Previous Page  11 / 53 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 53 Next Page
Page Background

ႃႃ

HOOFSTUK 4

’n Aksiekomitee is aangewys en daar is besluit dat die stigtingskongres van die

nuwe organisasie gedurende Maart 1977 sou plaasvind. Die datum vir verkiesing

van afgevaardigdes na die stigtingskongres is op 31 Januarie 1977 vasgestel.

AKSIEKOMITEE

Die Aksiekomitee was saamgestel uit die Dagbestuurslede van SAMPI en die

Bestuurskomitee van SAMSO, te wete:

SAMPI

: Fanie Ferreira, Hennie de Jager, Hannes de Kock en Crawford von Abo.

SAMSO

: Ben Wilkens, Thys van der Hoven, Faan Basson, Andries Beyers en

Japie van Eeden.

Wilkens is as Voorsitter en Ferreira as Ondervoorsitter van die Aksiekomitee

aangewys, met mnr Danie Venter, SAMPI se Direkteur op daardie stadium, as

die Sekretaris.

Terwyl SAMPI alles in die stryd gewerp het om die Kongres te laat voortgaan,

het mnr Danie Venter, die Direkteur van SAMPI, en die ander personeellede van

SAMPI hulle by SAMSO geskaar. Dit was duidelik deel van SAMSO se strategie,

want Venter het weens die posisie wat hy by SAMPI beklee het, eerstehandse

kennis van SAMPI se strategie, sterkpunte, swakpunte, ensovoorts gehad en hy

het selfs SAMPI se ledelys vir SAMSO se leiersfigure gegee. Venter het aktief

begin om SAMPI op verskeie wyses te benadeel.

SAMPI was verplig om ’n hofbevel te verkry om Venter uit sy kantoor te sit,

omdat hy hardnekkig geweier het om dit te doen. Die hofbevel is verkry,

maar Venter het SAMPI se ledelys en die sirkulasielys van SAMPI se lyf-

blad met hom saamgeneem en SAMPI sonder die inligting gelaat. Volgens

mnr Crawford von Abo het SAMPI na hierdie konflik slegs oor twee perso-

neellede beskik om administratiewe steun te bied.

Video: SAMPI begin ʼn eie tydskrif as mondstuk

van die organisasie.

Play Video