Previous Page  7 / 53 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 7 / 53 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 4

in Suid-Afrika se geskiedenis” beskryf. Verskeie kwessies in die mieliebedryf en

in SALU en sy affiliasies se lidmaatskapsbeleid, waardeur SAMPI-lede van lid-

maatskap uitgesluit is, is bespreek. Na aanleiding daarvan is ’n besluit geneem

wat SAMPI se Hoofbestuur gemagtig het om ’n afvaardiging te benoem wat die

Minister van Landbou oor die mielieprysbeleid, gedifferensieerde mieliepryse en

die Mielieraad se samestelling moes gaan spreek.

Tydens die massavergadering is ’n mosie van vertroue in SAMPI se taak en sy

Bestuur eenparig aanvaar.

Spanning tussen SAMPI en SALU

Die omstandighede wat tot die uiteindelike stigting van SAMPI gelei het, het uit die

aard van die saak ’n baie gespanne verhouding tussen SAMPI en SALU veroorsaak.

SAMPI het egter altyd die behoefte gehad om deel van georganiseerde landbou in

Suid-Afrika te wees en het as prioriteit daarna gestreef om versoening met SALU

te bewerkstellig en by laasgenoemde te affilieer. Verskeie samesprekings en ont-

moetings is met die oog daarop gereël. Die president van SALU het selfs ’n mas-

savergadering van SAMPI op uitnodiging bygewoon en ’n spreekbeurt op SAMPI

se stigtingskongres gehad.

Ten spyte van dié positiewe tekens het dit gou geblyk dat SAMPI inderdaad groot

teenstand vanaf SALU sou ondervind. Dit het begin by die Vrystaatse Landbou-

unie (VLU) wat uitgesproke was daaroor dat SAMPI nie in die VLU se geledere

welkom was nie. Die VLU se siening was dat SAMPI op ’n ondemokratiese en on-

grondwetlike wyse tot stand gekom het en dat die strukture van SALU die enigste

erkende liggame was wat die belange van die produsente kon dien.

SAMPI is nie daardeur afgeskrik nie en het voortgegaan om ’n vergadering met die

VLU se Mieliekomitee te reël waar laasgemelde versoek is om SAMPI se aansoek

om affiliasie by die VLU te steun. Die Mieliekomitee was nie bereid om daartoe in

te stem nie, waarskynlik omdat dit sy voortbestaan in gedrang sou bring. Die VLU

het selfs sover gegaan om SALU te versoek om sy grondwet sodanig te wysig dat

SAMPI nie vir affiliasie kon kwalifiseer nie.

SAMPI het ten spyte van die teenstand besluit om sy saak deur middel van die

bestaande strukture van die georganiseerde landbou, spesifiek die Mieliekomitees,

te bevorder en het ’n beroep op die betrokkenes gedoen om die mielieprodusente

die geleentheid te gee om self oor hulle bedryf te besluit en dit te hanteer. In

1967 het dit by die Vrystaatse Mieliekongres vrugte afgewerp toe ’n meerderheid

SAMPI-lede tot die VLU se Mieliekomitee verkies is.

Tydens daardie kongres het die SAMPI-verteenwoordigers verdere pogings

aangewend om samewerking vir die vestiging van ’n “eie mielievereniging” te ver-

kry. Hoewel sekere besluite daaroor geneem is, het dit uiteindelik na baie botsings

en verskille op ’n dooiepunt uitgeloop.

Intussen het die weerstand teen SAMPI ook in die destydse Transvaalse Land-

bou-unie (TLU) begin opbou. Gedurende April 1967 het die voorsitters van die

distriksboere-unies van die Wes-Transvaalse Streek besluit om by die TLU aan

te beveel dat hulle lede voor ’n keuse tussen SAMPI en georganiseerde landbou

gestel moes word en dat diegene wat SAMPI ondersteun het, uit die TLU moes

bedank. Die besluit is deur SAMPI veroordeel, maar enkele weke later het die

Uitvoerende Komitee van SALU die besluit bekragtig.

Terselfdertyd het SALU besluit om sy veldtog teen SAMPI te verskerp en het ’n

komitee in die lewe geroep met die bedoeling om SAMPI se bestaan te beëindig.

Dit het in die algemene omgangstaal as die “Oorlogskomitee” bekend gestaan en

het onder die voorsitterskap van die President van SALU gefunksioneer. Die meer-

derheid van die komitee se lede was nie mielieprodusente nie. SAMPI het uitgewys

dat dit weer eens ’n geval was van mense met ander belange wat oor die saak van

die mielieprodusente moes besluit.

Bedankings uit SALU

Die onversetlike weiering van SALU om SAMPI te erken en met hom saam te

werk, het uiteindelik daartoe gelei dat SAMPI sy lede versoek het om as lede van

’n Gedenksertifikaat om die inisiëring en

beslaglegging van SAMPI te huldig, is op

27 Januarie 1977 deur die Hoofbestuur en

lede van SAMPI op Klerksdorp onderteken.