Previous Page  9 / 53 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 9 / 53 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 4

IN

DIE LANDMAN

VAN

FEBRUARIE 1974 IS

SELFS BERIG DAT ELKE

AFGEVAARDIGDE WAT

SAMPI SE JAARKONGRES

OP 6 EN 7 FEBRUARIE

1974 BYWOON, ’N

GEDENKPENNING SOU

ONTVANG OMDAT DIT

WAARSKYNLIK SAMPI SE

LAASTE JAARKONGRES

IN SY BESTAANDE VORM

SOU WEES.

Regeringsbetrokkenheid

Die onenigheid tussen die twee groepe mielieprodusente in die land het ook by

die Regering kommer gewek en na sy aanstelling as Minister van Landbou het mnr

Hendrik Schoeman besluit om dit aan te spreek. Op sy aandrang het SALU met

SAMPI in gesprek getree op die basis dat SAMPI moes ontbind en by die georgani-

seerde landbou inskakel.

SAMPI het hom bereidwillig daartoe verklaar, op voorwaarde dat SALU die begin-

sel van spesialisasie binne die mieliebedryf moes erken. Hierdie voorwaarde was

egter die kernverskil tussen SAMPI en SALU wat uiteindelik daartoe gelei het dat

baie samesprekings en pogings van verskeie partye om eenheid tussen dié twee

partye te bewerkstellig, op niks uitgeloop het nie.

Onder leiding van Minister Schoeman is intense onderhandelings vanaf Janu-

arie 1973 tussen SAMPI en SALU gevoer. Hoewel groot verskille dikwels oorkom

moes word, is ’n redelike mate van eenstemmigheid oor die proses en toekoms-

pad vir samewerking mettertyd bereik en is die konstitusie vir ’n spesialisorga-

nisasie selfs gefinaliseer.

Minister Schoeman het by die jaarkongres van die Mieliebedryfsvereniging van die

VLU in 1974 soos volg opgemerk: “Ek voorspel dat ons mielieboere voor die einde

van die jaar in een van die lewendigste en bes georganiseerde landbouverenigings

saamgesnoer gaan wees...by my is daar geen twyfel dat so ’n organisasie gaan

kom nie.” Hy het bygevoeg: “Niemand durf ’n stok in die wiel druk nie, want ons

mielieboere kan nie langer die stryd en twis van die afgelope agt jaar bekostig nie.”

Op daardie stadium het SAMPI en SALU reeds op ’n datum vir die stigtingskongres

van ’n nuwe organisasie ooreengekom. Tydens SAMPI se kongres in Februarie

1974 het mnr Andries Beyers, die Voorsitter van Uniegraan en een van die onder-

handelaars aan SALU se kant, selfs gesê: “Ons het mekaar gevind en sal mekaar

nooit weer los nie.”

Op 27 April 1974 het SALU egter aangedui dat sy Algemene Raad eers op 8 en

9 Augustus 1974 sou vergader om hulle standpunte oor die nuwe organisasie te

bekragtig. Dit het beteken dat die hele proses vertraag sou word en die stigtings-

kongres nie op die ooreengekome datum, naamlik tussen 1 en 10 Oktober 1974,

sou kon plaasvind nie.

SALU se Algemene Raad het op sy vergadering in Augustus 1974 in verskeie op-

sigte afgewyk van sake waaroor reeds ooreengekom is en het verdere voorwaardes

gestel waaraan voldoen moes word voordat die stigting kon voortgaan. Vir SAMPI

het dit duidelik begin word dat SALU nie van voornemens was om ’n onafhanklike

organisasie te ondersteun nie, iets wat nie vir SAMPI onderhandelbaar was nie.

Op 15 Oktober 1975 het SALU tydens ’n vergadering van die Onderhandelings-

komitee bekend gemaak dat hy die poging om ’n nuwe mielie-organisasie te stig,

laat vaar. SALU het eensydig aangevoer het dat minstens 8 000 kwalifiserende lede

vir lidmaatskap van die nuwe organisasie moes inskryf ten einde verteenwoordi-

gend van die mielieprodusente te wees.

SAMPI het daarna nog verskeie pogings aangewend om die onderhandelings te

red, maar sonder sukses. Gevolglik het SAMPI op 6 Februarie 1976 vir SALU ingelig

dat SALU se repudiasie van die ooreenkoms aanvaar word en dat SAMPI finaal uit

die ooreenkoms tree.

Stigting van SAMSO

Kort daarna het SALU besluit om sy strategie te wysig deur weg te doen met

die Mieliekomitees en ’n mieliespesialiteitsorganisasie te stig, bekend as die

Suid-Afrikaanse Mieliespesialiteitsorganisasie, oftewel SAMSO. Dit sou nie ’n

onafhanklike produsente-organisasie wees nie, maar sou as integrale deel van

SALU funksioneer. SAMSO het dus in dieselfde konstitusionele posisie as die

Mieliekomitees verkeer, wat in effek as ’n blote omskepping van die Mielie-

komitees gereken kon word.