Previous Page  11 / 33 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 33 Next Page
Page Background

11

Hoofstuk 5

Wegbreeksessies

Die Kongres het ook in wegbreeksessies vir die onderskeie kommoditeite verdeel.

Tydens hierdie geleentheid, is persone deur die onderskeie wegbreekgroepe op ’n

ranglys genomineer, as kundiges vir die onderskeie bedrywe. Waar nodig, is hier-

die persone daarna in van die Spesialiswerkgroepe gekoöpteer.

Eenheid

Een van die vele voordele wat die stigting van Graan SA ingehou het, was dat al die

graanprodusente in Suid-Afrika daarna deur een organisasie verteenwoordig is.

Dit was veral belangrik met skakeling en onderhandelings met die Regering, omdat

dit ʼn eenheidsfront namens al die graan- en oliesadeprodusente met die Regering

geskep het.

Deur die eenwording is kundigheid wat oor baie jare in die leierskorps en personeel

opgebou is, in een organisasie saamgevoeg met ooglopende voordele. Verskil-

lende bedieningstrukture is saamgevoeg tot voordeel van al die lede, byvoorbeeld

die tydskrifte, NAMPO Oesdag, makelaarsdiens en verskaffing van markinligting.

Eenwording het op grondvlak ook bygedra tot die ontwikkeling van ʼn eenheids-

gevoel onder produsente oor die verskillende graansoorte se grense heen.

Identiteit

Versoek vir naamsverandering deur Hoofbestuur

Tydens die vergadering van die nuwe Hoofbestuur op 19 Augustus 1999, is debat

gevoer oor die benaming van die “Graanprodusente-organisasie”.

In die betrokke notule word aangehaal dat mnr Kevin Starke vermeld het dat die

naam GPO “hom nie lekker op die oor val nie”. Hy het versoek dat alternatiewe

oorweeg word.

Op voorstel van mnr Andries Beyers en gesekondeer deur Starke, is besluit dat

die naam “Graan Suid-Afrika/Grain South Africa” met die afkorting “GSA” as nuwe

naam aanvaar word. Daar is versoek dat ʼn voorstel in hierdie verband aan die Kon-

gres in 2000 voorgelê sal word.

Tydens ʼn opvolgende vergadering van die Hoofbestuur op 21 Oktober 1999, het

Van Zyl gerapporteer dat die benaming “Graan Suid-Afrika/Grain South Africa” en

die afkorting “GSA”, wel beskikbaar is en as handelsmerk vir die nuwe organisasie

geregistreer kan word.

Terugvoer is ook gebied dat die naam “

SA Graan/Grain”

vir die tydskrif geregi-

streer is en dat ʼn nuwe mashoof vir die blad ontwikkel word. Die nuwe mashoof vir

die tydskrif is op 1 Januarie 2000 in gebruik geneem.

Kongresbesluit: Aanvaarding van “Graan Suid-Afrika/

Grain South Africa” as nuwe benaming

Die Kongres is op 8 Maart 2000 meegedeel dat die Hoofbestuur ʼn besluit oor die

naam van die organisasie moes neem.

Me Milanie Vosloo, die Besturende Direkteur van Ad-UPPE Advertising, het die

nuwe korporatiewe identiteit en logo vir “Graan Suid-Afrika/Grain South Africa”

aan die Kongres bekendgestel.

Uit die Kongresnotule, blyk dit dat die Kongres besluit het om die naam “Graan Suid-

Afrika/Grain SouthAfrica” te “ratifiseer” en die stappe soos reeds deur die Hoofbestuur

geneem is om handelsmerke ter beskerming van die naam te verkry, te “kondoneer”.

Die Kongres het ook die korporatiewe identiteit en logo vir Graan SA, goedgekeur.

Daarmee was die proses vir die oorgang en vestiging van die nuwe graanbedryfs­

organisasie bekend as “Graan SA”, afgehandel. ʼn Eie logo vir die

SA Graan/Grain

-

tydskrif is ook in die vroeë 2000’s deur Uppe Marketing ontwerp.

Mnr Gert Pretorius

Mnr WT Myburg

Mnr Welcome Ngxekana

Mnr Basie Nstimane