ႇ
HOOFSTUK 4
SAMPI SE AANDRANG OP
’N SPESIALITEITSORGANI-
SASIE BINNE DIE
GEORGANISEERDE
LANDBOU WAS NIE
’N NUWE KONSEP IN
SUID-AFRIKAANSE
GEORGANISEERDE
LANDBOU NIE, AANGESIEN
DIE KWV EN DIE WOLRAAD
TOE REEDS AS SODANIG
GEFUNKSIONEER HET.
SAMPI-GESINDES WYS
EGTER DAAROP DAT
DIE BROEDERBOND
’N BELANGRIKE ROL
IN DIE SKEPPING VAN
DAARDIE ORGANISASIES
GESPEEL HET, TERWYL DIE
AFRIKANER BROEDERBOND
DIE STIGTING VAN ’N
SOORTGELYKE ORGANISASIE
VIR DIE MIELIEBEDRYF
TEENGESTAAN HET.
Stigting van SAMPI
Direk daarna het die mielieprodusente op aandrang van mnre Hennie Delport en
Von Abo vergader. Tydens die vergadering is besluit dat ’n mielievereniging gestig
sal word wat die belange van al die mielieprodusente in Suid-Afrika sal verteen-
woordig. Daar is ook besluit dat die nuwe vereniging na sy vestiging om lidmaat-
skap van SALU aansoek sou doen.
’n Aksiekomitee met Delport as Voorsitter, Ferreira as Ondervoorsitter en Nel as
Sekretaris is verkies om die aksie te loods. Die Aksiekomitee se werksaamhede het
uitgeloop op ’n vergadering op 22 April 1966 te Klerksdorp waar afgevaardigdes
vanuit 62 distrikte teenwoordig was. Op daardie vergadering is die stigting van die
Suid-Afrikaanse Mielieprodusente Instituut (SAMPI) goedgekeur.
SAMPI het ’n mieliespesialiteitsorganisasie voorgestaan wat deel van georgani-
seerde landbou in Suid-Afrika moes uitmaak en dus by SALU geaffilieer moes
wees. SAMPI se oogmerk was dat ’n struktuur daargestel word wat uiteindelik
daartoe sou lei dat die produsentelede van die Mielieraad uit bona fide-mieliepro-
dusente sou bestaan.
SAMPI se stigting is op die volgende vier ideale gegrond:
• Dat dit ’n volkome outonome spesialiteitsorganisasie sal wees;
• dat dit ’n nasionale organisasie sal wees sonder skeiding volgens provinsiale
grense;
• dat verteenwoordiging in die Kongres op produksiebasis bepaal sal word; en
• dat dit oor ’n eie hoofkantoor en personeel sal beskik.
SAMPI se hoofkantoor is op Bothaville gevestig in ’n kantoor wat deur Von Abo aan
die organisasie beskikbaar gestel is. Die kantoor is op 1 Julie 1966 amptelik geopen.
Delport is as die eerste voorsitter van SAMPI verkies. Hy het homself vir persoon-
like redes aanvanklik nie verkiesbaar gestel nie, maar uiteindelik is hy deur die
ander produsente wat by die stigting van SAMPI betrokke was, daartoe oorreed.
SAMPI se stryd om erkenning en selfbeskikking vir mielieprodusente het unieke
leiers na vore gebring. Mnr Giel van Zyl was vanaf 1983 in diens van NAMPO,
van 1992 tot die stigting van Graan SA NAMPO se Hoofbestuurder en daarna
Graan SA se Hoofbestuurder tot met sy aftrede in 2001. Hy vertel dat die leiers
SAMPI en later ook NAMPO se doelstellings met besondere doelgerigtheid en
op ’n baie gedissiplineerde wyse nagestreef het. Hy skryf ’n groot mate van hulle
sukses toe aan die besondere samehorigheidsgevoel onder die Hoofbestuurslede
in hulle strewe om die saak van die produsente te dien.
SAMPI eerste Hoofbestuur vir die jaar 1966 - 1967.
Die eerste Dagbestuurslede van SAMPI het
bestaan uit (van links): mnre Hennie Delport,
Giep Nel, Fanie Ferreira en Crawford von
Abo. Die foto is op 6 Junie 1987 geneem.