Previous Page  6 / 53 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 53 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

Dr Willem Kotze is as die eerste Direkteur van SAMPI aangestel en was vir die

bestuur van die organisasie verantwoordelik, onderhewig aan die besluite en op-

dragte van die Dagbestuur, Hoofbestuur en Kongres.

Die nuutgestigte organisasie was vir befondsing totaal op ledegelde en vrywillige

bydraes van sy lede aangewys. Aanvanklik het die hoofbestuurslede van SAMPI

die grootste gedeelte daarvan bygedra. Hulle het ook geen vergoeding vir hulle

dienste, koste en tyd ontvang nie. Ten spyte van probleme wat soms met die in-

sameling van ledegelde ervaar is, was SAMPI deur al die bydraes en opofferings

van sy lede wel in staat gestel om sy take te kon uitvoer.

Een van die hoofredes vir SAMPI se ontstaan, was die mielieprodusente se beswaar

dat die Mielieraad nie hulle belange op die hart gedra het of probeer het om dit te

bevorder nie. SAMPI het deurentyd gewys op gebeurtenisse wat hierdie beswaar

ondersteun het.

’n Voorbeeld daarvan het in Desember 1968 voorgekom toe SAMPI ’n geleent-

heid vir die vestiging van ’n uitvoermark vir mielies na Taiwan wou ontgin. Die

voornemende kopers was baie beïndruk met die kwaliteit van die Suid-Afrikaanse

mielies en het SAMPI versoek om te kwoteer vir die uitvoer van 40 000 ton mie-

lies na Taiwan. Aangesien die Mielieraad alle mielietransaksies beheer het, moes

SAMPI noodwendig die mielies by die Mielieraad aankoop. Laasgemelde het dit vir

SAMPI aangebied teen ’n prys wat aansienlik hoër was as die heersende gemiddel-

de tenderprys op daardie stadium en ook hoër as die prys waarteen die Mielieraad

slegs twee dae later uitvoermielies vir tenderaars aangebied het. Dié prysbelading

het veroorsaak dat SAMPI die transaksie moes laat vaar.

By ’n ander geleentheid, in 1969, het die Mielieraad gedifferensieerde produ-

sentepryse vir verskillende gebiede aangekondig, ten spyte van die feit dat selfs

die Nasionale Mieliekomitee, met ander woorde ook SALU, SAMPI se beswaar da-

arteen gesteun het.

Massavergadering 1969

Op 19 April 1969 is ’n massavergadering van mielieprodusente onder SAMPI

se vaandel by die Markötterstadion te Klerksdorp gehou, wat deur meer as

5 000 produsente bygewoon is. Dit is as die “grootste saamtrek van mielieboere

SAMPI

Voorsitter

Visevoorsitter

Mnr Hennie Delport (1966 - 1969)

Mnr Fanie Ferreira (1966 - 1969)

Mnr Fanie Ferreira (1969 - 1980)

Mnr Hennie de Jager (1969 - 1980)

NAMPO

Voorsitter

Visevoorsitter

Mnr Fanie Ferreira (1980 - 1982)

Mnr Hennie de Jager (1980 - 1982)

Mnr Hennie de Jager (1982 - 1986)

Mnr Boetie Viljoen (1982 - 1986)

Mnr Boetie Viljoen (1986 - 1988)

Mnr Hennie de Jager (1986 - 1988)

Mnr Kobus Jooste (1988 - 1990)

Mnr Jan Schabort (1988 - 1993)

Mnr Cerneels Claassen (1990 - 1995)

Mnr Japie Grobler (1993 - 1995)

Mnr Japie Grobler (1995 - 1999)

Mnr Vic Mouton (1995 - 1996)

Mnr Bully Botma (1996 - 1999)

MIELIE-LEIERSKAP VAN 1966 - 1999

Video: Mnr Crawford von Abo vertel oor die

gebeure wat aanleiding gegee het tot SAMPI

se stigting.

Mnr Hennie Delport, die eerste Voorsitter

van SAMPI.

Play Video