Previous Page  9 / 33 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 9 / 33 Next Page
Page Background

9

Hoofstuk 5

laat weet sy bede is dat hierdie regering vinnig tot sy sinne kom en besef

Suid-Afrika is ’n skynende lig in donker Afrika omdat hy oor ’n wonderlike

landbousektor beskik.

Ernesto Chicucuma, Voorsitter van NAMPO se eweknie in Angola, se brief

het dit bevestig: Sê asseblief hardop aan jul kongres ons wil jul vriende

wees en met julle saamwerk. Sonder ’n gesonde landbou kán Afrika nie

groei nie.

Ja, só ver loop die legende van Suid-Afrikaanse landbouers reeds in Afrika.

En toe die groot paartie die aand – kompleet met Suid-Afrika se weergawe

van Vanessa Maye, ’n blondekop uit die Goudstad wat die uitgelese gaste

in die Fanie Ferreira-saal so vrolik opgesweep het dat Bully Botma later

instinktief op die tafel begin klavier speel het. Regtig ’n voortreflike affêre.

Nou wag die groot uitdaging: Om die verskillende perde saam aan hierdie

graanwa te laat trek.

Terwyl by dié punt: Manie weet NAMPO was van die begin af die amal-

gamasievoertuig vir eenwording en Japie Grobler was die logiese keuse

vir Voorsitter, maar sou dit nie raadsaam gewees het om vooraf bietjie te

koukus en as welwillendheidsgebaar te sorg dat een van die ander graan-

leiers minstens tweede in bevel was nie?

Verstaan my baie mooi. Dit gaan hoegenaamd nie oor Bully Botma as sulks

nie. Manie het vir hom as mens en leier baie groot agting. Boonop het

hy hom nie self tot Ondervoorsitter verkies nie. Dit was `n demokratiese

besluit, en ’n volstrekte meerderheidseen daarby. Maar sou byvoorbeeld.

’n koringman in die tweede posisie nie net ’n soveel sterker boodskap van

eenheid en koalisie uitgestuur het nie?

Ewenwel, Manie het g’n twyfel dat die nuwe bestuur hul arms stompies

sal werk om aan elke bedryf sy plekkie in die son te gun en hulle as span in

belang van graanboere te laat voortstoom nie.

Die kundigheid, geesdrif en mensemateriaal is daar. Die geloof is daar

– daarvan getuig die herhaaldelike verwysings na produsente se afhanklik-

heid van die Groot Saaier.

Die leierskap om die NGO wydsbeen oor Suidelike Afrika te laat staan, is

daar. Met ’n immer positiewe Japie Grobler aan die stuur gaan hierdie baba

hopelik loop nog voor hy kan kruip, bulder nog voor hy kan praat.

Voorspoed, vrinne! Landbouweekblad druk graag saam in dié nuwe oond.

Terloops, as Manie reg verstaan, gaan die benaming Nasionale Graanpro-

dusente-organisasie (NGO) tydelik geld tot die NGO se eerste volwaar-

dige kongres, waarna weer oor ’n naam besin sal word. Wat van Graan SA

– veral as ons voortaan ook ons invloed oor die landsgrense wil laat geld?

Voorstelle asseblief!

Verkiesing van Hoofbestuur

Die volgende persone is deur Kongres as lede van die Hoofbestuur verkies, naamlik:

• Streek 1: KA Starke

• Streek 2: JA du Plessis

• Streek 3: JA Barnard

• Streek 4: FJH Pretorius

• Streek 5: DJN Mathews

• Streek 6: PJA Meiring

• Streek 7: H Otto

Die eerste Voorsitter van Graan SA, mnr

Japie Grobler, pryk by die organisasie se

goedgekeurde logo in April 2000.