Previous Page  2 / 53 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 2 / 53 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

PRODUSENTE-ORGANISASIES

Rol en f§nksie van

In Hoofstuk 5 word in besonderhede oor die stigting van

Graan SA geskryf en ’n oorsig word gegee oor die rol wat dit

vanaf 1999 in Suid-Afrikaanse landbou gespeel het. Dit moet

egter gelees word teen die agtergrond dat die totstandkoming

van Graan SA voorafgegaan is deur verskillende strukture en

organisasies wat die graanprodusente se belange behartig het.

Graan SA se ontstaan is juis te danke aan die samesmelting van ’n aantal van daar-

die organisasies. Elkeen daarvan het sy eie interessante geskiedenis en in hierdie

hoofstuk word die hooftrekke van die ontstaan en oogmerke, sowel as enkele be-

langrike gebeurtenisse in die geskiedenis van daardie organisasies aangeteken.

Elkeen van die organisasies het besondere leiers opgelewer wat wesenlike bydraes

in belang van veral graanprodusente, maar ook landbou in die algemeen, gelewer

het en gehelp het om die graanbedryf in Suid-Afrika op die pad van sukses te plaas.

GEORGANISEERDE LANDBOU IN SUID-AFRIKA

Die koöperasies wat in die vroeë 1900’s ontstaan het, was die eerste organisasies

in Suid-Afrika wat na produsente se belange omgesien het. Dié verteenwoordiging

was egter beperk tot diegene wat lid van die koöperasies was en was spesifiek

op hul direkte bedryfsbehoeftes gerig. Daar het dus ’n behoefte ontstaan aan ’n

organisasie wat die algemene belange van produsente in die land op ’n georgani-

seerde basis kon behartig.

Dit is tot ’n groot mate met die stigting van die Suid-Afrikaanse Landbou-unie

(SALU) in 1904 bereik. Produsente se verteenwoordiging op SALU was deur mid-

del van ’n struktuur wat op boereverenigings gebaseer was.

Produsente het lidmaatskap van plaaslike boereverenigings verkry en verteen-

woordiging op SALU het uiteindelik vanaf daardie boereverenigings opgevloei.

AGRI SA (OU SALU) SE ONTSTAAN

Die landbougemeenskap se behoefte om na hul belange om te sien deur

gesamentlike aksie binne ’n federale struktuur is reeds in 1896 tydens die Na-

talse Boerekonferensie (tans Kwanalu) geïdentifiseer. By ’n daaropvolgende

vergadering in Bloemfontein in Desember 1903 het landbouprodusente

’n sterk behoefte aan groter eenheid binne die landbougemeenskap uit-

gespreek.

Tydens ’n konferensie wat van 25 tot 29 Julie 1904 in Pretoria gehou is, het

dié behoefte tot die volgende besluit deur verteenwoordigers van verskeie

kolonies gelei: “Dat, in die belang van die Suid-Afrikaanse landbou, die tyd

ryp is om ’n sentrale Suider-Afrikaanse Landbou-unie te vorm wat verteen-

woordigend sal wees van alle landbou-organisasies in Brits Suid-Afrika, en

dat ’n tak-unie in elk van die kolonies gestig word, dit wil sê die Kaapkolonie,

Natal, Transvaal, Oranjerivierkolonie en Rhodesië”.