Previous Page  4 / 33 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 4 / 33 Next Page
Page Background

die

graan- en oliesadebedryf

van suid-afrika – ‘n reis deur tyd

4

Daar is ook besluit dat voortgegaan word met die rasionalisering van kantore, toe-

rusting en personeel te Pretoria, en dat met die oog op die gebruik van raadsaal-

geriewe in die ou Mielieraadgebou, voorkeur aan die verkryging van kantore in

daardie gebou gegee sal word. Die NOPO-Hoofkantoor sal dus steeds in Pretoria

gehuisves word.

’n Volledige besigheidsplan met kostestrukture sal tydens die komende kongresse

van NOPO en NAMPO aan produsente vir goedkeuring voorgelê word.”

Beide Grobler en Pretorius het hul tevredenheid uitgespreek met die besluite wat

deur die onderskeie Hoofbesture geneem is en die vertroue uitgespreek dat die

nuwe bedeling daartoe sal lei dat ʼn meer effektiewe en kostedoeltreffende diens

aan produsente gelewer kan word.

Besluitneming en mandate vir eenwording

Tydens die NOPO Kongres in Februarie 1998, is ʼn mandaat aan die Hoofbestuur

van NOPO verleen, om voort te gaan met samesprekings met NAMPO en ander

bedryfsorganisasies, met die doel om ʼn enkel-bedieningstruktuur vir graanpro-

dusente te vestig. Die Dagbesture van NOPO en NAMPO het op 19 Augustus 1998

te Bothaville ontmoet, waartydens besin is oor sleutelelemente om die eenwor­

dingsproses te laat slaag.

Die NOPO Dagbestuur is verteenwoordig deur:

• Mnr Gert Pretorius (Voorsitter)

• Mnr Lourie Bosman (Visevoorsitter)

• Mnr Adriaan Ferreira (Voorsitter: Grondbone)

• Mnr Jan Grobler (Voorsitter: Sonneblom)

• Mnr Frans Potgieter (Voorsitter: Sojabone)

Die NAMPO Voorsitterskomitee is verteenwoordig deur:

• Mnr Japie Grobler (Voorsitter: NAMPO)

• Mnr Bully Botma (Visevoorsitter: NAMPO)

• Mnr Neels Ferreira

• Mnr Jub Jubelius

• Mnr Kevin Starke

• Mnr WH van Zyl

• Mnr JA Barnard

Die NAMPO Voorsitterskomitee afgeneem tydens die afsluitingskongres. Van links:

mnre Japie Grobler, Jub Jubelius, Neels Ferreira, Kevin Starke, WH van Zyl, Apie Barnard

en Bully Botma.