DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႊ
die SALU-strukture te bedank en hulle bydraes aan daardie liggame te staak. Die
eerste lede van SAMPI se Hoofbestuur wat uit SALU en sy affiliasies bedank het,
was die Voorsitter en Ondervoorsitter, Delport en Ferreira, wat onderskeidelik ook
die voorsitters van die VLU se Mieliekomitee en Oliesadekomitee was. Daarna het
die res van SAMPI se Hoofbestuurslede ook uit SALU bedank. Dit is deur baie van
SAMPI se lede gevolg, wat ’n duidelike teken was van SAMPI se vasbeslotenheid
om te veg vir sy beginsels.
Gedurende 1973 het die tweespalt tussen SAMPI en SALU daartoe gelei dat ’n
tweede distriksboere-unie vir Bothaville gestig is, naamlik die Sandveld Distriks-
boere-unie (SDBU) met die Sandveld Boerevereniging as enigste lid. Die SDBU
het by die VLU geaffilieer en dus inspraak by georganiseerde landbou gehad.
Die Bothaville Distriksboere-unie, waarby die ander boereverenigings in die
Bothaville-distrik geaffilieer was, was almal SAMPI-aanhangers en het dus nie toe-
gang tot georganiseerde landbou se strukture gehad nie.
FERREIRA NEEM DIE LEISELS
Op 4 Mei 1970 het SAMPI se Direkteur, dr Willem Kotze, met een dag kennisgewing bedank nadat ’n verskil tussen hom en
SAMPI se Hoofbestuur ontstaan het. Dit het voorgespruit uit ’n telegram wat dr Kotze aan die Minister van Landbou en ’n dag-
blad van die tyd,
Die Transvaler
, gestuur het, waarin hy aangedui het dat die mielieprys wat die Minister kort tevore afgekondig
het, billik was, sonder dat hy SAMPI se Voorsitter of Dagbestuur daaroor geraadpleeg het. SAMPI se Hoofbestuur was nie
dieselfde mening toegedaan nie.
Na dr Kotze se bedanking is mnr Willem Landman, SAMPI se sekretaris, as waarnemende Direkteur aangestel. Hy is later deur
mnr Jas Crous opgevolg.
’n Dag na dr Kotze se bedanking, het Delport as Voorsitter van SAMPI bedank. Hy het die SAMPI Hoofbestuur daarop gewys
dat hy aanvanklik slegs bereid was om vir een jaar as Voorsitter op te tree, maar dat vier jaar sedertdien verloop het, omdat
die tyd net nooit geleë was vir hom om uit te tree nie. Hy het ook aangevoer dat sy persoonlike omstandighede dit vir hom
onmoontlik gemaak het om langer as Voorsitter van SAMPI te dien.
Na Delport se bedanking het die Hoofbestuur vir Ferreira as Waarnemende Voorsitter en De Jager as Waarnemende Onder-
voorsitter aangewys.
Na aanleiding van die bedankings van Delport en dr Kotze het ’n berig in die dagblad,
Beeld
, verskyn onder die opskrif: “’Jong
Turke’ is nou in beheer van SAMPI – Boere se skip is aan die sink”. Dié berig het verskeie stellings bevat wat onjuis, ongegrond en
onaanvaarbaar was. SAMPI en die individue wat in die berig betrek was, het gevolglik ’n proses aan die gang gesit wat uiteindelik
uitgeloop het op ’n bevinding van die Persraad dat die besware teen die berig, sowel as ’n verdere berig wat na aanleiding van die
besware geplaas is, gegrond was. Die Persraad se bevinding is in al die dag- en Sondagblaaie gepubliseer.
HOOGGEREGSHOF STEUN SAMPI-MAN
Hoewel diskriminasie deur die strukture van georganiseerde landbou en veral
die TLU teen SAMPI-lede algemeen voorgekom het, het ’n gebeurtenis by die
Leeudoringstad Boerevereniging (wat by die TLU geaffilieer was) se jaarver-
gadering op 12 Oktober 1968 groot opspraak verwek nadat dit in die Hoog-
geregshof gedraai het.
Tydens dié jaarvergadering is mnr Boetie Viljoen, op daardie stadium ’n be-
stuurslid van daardie boerevereniging en een van SAMPI se stigterslede, as
kandidaat vir verkiesing as Voorsitter van die boerevereniging genomineer.
Die Voorsitter van die vergadering, mnr Piet Ernst, het egter geweier om die
nominasie te aanvaar op grond van die feit dat Viljoen nie bereid was om eers
’n verklaring te onderteken tot dien effekte dat hy nie ’n lid van SAMPI was nie.
In ’n daaropvolgende hofsaak het die Hooggeregshof op 20 Junie 1969 op
aansoek van Viljoen bevind dat die voorsitter van die vergadering nie bevoeg
was om Viljoen se nominasie as kandidaat vir die voorsitterskap te weier op
grond van die feit dat hy ’n SAMPI-lid was nie.