Previous Page  8 / 33 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 8 / 33 Next Page
Page Background

die

graan- en oliesadebedryf

van suid-afrika – ‘n reis deur tyd

8

Vir die verkiesing van die Visevoorsitter, is drie nominasies ontvang, naamlik:

• Bully Botma (Voorheen NAMPO)

• Gert Pretorius (Voorheen NOPO)

• Andries Beyers (Voorheen WPO)

Botma is met ’n meerderheid van stemme as Visevoorsitter van die organisasie

verkies. Die nuutverkose Voorsitter het daarna voortgegaan om die Kongres deur

die proses van besluitneming te lei wat ingesluit het:

• Bevestiging van opdragte aan die Graanprodusente-organisasie

• Goedkeuring van die grondwet

• Herindeling van die streke

• Lidmaatskap

• Aanstelling van ouditeure

Graan-geboorte vol pyn en vreugde!

Soos ek dit sien-rubriek oftewel “Manie” (Landbouweekblad, 26 Junie 1999)

’n Klassieke kraamgeval: Pyn aan die een kant, maar ook vreugde oor die

aankoms van ’n fris baba aan die ander kant. Dis min of meer hoe ’n mens nou

die dag se geboorte van die nuwe Nasionale Graanprodusente-organisasie

(NGO) kan beskryf.

Vreemd genoeg het Manie so tussendeur die “afskeide en die inskeide”’ van

oud en nuut in die graanbedryf sit en dink aan een van Siener van Rensburg

se voorspellings – daardie een van die swart kryger wat opstaan en wie se

skaduwee uiteindelik oor die hele land val.

’n Mens moet jou lyf liefs uit voorspellings hou, maar mag hierdie jong reus wat

vandeesmaand op die Oesdagplaas sy kop gelig het, vorentoe ook van noord

tot suid spore trap en skaduwees gooi wat die Suid-Afrikaanse landboubedryf

nog nie gesien het nie. Spore wat hopelik tot dieper in Afrika sal strek en in die

hoogste raadsale van die land nie langer misgekyk sal kan word nie.

Die ontbindingskongresse van die WPO, NOPO, die SPO en NAMPO was dik

van nostalgie en heimwee – veral dié van NAMPO. So dik dat Japie Grobler, ’n

man wat normaalweg uit die heup kan skiet met woorde, plek-plek sy laaste

toespraak as NAMPO-voorsitter moes onderbreek en hard op die onderlip

moes byt om die emosie in toom te hou.

Hy’t dit mooi opgesom: Dis soos wanneer jou eersgeborene tegelykertyd

’n besonderse prestasie behaal, daarmee saam mondig word, wil trou en

sommer ook die land wil verlaat. Enersyds bars jy van trots as ouer, maar

andersyds lê die hartseer van afskeid baie vlak en rou.

Daar is hulde gebring aan die “ou ysters”’ van NAMPO: Die Claassens, die

Von Abo’s, die De Jagers. Maar die lig is ook laat skyn op die mense in die

enjinkamer, manne soos Giel van Zyl, deesdae glo mnr Mielie oom Gielie, ek-

sentriek en bedonnerd, in Bully Botma se woorde, en Kit le Clus, so ingewik-

keld soos tien, maar mense enig in hul klas.

Die gastelys was amper ’n Wie’s Wie van die SA landbou: Oud-minister

Greyling Wentzel het kostelik vertel hoe die Groot Krokodil hom destyds

Bothaville toe gestuur het om ’n rammetjie-uitnek NAMPO in die bek te ruk,

net om tweede te kom en uiteintlik hand om die nek met NAMPO daar weg

te stap. Kassier was daar om sy ere-sertifikaat te kry, en omtrent al wat ’n

navorser en insetverskaffer in die graanbedryf is, het saam paartie kom hou.

Ook die opkomende landbou het in volle glorie kom meedoen, met vertaal-

diens die lot vir diegene wat nie Afrikaans verstaan nie.

Ou vriende wat nie daar kon wees nie, het gelukwense gestuur aan die nuwe

bul. Die laaste DG van landbou, dr Frans van der Merwe, het van Kleinmond

’n Buffet van hoogstaande gehalte het

die stempel op ’n grootse gebeurtenis ge­

plaas.

Vyfster! NAMPO se laaste kongres is

met ’n pragfunksie afgesluit toe hoogge­

plaastes van produsente van oor die hele

graanspektrum en insetverskaffers saam

met hul gesmul het.

Die leierboere wat aan die voorpunt van

eenwording gestaan het. Van links: Mnre

Andries Beyers, Gert Pretorius, Peet le

Roux van Zyl (NAMPO se regsadviseur),

Japie Grobler en Pieter Morkel.

Die manne wat verkose is om aan die

roer te staan van die nuwe Graanprodu­

sente-organisasie van Suid-Afrika. Van

links: Mnre Giel van Zyl (Hoofbestuurder),

Japie Grobler (Voorsitter) en Bully Botma

(Visevoorsitter).