Previous Page  12 / 33 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 33 Next Page
Page Background

die

graan- en oliesadebedryf

van suid-afrika – ‘n reis deur tyd

12

Graan SA-logo – Kreatiewe verduideliking

Die kleure groen, bruin en geel is gebruik om die grond (bruin), groei (groen)

en die son (geel) uit te beeld. Die logo is in die vorm van ’n gerf, maar dit stel

ook landerye voor met die son wat daarop skyn – en bydra tot groei en voort-

bestaan. Die twee “skutblare” aan die bokant verteenwoordig die oorsprong

(saad) van die plant, wat oopbreek en ’n nuwe plant (groei) voortbring. Die son

wat oor die landerye opkom, skep die illusie van hoop, groei en vooruitgang.

Die tweede vlak van simboliek beeld waardes uit waarop Graan SA gebou

is. So bevestig die verskillende kleure van die “landerye” dat hierdie orga-

nisasies daar is om die graanprodusent op verskillende vlakke te ondersteun.

Die son en vrye beweging van die logo-ontwerp dui daarop dat Graan SA

gefokus is op die volhoubare voortbestaan van die graanprodusent en land-

bou in Suid-Afrika.

Administrasie

NAMPO se bestaande strukture is deur die GPO aangewend en NAMPO se kantore

te Bothaville het as die hoofkantoor daarvan gedien, met ʼn aanvanklike satelliet-

kantoor in Pretoria.

Mnre Nico Vermaak (voormalige Hoofbestuurder van NOPO) en Nico Hawkins

(voormalige Hoofbestuurder van die WPO) is ook in die struktuur van die GPO op-

geneem en het na die hoofkantoor te Bothaville verskuif, terwyl mnr Johan Swarts,

Bestuurder van die SPO, diens in die satellietkantoor in Pretoria aanvaar het.

Van Zyl is as die eerste Hoofbestuurder van die GPO aangestel. Teen April 2000 het

sy bestuurspan uit die volgende persone bestaan:

• Dr Kit le Clus (Navorsing en Ontwikkeling)

• Mnr Fanie Brink (Bedryfsbediening)

• Mnr Johan Loxton (Kommersiële Ondernemings)

• Mnr Nico Vermaak (Bestuurder Administrasie)

• Me Rita de Swardt (Rekenmeester)

Mnr Fanie Brink

Mnr Giel van Zyl

Dr Kit le Clus