ႅ
HOOFSTUK 4
Die boereverenigings se bestuurslede is op grondvlak deur die geaffilieerde lede
daarvan verkies. Lede van distrikslandbou-unies is uit genomineerdes vanaf die
boereverenigings verkies, terwyl die distrikslandbou-unies verteenwoordigers
op die provinsiale landbou-unies genomineer het. Uiteindelik is die verteenwoor-
digers op SALU dan uit die lede van die provinsiale landbou-unies saamgestel.
Produsente het dus nie direkte lidmaatskap van SALU gehad nie, aangesien die
onderskeie provinsiale landbou-unies by SALU geaffilieer het.
SALU se strukture is deur lidmaatskapfooie van geaffilieerde lede befonds totdat
statutêre heffings vir daardie doel vanaf die laat 1970’s ingestel is.
Binne SALU se strukture het bedryfskomitees bestaan wat die verskillende land-
boubedrywe, waaronder die graanbedrywe, verteenwoordig het. Die graanbedry-
we is tot 1983 onder een vaandel, naamlik die Akkerbou Bedryfskomitee, hanteer.
Daarna is dit verdeel in afsonderlike bedryfkomitees vir elk van die graangewasse.
Aanvanklik is die verskillende graansoorte se belange deur komitees van SALU
behartig. Later van tyd het produsente-organisasies hierdie rol oorgeneem.
Die eerste daarvan was die Nasionale Mielieprodusente-organisasie (NAMPO),
die produsente-organisasie van die mieliebedryf. Dit is later gevolg deur die
Wintergraanprodusente-organisasie (WPO) vir die wintergraanbedryf, Nasionale
Oliesadeprodusente-organisasie (NOPO) vir oliesade, die Sorghumprodusente-
organisasie (SPO) vir sorghumprodusente en die Droëboonprodusente-organisa-
sie (DPO) wat na die droëboonprodusente se belange omgesien het.
NASIONALE MIELIEPRODUSENTE-ORGANISASIE (NAMPO)
Die stigting van NAMPO op 3 Oktober 1980 is deur ’n lang en verbete stryd tussen
twee groepe mielieprodusente in Suid-Afrika voorafgegaan, ’n stryd wat reeds in
die 1960’s ontstaan het en in die mielieproduserende gebiede van Suid-Afrika op
bykans elke vlak van die samelewing verdeeldheid veroorsaak het.
Ontevredenheid onder mielieprodusente
Dié stryd, wat op sy felste was rondom die tyd wat SAMSO gestig is, is gebore uit
’n groeiende ontevredenheid onder mielieprodusente oor die wyse waarop hulle
belange oor ’n lang tyd hanteer is.
Hoewel diemielieprodusente saamgestemhet met die beheerfunksiewat die Regering
deur middel van die Mielieraad uitgeoefen het en gemeen het dat die eenkanaalbe-
markingskema die voordeligste stelsel vir die bemarking van mielies was, was hulle
ontevrede oor die wyse waarop die beheer uitgevoer is. Hulle was ook nie tevrede met
die ekonomiese beleid wat gevolg is om die produsenteprys van mielies te bepaal nie.
Die produsenteprys is naamlik op die basis van produksiekoste plus ’n onderne-
mersloon bepaal. Die metode van berekening het ’n groot klomp veranderlikes
ingesluit, wat beteken het dat dit nie moontlik was om ’n vaste formule vir prysvas-
stelling te gebruik nie. Dit het die gaping gelaat dat die prys en dus ook produksie
gemanipuleer kon word.
In die 1953/1954-seisoen is ’n groot oorskot mielies in Suid-Afrika geproduseer.
Dit het daartoe gelei dat die Owerheid ’n nuwe prysbeleid toegepas het wat nie
suiwer op ’n koste-plusbasis bereken is nie, ten einde oorskotproduksie te ontmoe-
dig. Daarbenewens is die kosteberekeningsmetode vanaf 1953 aangepas om van
’n vyfjaar-skuiwende gemiddeld gebruik te maak. In aansluiting by die Owerheid
se veranderde prysbeleid het die Mielieraad ’n bemarkingsbeleid geformuleer wat
van meet af aan die mielieprodusente se inkomsteposisie benadeel het tot voor-
deel van die verbruikers.
’n Verdere bron van ontevredenheid was die tenderstelsel wat vir die uitvoer van
mielies gebruik is, omdat dit die ontwikkeling van ’n permanente mark vir mielies
verhinder en onbevredigende produsentepryse tot gevolg gehad het. Kritiek daar-
op was ook dat dit die groothandelaars en tenderaars ten koste van die produsente
bevoordeel het en die produsente die uitvoerverliese moes dra.
Bo en behalwe hierdie omstandighede het mielieprodusente se ontevredenheid
met die Mielieraad en die Mieliekomitee van SALU algaande toegeneem, omdat die