Previous Page  53 / 53
Information
Show Menu
Previous Page 53 / 53
Page Background

ႇႅ

HOOFSTUK 4

1997 die bemarkingsmaatskappy Sorghum SA (Pty) Ltd gestig het met die doel om

sorghum te bemark.

Mnr Pieter Morkel is met die ontbinding van die Sorghumraad deur Minister Hanekom

(Landbou) aangestel om die produsente op die Likwidasiekomitee van die Sorghum-

raad te verteenwoordig.

Samesmelting en vorming van Graan SA

Gedurende 1997 het Van Zyl, NAMPO se Hoofbestuurder, by geleentheid van ʼn Al-

gemene Raadsvergadering van SALU vir Ferreira van die WPO en Morkel van die

SPO genader oor die moontlikheid van samesmelting van die verskillende pro-

dusente-organisasies. Beide dié persone was op daardie stadium nie ten gunste

van samesmelting met NAMPO nie, omdat hulle nie gemaklik was met wat hulle as

NAMPO konfronterende styl teenoor die Regering en ander rolspelers, soos kopers,

beskou het nie. Die SPO het ook oorheersing deur NAMPO gevrees.

Na die ontbinding van die Sorghumraad en die verlies aan finansiële bystand wat

daarmee gepaardgegaan het, het die SPO finansieringsprobleme begin ondervind.

Dít, sowel as die invloed van gesprekke wat die SPOmet van die ander spesialisorgani-

sasies gehad het, het die SPO beweeg om as party tot die samesmelting betrokke te

raak. Die eerste sodanige geleentheid was op 17 November 1998 tydens ʼn gesament-

like vergadering van die Dagbesture van die SPO, WPO, NOPO en NAMPO in NAMPO

se Raadsaal te Bothaville.

Die SPO se ontbindingskongres is op 9 Junie 1999 te Standerton gehou. Dit was byge-

woon deur genoeg lede omʼn kworum te vorm ten einde die besluite tot samesmelting

deur te voer. Op daardie stadium was Morkel die Voorsitter van die SPO.

Na ontbinding van die SPO en die stigting van Graan SA is sorghumprodusente se

belange deur ʼn spesialiswerkgroep van Graan SA behartig.

Al die aanwesiges by die SPO se laaste

kongres op 9 Junie 1999 het dié gedenk-

sertifikaat onderteken.