Previous Page  6 / 33 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 33 Next Page
Page Background

die

graan- en oliesadebedryf

van suid-afrika – ‘n reis deur tyd

6

Ontmoeting tussen NAMPO en WPO

Op 21 September 1998 het die Dagbesture van NAMPO en die WPO te Bothaville

vergader met die doel om samewerking tussen die verskillende akkerbouprodu-

sente-organisasies te bespreek. Tydens die vergadering is konsensus bereik dat ʼn

proses van eenwording gevolg moet word ten einde uiteindelik slegs een produ-

sente-organisasie vir akkerbouers in Suid-Afrika tot stand te bring. Mnre Andries

Beyers en Nico Hawkins is deur die WPO benoem om op die Stuurkomitee te dien.

Tydens die vergadering is ook versoek dat gesprekke met die SPO aangeknoop

moet word met die oog op hulle moontlike inskakeling by die proses. Voort-

spruitend uit die gesprekke wat Van Zyl daarna met die SPO gevoer het, het

verteenwoordigers van daardie organisasie deelgeneem aan ʼn beplannings-

vergadering met die organisasies se Dagbesture op 17 November 1998 waar-

tydens die Voorsitter van die SPO, mnr Pieter Morkel, bevestig het dat die SPO

die eenwordingsproses ondersteun.

Op 17 November 1998 het die Dagbesture van NAMPO, NOPO, die WPO en die

SPO in die NAMPO Raadsaal te Bothaville ontmoet. Dit was die eerste geleent-

heid waartydens die vier organisasies gesamentlik oor die proses van eenwording

vergader het.

Tydens die vergadering is, onder andere, besluit dat die Stuurkomitee regsad-

vies moet inwin ten einde die finale konsepgrondwet van die nuwe organisasie

voor te berei. Die finale datums vir die hou van die ontbindingskongresse van die

onderskeie organisasies en die stigtingskongres van die nuwe organisasie sou in

Januarie 1999 bepaal word. Intussen moes die integrasieproses van die onder-

skeie tydskrifte voortgaan.

Verskeie aanbevelings vir ʼn naam van die nuwe organisasie is oorweeg, insluitende

Graanprodusente-organisasie van Suid-Afrika (GPO), Nasionale Graanprodusente-

organisasie (NAGPO) en Suid-Afrikaanse Graanprodusente-organisasie (SAGPO).

Daar is egter besluit dat die benaming van die nuwe organisasie weer gedurende

Januarie 1999 oorweeg sal word.

Van Zyl, benoemde Hoofbestuurder van die nuwe organisasie, het tuis aangesterk

na ’n hartomleidingsoperasie en kon nie die vergadering bywoon nie.

Stuurkomitee uitgebrei

Die Stuurkomitee is uitgebrei om verteenwoordigers van al vier die produsente-

organisasies, NOPO, NAMPO, die SPO en WPO, in te sluit en het die eerste keer op

4 Desember 1998 vergader met die opdrag om die detail van die proses tot een-

wording van die vier organisasies uit te dors. Spesifieke aandag moes gegee

word aan sake soos die naam van die nuwe organisasie, die finalisering van die

grondwet in samewerking met die prokureursfirma Hofmeyr Herbstein, spesia-

lisbediening, lidmaatskap en die organisering van die afsluitings- en stigtings-

kongresse. Volgens ʼn besluit is die onderskeie ontbindingskongresse vir

9 Junie 1999 beplan, met die stigtingskongres vir die nuwe organisasie wat op

10 Junie 1999 sou plaasvind.

Aanvanklik is aanbeveel dat die organisasie as die “Graanprodusente-organisasie

van Suid-Afrika” bekend sal staan. Uiteindelik het die Stuurkomitee die volgende

benaming, in voorkeur volgorde, aanbeveel:

• Graanprodusente-organisasie (GPO)

• Graan SA (GSA).

Die beginsel is aanvaar dat spesialisbediening vir elkeen van die onderskeie bedry-

we binne die nuwe organisasie voortgesit moet word. Dit het reeds by die eerste

kongres van die nuwe organisasie beslag gekry met die vorming van wegbreekses-

sies vir spesialiswerkgroepe, waartydens bedryfspesifieke sake bespreek is.

Aanbevelings is ook deur die Stuurkomitee gemaak oor die nuwe organisasie se

regstatus, doelstellings, winsoogmerke, magte en bevoegdhede, gesagstrukture

en die ligging van sy kantore. Die beginsel is aanvaar dat NAMPO die voertuig

sou wees waardeur die nuwe organisasie sou funksioneer en dat die ander partye