33

Hoofstuk 5

word deur die nuusbrief gekommunikeer. Die nuusbrief word ook op die webtuiste

gepubliseer. Die

Graan SA Nuusflits

word ingespan om dringende, belangrike en

relevante inligting – soos landbouproduksietoestande – aan lede te versprei.

Radio

ʼn Tweeweeklikse RSG-radioprogram word deur die skakelbeampte bestuur en

daar word met die reël van onderhoude van Graan SA-dagbstuurslede op verskeie

radiostasies en uitsaaimedia gehelp. ʼn Radioveldtog is in 2015 geïmplementeer

wat op Engelssprekende stedelike belanghebbendes fokus. Tydens ’n landboube-

wustheidsveldtog is uitsaaigleuwe op 702 Talk Radio verkry.

Gedrukte publikasies

Met ʼn deurlopende fokus op die produsentelede van Graan SA as primêre teikenge-

hoor, is deur middel van

SA Graan/Grain

-tydskrif voortgebou op die sukses

van

Mielies/Maize

as mondstuk van die organisasie, maar ook as as gerespek-

teerde vaktydskrif van die graan- en oliesadebedryf. Die Ontwikkelende Land-

bouprogram publiseer maandeliks die

Pula Imvula

-nuusbrief – ’n publikasie wat

in sewe tale vertaal word en op ontwikkelende produsente gemik is. Graan SA

publiseer ook die jaarlikse

Graangids

, wat nuttige kontakte en artikels oor saad,

werktuie, bemesting, geïntegreerde plaagbeheer, lewendehawe, geld en finan-

siële dienste en – laaste maar nie die minste nie – inligting oor Graan SA bevat,

asook belangrike kontakte en ’n bygewerkte kalender vir die komende jaar.

Graan SA se jaarverslag, wat tydens Kongres dien, bevat volledige terugvoer oor

die werksaamhede van die gekose leierskap en personeelkorps gedurende die jaar

onder oorsig en sluit die geouditeerde finansiële resultate in. ’n Aantal tema-ge-

fokusde pamflette vir spesifieke teikengehore word jaarliks geproduseer.

Ter ondersteuning van Graan SA se skakelaksies gemik op regeringsrolspe-

lers, is ʼn publiseringsooreenkoms met Cape Media aangegaan in 2012 vir die

tweemaandelikse publisering van

Harvest SA

. ʼn Bydrae is sodoende gelewer

om ʼn groter bewustheid van die graanbedryf en sy uitdagings by die teiken-

mark te skep, waarna die ooreenkoms in 2015 ten einde geloop het.

Advertensieveldtogte

ʼn TV-advertensieveldtog wat op regeringsrolspelers gemik is, is gedurende 2013

van stapel gestuur. Die boodskap van die veldtog het gehandel oor die rol van land-

bou in voedselsekerheid asook die impak van samewerking oor ’n breë spektrum.

JULY

2016

PULA

IMVULA

>>GROWING FOOD>>GROWINGPEOPLE>>GROWINGPROSPERITY>>

’n TV-advertensieveldtog is in 2013 geloods.

’n “Landbou gee lewe”-veldtog en TV-advertensie

is in 2015 geloods.