Previous Page  5 / 33 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 5 / 33 Next Page
Page Background

5

Hoofstuk 5

Daar is bevestig dat beide die NOPO en die NAMPO Kongresse ʼn mandaat verleen

het om voort te gaan met ʼn gesprek oor eenwording. Een van die eerste stappe

in hierdie proses van eenwording was die integrasie van NAMPO en NOPO se

tydskrifte vanaf Julie 1998. Daarna het slegs

Mielies/Maize

verskyn, met NOPO-

nuus se insette wat daarin vervat was.

Spesialisbediening

Vir die Dagbestuur van NOPO was dit noodsaaklik dat, binne die model van

samewerking, die beginsel van spesialisbediening vir die onderskeie graangewas-

se behou word. In NAMPO se geval was die fokus slegs op wit- en geelmielies.

Binne die NOPO verwysingsraamwerk is egter drie bedrywe, naamlik sonneblom,

sojabone en grondbone, bedien.

Die Hoofbestuur van NOPO het besluit dat ewewigtige bediening vir al drie

oliesade moet plaasvind. Die NOPO Kongres het ook die praktyk gevestig dat af-

sonderlike wegbreekgroepe vir sonneblom, sojabone en grondbone tydens die

jaarlikse kongresse plaasvind, sodat bedryfspesifieke sake met fokus hanteer kon

word. Vir NOPO was dit dus ʼn kernelement van die gesprek oor eenwording dat

oliesade steeds per gewas bedien sou word.

Binne die Grondwet wat uiteindelik deur Graan SA aanvaar is, is ook spesifiek voor-

siening gemaak vir Spesialiswerkgroepe binne Graan SA en dat kundigheid in die

Hoofbestuur gekoöpteer kon word, indien daar nie voldoende kundigheid vir ’n

bedryfsektor onder verkose Hoofbestuurslede bestaan het nie.

Aanwysiging van Stuurkomitee

Tydens ʼn vergadering wat op 19 Augustus 1998 gehou is, het die Dagbesture van

NAMPO en NOPO besluit dat ʼn Stuurkomitee saamgestel word om die samevoe­

ging van die twee organisasies en gevolglike stigting van ʼn nuwe graanprodu­

sente-organisasie te beplan en te rig. Die Stuurkomitee het bestaan uit mnre Japie

Grobler, Gert Pretorius, Giel van Zyl en Nico Vermaak.

Benewens die aanstelling van die Stuurkomitee is besluit dat die proses van een-

wording so gou as moontlik afgehandel en bekendgestel moet word. Daar is ook

besluit dat voortgegaan word met beplanning om NAMPO en NOPO se besig-

heidsplanne te integreer en dat ʼn deeglike ondersoek oor die finansiering van die

eenwordingsproses gedoen moes word.

Van Zyl, NAMPO se Hoofbestuurder, sou as waarnemende Hoofbestuurder van die

te stigte organisasie aangestel word. Hy is versoek om weer eens met die WPO

en SPO in gesprek te tree oor hulle moontlike inskakeling by die beoogde nuwe

produsente-organisasie.

Vele grane maak ligte werk. Dié spotprent van 1998 spreek van eenwording van die

onderskeie produsente-organisasies rakende grane en oliesade.