Previous Page  3 / 33 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 33 Next Page
Page Background

3

Hoofstuk 5

Die NOPO Hoofbestuur het die beginsel van samewerking op 14 Oktober 1997

goedgekeur terwyl NAMPO se Hoofbestuur intussen ’n besluit geneem het om

samewerking te ondersteun. Beide organisasies se voorsitters, naamlik mnre Gert

Pretorius en Japie Grobler, het die amptelike samewerking tussen die twee organi-

sasies op 24 November 1997 by wyse van ʼn mediaverklaring bekend gemaak.

Die volgende inhoud van die mediaverklaring som die redes vir en besonderhede

van die samewerking ten beste op:

“Die realiteite van die bedryfsomgewing waarin oliesade- en mielieprodusente

moet oorleef, het hierdie besluit ’n logiese stap gemaak. Beide oliesade- en mie­

lieprodusente het te make met hoë insetkoste, mededingende internasionale mark-

te, ’n vrye en vloeibare binnelandse mark sowel as ’n verswarende staatkundige

omgewing waar die Wetgewer in die proses is om wetgewing te verander wat die

landbougemeenskap se lewensruimte en vermoë onder toenemende druk plaas.

Hierdie besluit is verder gemotiveer deur die feit dat mielies en oliesade dikwels

deur dieselfde produsent op dieselfde plaas verbou word.

Met die nuwe Bemarkingswet wat die boeregemeenskap in ’n groot mate ontneem

het van ’n effektiewe meganisme om bedryfsorganisasies sowel as algemene

dienstebene van landbou te finansier, het dit ook noodsaaklik geword dat be-

perkte bronne optimaal benut sal word. NAMPO en NOPO het aldus besluit om

beide kundigheid, leierskap, infrastruktuur en beskikbare finansies so te bestuur

dat dit tot die wedersydse voordeel van mielie- sowel as oliesadeprodusente

sal wees.

Met inagneming van die gemeenskaplike behoeftes aan dienslewering en inligting

by mielie-, sojaboon-, grondbone- en sonneblomprodusente is die beginsel deur

die Hoofbesture van sowel NOPO as NAMPO aanvaar en dat die twee bedryfsor-

ganisasies se aktiwiteite, met behoud van eie identiteit, gekoördineer sal word in

die beste belang van produsente wat deur beide organisasies bedien word.

Die volgende funksies sal so spoedig moontlik geïntegreer word: Produksienavor­

sing, insetnavorsing, marknavorsing, algemene administrasie, lede-administrasie

en skakeldienste.

Die ledebasis van NOPO en NAMPO sal egter afsonderlik bestuur word, omrede

mielie- en oliesadeprodusente steeds ’n deel aan ledegelde sal moet bydra om

die nuwe dienstestrukture te befonds. Beide mielie- en oliesadeprodusente sal

dus deur ledegelde bydra tot die sukses van ’n nuwe NAMPO en NOPO. Deur

samewerking word ’n duplikasie van dienste egter uitgeskakel en sal dienste voort-

aan kan fokus op werklike behoeftes van mielie- en oliesadeprodusente.

’n Spotprent in

SA Graan

/

Grain

van Desem-

ber 1997 beeld die samewerkingsooreen-

koms uit wat toe sopas deur NAMPO en

NOPO bereik is.