Previous Page  2 / 33 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 2 / 33 Next Page
Page Background

die

graan- en oliesadebedryf

van suid-afrika – ‘n reis deur tyd

2

GRAAN SA

Stigting en vestiging van

NAMPO het dit vanmeet af aan as een van sy doelwitte ontwik-

kel om samewerking tussen al die produsente-organisasies in

die graan- en oliesadebedrywe in Suid-Afrika te bewerkstellig

en het met verloop van tyd die inisiatief geneem om gesprekke

daaroor met die ander produsente-organisasies aan te knoop.

SAMESPREKINGS TOT VORMING VAN DIE

GRAANPRODUSENTE-ORGANISASIE (GPO); 1999/2000

Samewerking was as belangrik beskou ten einde die behoeftes en uitdagings wat

voortdurende veranderings in die bedryfsomgewing teweeggebring het, op ʼn geor-

ganiseerde en gekoördineerde wyse te kon aanspreek. Die beweging na samewerking

is ondersteun deur die feit dat die produsente-organisasies se funksies tot ʼn groot

mate oorvleuel het, wat ʼn onnodige duplisering van kostes meegebring het. Boonop

het die meeste akkerbouprodusente meer as een gewas verbou, maar ten opsigte van

die verskillende gewasse is hulle deur verskillende organisasies verteenwoordig.

In die algemeen het die verandering van die Regering in Suid-Afrika in 1994 en die

gepaardgaande nuwe beleidsrigtings dit gewens gemaak dat ʼn groter eenheids-

front gevorm word om akkerbouprodusente se belange te beskerm. Veranderings

in bedryfsvereistes en die landbou-omgewing in die algemeen het groter spesiali­

sasie vereis en daar was net nie genoeg kundiges beskikbaar sodat elke bedryf sy

eie spesialiste kon aanstel nie.

NAMPO het die noodsaaklikheid besef dat een organisasie daargestel moes word

wat alle kommersiële graan- en oliesadeprodusente kon verteenwoordig. Die leiers

in so ʼn bedeling moes deur die produsentelede daargestel en bemagtig word om

volgens hulle mandaat te kan optree.

Eerste doelgerigte gesprekke oor samewerking wat tussen NAMPO en NOPO

gevoer is, het van die begin af positief verloop. Aanvanklik was die gesprekke met

die WPO en die SPO minder positief. NAMPO het egter volhard met sy pogings

en die boodskap deurgedra dat die vele gemeenskaplike faktore wat op daardie

stadium afsonderlik deur die verskillende bedrywe hanteer is, gesamentlik meer

effektief aangespreek kon word.

Die gesprekke tussen die organisasies het aanvanklik net oor samewerking ge-

handel, totdat mnr Andries Beyers, die Voorsitter van die WPO, tydens ʼn verga-

dering te Kroonstad die mening uitgespreek het dat die gesprek eintlik nie oor

samewerking moet gaan nie, maar wel oor eenwording, oftewel samesmelting.

Dit het die besef by die betrokkenes aangewakker dat eenheid belangriker was as

slegs samewerking. Die benadering tydens gesprekke daarna het gevolglik ver-

skuif van moontlike samewerking tot moontlike samesmelting.

Gesprekke oor samewerking tussen NAMPO en NOPO

Reeds vanaf Maart 1997 is formele gesprekke op sowel administratiewe as beleidsvlak

tussen NAMPO en NOPO gevoer met die doel om modelle vir toekomstige samewer-

king tussen die twee organisasies te ontwikkel. Dit was van meet af aan duidelik dat

NAMPO en NOPO baie gemeen gehad het, aangesien hulle die visie gedeel het om die

ekonomiese lewensruimte van mielie- en oliesadeprodusente te bevorder.